STEPHAN VISAGIE WIL BOSVELD TOE IN NUWE ENKELSNIT SAAM HENRI ALANT!

Stephan Visagie, ‘n gerekende sanger en liedjieskrywer in die Afrikaanse musiekbedryf, het in samewerking met die talentvolle musikant, Henri Alant, ‘n nuwe enkelsnit vrygestel genaamd “Vergeet My Hier”. Die liedjie is beskikbaar op alle digitale platforms vanaf 21 April 2023.Stephan Visagie is ‘n trotse lid van die legendariese Vonk Musiek, wat bekend is vir die …

Neil Sandilands is “versigtig opgewonde” oor sy nuwe radio-enkelsnit wat handel oor ‘n poskaart vanaf sy Oupa Joe Sandilands aan sy Ouma Nettie tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Die eerste radio-enkelsnit van die bekende internasionale akteur, sanger en liedjieskrywer, Neil Sandilands is onlangs bekendgestel en die werk wat aangebied word is van die hoogste gehalte. Dit dwing jou tot stilte, laat jou dink en máák jou luister. Sandilands se lied, Huistoe, handel oor ‘n poskaart wat sy Oupa, Joe Sandilands vir sy Ouma …

JANCO DREYER SE TWEEDE ENKELSNIT SAL JOU VOETE LAAT JEUK OM TE DANS

Janco Dreyer se hele lewe draai om musiek en daar is niks wat dié 23-jarige sanger en liedjieskrywer van Bloemfontein eerder sou wou doen nie. Hierdie passie kan duidelik gehoor word in sy nuutste enkelsnit, BOSOPSKOP, uit die pen van Hugo Ludik en Nick Jordaan. “Dit gaan oor ’n klomp jongmense wat tent opslaan en …

TINO WEET VAN TASSIES PAK – VANAF ZIM TOT SA, HY IS REG VIR SUKSES!

Die talentvolle kunstenaar Tino, afkomstig uit Zimbabwe en tans woonagtig in Stellenbosch, is gereed om sy nuwe liedjie “Tassies Pak” op 7 April op alle digitale musiekplatforms bekend te stel. Hierdie nuwe bekendstelling is die opvolg na sy baie suksesvolle debuut album “Sterrekind,” en enkelsnit “Afstand” wat nommer een op die RSG treffersparade behaal het. …

BENICE DRA “GEBED” OP AAN MARKO – HAAR AANGENOME SEUN

Benice se nuutste vrystelling, “Gebed,” het harte laat snik en siele aangeraak reg oor die land. Die liedjie, geskryf deur die legendariese Koos Du Plessis, is ‘n ware herinnering aan die ewige hoop wat ons vind in ons geloof. Die woorde, “Laat my nooit die grond verlaat nie. Laat my in U skadu bly. Gee …

TIAAN MASSYN, DIE OOGKUNDIGE VAN PRETORIA WAT SING!

’n Oogkunidge wat sing? Ja, hoekom dan nou nie? Om ’n verskil te maak in die lewens van die mense met wie sy pad kruis was nog altyd die aantreklike, nege-en-twintig-jarige oogkundige van Centurion in Pretoria, Tiaan Massyn se grootste lewensdoel. Vir iemand wat twee suksesvolle praktyke in Pretoria besit en bestuur (Rooihuiskraal en Eldoraigne), …

SIMONÉ ROETS SE DEBUUT-ALBUM TREF DIEP

Sedert die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Simoné Roets, in 2021 besluit het om die Afrikaanse musiekmark te betree, het sy nog net beïndruk met haar unieke outentieke styl en sielvolle aanslag. Nie net het haar arsenaal van oorspronklike musiek skielik bo-aan verskeie radio-stasies se treffersparades gepryk nie, maar sy is ook in 2022 benoem vir …