DIE POU IS UIT DIE MOU

Skrywer en filmmaker Stefan Enslin, skrywer Louise van der Merwe en entrepreneur Gerhard van der Merwe het hulle splinternuwe 4-in-1-toep, POU, amptelik bekendgestel tydens nie net een nie, maar twee spoggeleenthede op Dinsdagaand, 15 Oktober by Neil Ellis Wines in Stellenbosch en op Donderdagaand 17 Oktober by Loft at Nine in Pretoria. Gaste is verwelkom …

SHARINE BARNARD STEL HAAR DEBUUTALBUM EN ’N SPLINTERNUWE ENKELSNIT VRY

Sanger en liedjieskrywer, Sharine Barnard, wat vir haarself ’n nis uitgekerf het met haar filosofiese uitkyk en die unieke wyse waarop sy die liefde in haar musiek ontleed, se debuutalbum is nou beskikbaar. Die album, getiteld WORDS FAIL ME PART 1, bevat tien liedjies wat, volgens Barnard, die afgelope 18 maande van haar lewe en …

GEROEP VIR MEER – OM SUKSESVOL TE LEWE: BEKENDSTELLING VAN HYKIE BERG SE NUUTSTE BOEK ’N REUSESUKSES EN BEHAAL OOK DIE NR 1 TOPVERKOPER IN DIE LAND!

Die bekendstelling van GEROEP VIR MEER – OM SUKSESVOL TE LEWE, die nuutste boek deur die gewilde akteur, entrepreneur en skrywer, Hykie Berg, was ’n reusesukses. Die boek het ook die nr 1 topverkoper posisie in die land behaal, binne slegs 2 weke! Berg sê hy het eintlik nie woorde nie. “Jesus, Koning van my …

NUWE ANTON GOOSEN-ENKELSNIT BESING DIE HOOP WAT NUWE LEWE BRING

“Die verlede lê ver agter – dis die toekoms wat wink. Vir die dansende ster, wat in Luka se blou oë so blink…” is van die treffende lirieke uit die legendariese musikant en liedjieskrywer, Anton Goosen, se nuutste enkelsnit wat beloof om ’n blywende impak te hê op elkeen wat daarna luister. LUKA, wat “lig” …

HYKIE BERG SE SPLINTERNUWE BOEK, GEROEP VIR MEER – OM SUKSESVOL TE LEWE, VANAF 27 SEPTEMBER OP DIE RAK!

Die gewilde akteur, entrepreneur en skrywer, Hykie Berg, is baie opgewonde om aan te kondig dat sy splinternuwe boek, GEROEP VIR MEER – OM SUKSESVOL TE LEWE, vanaf 27 September op die rak sal wees. Hierdie inspirerende publikasie verklap wat Berg – wat onlangs benoem is vir ’n Silwerskerm- en SAFTA-toekenning –oor die afgelope twee …

VIR ONMIDDELLIKE UITREIKING: Magriet Groenewald help vrouens om hulle self waarde te vind die vroue maand

Die betowering van ’n vrou wat haar waarde besef is lewensveranderend en dít is wat Magriet Groenewald haar passie gemaak het – om vroue, en veral vroulike entrepreneurs, te help om hul stem te vind en só die wêreld te verander; een besigheid op ’n slag.  Magriet, een van ses kinders, het op ’n plaas …

LEN MULLER SE MUSIEKVIDEO VIR JY’S OKAY IS NOU BESKIKBAAR!

Len Muller het onlangs sy nuwe enkelsnit, JY’S OKAY, uitgereik. Die gewilde lied word reeds deur talle radiostasies gespeel, afgelaai op talle platforms en nou is die musiekvideo ook pas vrygestel! Nadat hy en sy vrou, Chanél Muller, deur ’n moeilike en hartseer tyd gegaan het, het hy JY’S OKAY geskryf in ’n poging om …

INNERLIKE BEMAGTIGING VAN VROUE: BREEK FISIESE EN GEESTELIKE GRENSE

Terwyl ons Vrouemaand vier en die merkwaardige prestasies van vroue erken, is dit noodsaaklik om ook kennis te neem van die uitdagings wat dikwels hulle algehele welstand beïnvloed. Onder hierdie uitdagings is negatiewe selfgesprek en ’n gebrek aan selfvertroue algemene probleme waarmee baie vroue sukkel. In situasies van gesinsgeweld kan hierdie geestelike hindernisse vroue verhoed …

LEN MULLER WIL LUISTERAARS BEMOEDIG MET NUWE ENKELSNIT

Len Muller het die afgelope dekade die kuns vervolmaak om musiek te skryf wat diep tref en met luisteraars se harte praat, en sy nuutste enkelsnit is weereens ’n bewys van hierdie besonderse talent. Nadat hy en sy vrou, Chanél, deur ‘n moeilkike en hartseer tyd gegaan het, het hy JY’S OKAY geskryf in ’n …