OPPIEKITAAR – ‘N JANNIE DU TOIT PRODUKSIE
Jannie du Toit beplan om sy nuwe produksie getiteld OPPIEKITAAR op 25 Junie 2023 in die Atterbury Teater in Pretoria bekend te stel. Hy bied die program aan in die formaat waarin die luisterpubliek hom in die laat sewentigerjare vir die eerste keer as solo-sanger leer ken het – net met sy kitaar en beplan …
