TRACY BRAINERS STEL EMOSIEBELAAIDE DEBUUT-ENKELSNIT VRY

Dit is menslik om die dinge wat met jou gebeur te bevraagteken, en om sin te probeer maak van die lewe. In haar debuut-enkelsnit, KAN JY MY SÊ, stel die talentvolle kunstenaar, Tracy Brainers, ondersoek in oor die hoekoms en waaroms van die lewe, en die emosies wat daarmee gepaard gaan. Hierdie veelsydige vrou is …

NUWE MAN-ENKELSNIT WORD BEKENDGESTEL OP ’N EPISODE VAN FIKS OF NIKS

Henck Conrey en André Lotter, wat saam bekendstaan as die indrukwekkende duo MAN, is na sewe jaar terug in die kollig met ’n langverwagte nuwe enkelsnit, wat reeds besig is om soos ’n veldbrand onder musiekliefhebbers te versprei. VUUR EN VLAMME, uit die pen van Hugo Ludik en Nick Jordaan, spog met ’n internasionale klank …

DEIDRÉ BARNARD REIK NUWE KORTSPEELPLAAT EN ENKELSNIT UIT

Dis exciting, dis scary… dis lank voor gewag. Dis my woorde, my hart, my verlede- en toekomspad. Dis gedigte, dis stories, dis feite, dis fiksie, dis lag, dis huil, dis te min en te veel. Ek het soveel om te gee, soveel om te deel,” sê die sanger en liedjieskrywer Deidré Barnard oor haar eerste …

ILÁN VAN STADEN REIK LANGVERWAGTE DEBUUT-ALBUM UIT

Sedert hy in 2022 sy buiging in die plaaslike vermaakbedryf gemaak het, sien die sanger, liedjieskrywer en akteur, Ilán van Staden, se bewonderaars al uit na sy eerste vollengte album. Nou, na meer as ’n jaar se harde werk en beplanning, is die wag uiteindelik verby, want MY MENSE is pas vrygestel en beloof om …

NUWE LOGAN PIETERSEN-ENKELSNIT BEMOEDIG DIEGENE WAT HULLE LAND EN MENSE MIS

As Suid-Afrikaners is ons die afgelope paar jaar deur moeilike tye, wat baie mense genoodsaak het om in ander lande te gaan werk – ver weg van hulle mense, taal en kultuur. BRING MY TERUG (H2-A), Logan Pietersen se splinternuwe enkelsnit, word opgedra aan almal wat oorsee moet werk en woon om vir hulself en …

GISELLE TREF DIEP MET EERSTE AFRIKAANSE ENKELSNIT

Om iemand te verloor vir wie jy lief is, hetsy aan die dood of omdat julle verhouding nie uitwerk nie, kan hartverskeurend wees en jou laat wens dat jy daai persoon nog net een keer kan vashou en waardeer. Met haar enkelsnit, DIE LAASTE KEER, kry die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Giselle dit nie net …

JOSHUA NA DIE REËN VIER ’N DEKADE IN DIE MUSIEKBEDRYF MET ’N NUWE ALBUM

Tien jaar ná Lig op die Horison , een van die multi-bekroonde sanger en liedjieskrywer, Joshua na die Reën se eerste groot treffers, is hy steeds besig om harte te verower met sy betekenisvolle musiek, unieke styl, diep lirieke en besonderse klank. Hy is tans besig om voorbrand te maak vir die bekendstelling van sy …

JANNIE DU TOIT SLUIT DIE JAAR AF MET ’N GESOGTE TOEKENNING EN ’N REEKS SPESIALE VERTONINGS

Die geliefde en bekroonde sanger en liedjieskrywer, Jannie du Toit, is vanjaar een van die eregaste by Pretoria FM se gesogte Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings wat op 19 September 2023 by die Choose Life Ouditorium in Pretoria plaasvind. Du Toit, wat sy eerste professionele verhoogoptrede in 1971 gehad het en in 1979 bekendheid verwerf het, word …

ZANDRI BOTHA LOK MENSE NA DIE DANSVLOER MET TWEEDE ENKELSNIT

Zandri Botha glo dat wie nie waag nie, ook nie kan wen nie. Dit is nie net die tema van haar splinternuwe enkelsnit en musiekvideo nie, maar ook hoe sy haar musiekloopbaan benader. TIEN TEEN EEN, wat sy saam met Emil Paul en Hugo Ludik geskryf het, is ’n voetstamplekker Afrikaanse pop-treffer wat beslis gaan …

ILÁN VAN STADEN SING OOR SONDAGMIDDAGSLAPIES EN WARE LIEFDE IN NUUTSTE ENKELSNIT

Net soos met gewoontes en tradisies, soos om ’n Sondagmiddagknippie (SMK) te vat om jou battery te herlaai vir die week wat kom, hou ware liefde ook ’n blywende en bekende betowering in wat selfs na baie jare jou hart steeds laat vinniger klop. In sy nuutste enkelsnit, SMK, sing die gewilde sanger en akteur, …