CARLA STRAUSS SINGS ABOUT SELF-ACCEPTANCE IN LATEST SINGLE

People sometimes pretend to be something they are not – or strive to be perfect – because they don’t want to disappoint others. In her latest single, PULLING TEETH, singer-songwriter Carla Strauss explores this universal experience from a personal perspective. “I wrote the song during a time when I had to make peace with myself …

COBUS “DIE VIKING” VISSER BIED ’N INSPIRERENDE BLIK OP SY LEWE MET DIE VRYSTELLING VAN NUWE BOEK

Cobus “die Viking” Visser, wat bekend is daarvoor om as spreker en afrigter sy eie lewenservaring te gebruik om ander te motiveer en te inspireer, se splinternuwe boek is nou beskikbaar. Volgens Cobus is die boek, getiteld LOOP DEUR VUUR. #WATOOKALDITVAT, “’n diep persoonlike vertelling van my lewensreis, gevul met uitdagings, stryd, en die onwrikbare …

ANTON GOOSEN VERTEL ’N INTERESSANTE LIEFDESVERHAAL MET NUWE ENKELSNIT EN MUSIEKVIDEO

Die legendariese Suid-Afrikaanse sanger, regisseur en liedjieskrywer, Anton Goosen, het dekades terug reeds die kuns bemeester om luisteraars te bekoor met sy interessante lirieke en meesleurende deuntjies. Met sy nuutste enkelsnit en musiekvideo, GIGI, bewys hy net weereens hoekom hy reeds sulke diep spore in die plaaslike musiekbedryf kon trap. Nes die liedjie, vertel die …

INSPIRERENDE NUWE BOEK DEUR HYKIE BERG BINNEKORT OP DIE RAK

Die bekroonde akteur, entrepreneur en skrywer Hykie Berg se nuutste boek, GEROEP VIR MEER – OM SUKSESVOL TE LEWE, is eersdaags beskikbaar. Die boek is geïnspireer deur alles wat Hykie – wat sonder skaamte sy stormagtige geskiedenis met mense deel – die afgelope twee dekades oor die konsep van sukses geleer het en hoe om …

MARGARET GARDINER CELEBRATES 46 YEARS SINCE HISTORIC MISS UNIVERSE WIN

Margaret Gardiner, the first South African to be crowned Miss Universe, celebrates 46 years since her historic win on 24 July 1978 in Mexico. Her victory marked a significant milestone for South Africa, paving the way for future South African beauty queens, Demi-Leigh Nel-Peters in 2017 and Zozibini Tunzi in 2019, to follow in her …

GERDUAN KEMP VIER SY TERUGKEER TOT DIE MUSIEKBEDRYF MET NUWE IDIOOM-ENKELSNIT

Aanhangers van die gewilde sanger, liedjieskrywer, fotograaf en musiekvideovervaardiger, Gerduan Kemp, het voorwaar rede om te glimlag. Ná drie jaar van stilswye, is hierdie talentvolle musikant uiteindelik terug voor die mikrofoon met ’n indrukwekkende enkelsnit waarmee hy ook lewe gee aan ’n splinternuwe idioom. KOFFIE IN DIE KROEG is ’n Afrikaanse pop-rock-snit wat die idee …

GELIEFDE LIEDJIEBOER STEL NUWE ENKELSNIT BEKEND

Die legendariese, immergewilde en baie geliefde Suid-Afrikaanse sanger, musiekregisseur en liedjieskrywer, Anton Goosen, is terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit wat diep tref. BLY BY MY, (MY LIEF) – ’n gedig van Antjie Krog wat hy op sy besonderse manier vir die Woordfees getoonset het – is ’n liefdesliedjie in ’n “Afrikaanse sagte …

Neil Sandilands & Die Band: 40 Dae & 40 Nagte Toer

Die Emmy-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands, het bevestig dat hy en sy orkes (Schalk Joubert, Frank Freeman en Ronan Skillen) hierdie winter, 2024, wéér ’n landswye toer sal onderneem. “Verlede jaar se toer in Julie, toe ons van die Kaap tot Limpopo getoer en voor gehore in die uithoeke opgetree het, was een …

’N KURSUS VIR ENIGIEMAND WAT GRAAG WIL LIEDJIES SKRYF

Musiek is ’n universele taal wat harte kan raak en bemoediging kan bring as dit die regte ore bereik. Die kuns is egter om jou boodskap só te verpak dat soveel mense moontlik dit hoor en met ander deel. As jy nog altyd ’n liedjie wou skryf of dalk hierdie vaardigheid wil opknap, is dit …

POSDUIF SE NUWE ALBUM EN ENKELSNIT VERSPREI SOOS ’N VELDBRAND

Die lang wag is uiteindelik verby, want die gewilde musiekgroep, POSDUIF, is terug in die kollig met ’n vuurwarm enkelsnit en splinternuwe album wat aanhangers se grootste verwagtinge gaan oortref. Hulle nuutste treffer, BRANDSTIGTER, uit die pen van James Boland en Nick Jordaan, beloof om die vonke behoorlik te laat spat en is reeds besig om …