NUWE LEN MULLER ENKELSNIT IS ’N LIEFDESBRIEF VIR DIE WESKUS

Die geliefde sanger en liedjieskrywer, Len Muller, is vandeesmaand weer op almal se lippe met die uitreiking van ’n besonderse nuwe enkelsnit, WESKUS WYN. Hierdie pragstuk, wat hy langs die kampvuur op ’n strand in die Weskus geskryf het, gaan oor kosbare tye saam met geliefdes wat waardeer moet word en nooit as vanselfsprekend aanvaar …

Benice Borman Se Nuwe Enkelsnit “Sy Naam Sal Vir Ewig Staan” Verkondig ‘n Boodskap van Hoop en Vrede

Gospel kunstenaar Benice Borman is verheug om haar nuutste enkelsnit, “Sy Naam Sal Vir Ewig Staan,” aan die wêreld bekend te stel. Die lied sal beskikbaar wees op alle digitale platforms vanaf die 4de Augustus. Hierdie is die tweede enkelsnit van die jaar deur die gospelsangeres, ná haar eie weergawe van “Die Gebed” deur Koos …

Armand Steenkamp steel mense se harte met n Blou Diamant

7 Julie 2023 – Pretoria, Suid-Afrika – Die gewilde sanger en liedjieskrywer, Armand Steenkamp, is opgewonde om sy splinternuwe lied “Blou Diamant” bekend te stel. Die lied sal beskikbaar wees op alle digitale platforms en sal saam met ‘n musiekvideo vrygestel word wat besigtig kan word op die Vonk Musiek se YouTube-kanaal. “Blou Diamant” is …

Helenè Bester En Jannie Moolman – Nag In Die Namib

Wanneer twee geliefde sangers besluit om deel te neem aan ‘n treffende duet om die wonder van die natuur te vier, gebeur daar iets besonders. Hulle skep ‘n betowerende liedjie wat die harte van Afrikaanse musiekliefhebbers diep sal raak, soos die ongerepte skoonheid van die woestyn. Die ontmoeting van Jannie Moolman en Helenè Bester se …

Neil Nachtrein se Nuwe Enkelsnit “Hoor jy My?” werp Lig op die Impak van Afwesige Ouerskap

Die bekroonde sanger en liedjieskrywer, Neil Nachtrein is verheug om sy nuutste enkelsnit bekend te stel, getiteld “Hoor jy My?”. Hierdie aangrypende lied werp lig op die pynlike kwessie van gebroke gesinne en die impak van afwesige ouerskap op kinders en volwassenes. Gebroke gesinne is iets waarmee almal op een of ander stadium gekonfronteer word. …

CHRISTIAAN BAARTMAN SING DIE DANSVLOER AAN DIE BRAND MET NUWE ENKELSNIT

Na ’n lang en stresvolle week by die werk, is ’n mens soms net lus om oor ’n naweek pret te hê en ’n bietjie saam met jou vriende te gaan dans. Dit is presies waaroor VELLIES OP DIE DANSVLOER, die musikant en liedjieskrywer Christiaan Baartman se splinternuwe Afrikaanse popsnit gaan. Hierdie opgewekte verwerking, uit …

SANGER EN LIEDJIESKRYWER ZOÉ IS VERLIEF EN VERLORE MET HAAR TWEEDE ENKELSNIT

Daar is geen beter gevoel as om jonk, moedswillig en dol, verlief te wees nie. Dit is die einste tema waaroor Zoé in haar nuwe enkelsnit, ‘’Lief hê’’ skryf. ’’Lief hê gaan oor ‘n meisie wat dol verlief is. Dit gaan oor die ‘honeymoon’ fase van ‘n verhouding waar beide mense die skoot hoog deur …

“Die Neil Sandilands Gedoente”-wintertoer: Kaap tot Mpumalanga is op pad!

Lekker ou Frik! Ons is bokvetblink opgewonde om daar by julle te kom note gooi! Hierdie ryk, anderwêreldse vertoning bied van die mees begaafde musici wat ons pragtige land in aanbod het, en met die onkonvensionele, rasperige, aweregse Neil Sandilands aan’t stuur van sake, is jy in vir ’n ding! Die “Neil Sandilands Gedoente” bring …

RAAF, DIE MUSIEK SENSASIE WAT SUID-AFRIKA AAN DIE GONS HET STEL HUL ALBUM PREDIKER VRY!

Daar is onlangs in die media na dié twee as ‘n fenomena verwys, ‘n duo waarvan die genre nie werklik beskryf kan word nie en iets totaal vars vir die Suid-Afrikaanse musiek landskap. Hulle gehore strek letterlik deur elke ouderdomsgroep en gehoorlede beskryf RAAF as ‘n moet-sien en ‘n lewensveranderende musiekervaring. Een gehoorlid verwys soos …