NUWE JAN RHAAP-TREFFER SAL JOU TWEE KEER LAAT DINK OOR JOU BAKKIE

Daar is so baie dinge wat deesdae in ons land skeefloop, dat dit belangrik is om ten minste iets te hê waarop jy kan staat maak. Vir Jan Rhaap is daardie “iets” beslis sy bakkie, want wanneer hy nie op die verhoog is nie boer hy op sy familieplaas in die Noordkaap. Dié sanger en …

KOM HOU VAKANSIE IN MAURITIUS SAAM MET WYNAND & CHEREÉ EN DIE AKTEURS VAN DIEPE WATERS!

Kykers wat bespreek het om in April vanjaar saam met die akteurs van die gewilde telenovela, Diepe Waters, Mauritius toe te gaan, kan nou uitsien na nóg meer opwinding! kykNET en World Leisure Holidays het pas bevestig dat die gewilde Afrikaanse getroude sangpaar, Wynand en Chereé Strydom, nou óók gaan deel wees van hierdie eksotiese …

DIE KAPLYN-MUSIEKBLYSPEL BINNEKORT OP DIE PLANKE BY AFRIFORUM TEATER

Afrikaanse kultuur- en teaterliefhebbers kan uitsien na ’n splinternuwe musiekblyspel wat eersdaags by die AfriForum Teater in Pretoria sy buiging maak. Die Kaplyn-musiekblyspel is ’n aangrypende produksie wat met trots aangebied word deur AfriForum en die skeppers van 2022 se gewilde Die Gelofte-musiekblyspel, Inhoud Huis Musiek. Die verhaal en konsep is deur Johan Vorster, wat …

MULLER BRANDT STEL TONG-IN-DIE-KIES-ENKELSNIT VRY OOR BRAAIBROODJIES

Braaibroodjies is so eie aan die Afrikaanse kultuur soos melktert en koeksisters en het al baie kreatiewe resepte en video’s geïnspireer. Nou is hierdie einste lekkerny weereens in die kollig as die tong-in-die-kies-onderwerp van Muller Brandt se nuutste enkelsnit, BRAAIBROODJIES, wat weereens daarop sinspeel dat die pad na ’n Afrikanerman se hart beslis deur sy maag loop! Hierdie …

MELANIE J SE EIE LANGAFSTANDVERHOUDING DIEN AS INSPIRASIE VIR NUWE GEESTELIKE ENKELSNIT

Die lewe is nie altyd maklik nie, maar met God se genade en genoeg deursettingsvermoë sal jy nie net heel aan die anderkant uitkom nie, maar ook jou doelwitte bereik en ’n kans hê om ’n verskil te maak. Só getuig Melanie J, wat pas ’n treffende nuwe enkelsnit vrygestel het, nadat sy heelwat struikelblokke …

DIE TEELEPELTJIES – VARSGEBAKTE BOEREMUSIEK WAT JOU HONGER MAAK VIR MEER

Stories bevat keer op keer lewenslesse waaruit jy kan leer. Sonder oorvertelling sal stories ongelukkig uitsterf. Daarom is dit belangrik dat ons ons stories aan die lewe hou deur dit aan ons nageslag te vertel. Veral stories oor ons erfenis, want daarsonder verloor ons sin vir wie ons is en waarheen ons op pad is. …

ZAAN SONNEKUS – MONITOR

Op haar sterfbed skryf Zaan Sonnekus se ma ’n paar laaste gedigte. Een van die versreëls lui: “monitor my skuldgevoelens die gesondheidsrisiko is fataal.” Hierdie woorde sou later die vuur aan die brand steek vir Zaan Sonnekus se nuwe enkelsnit MONITOR. Almal van ons het al gevrees dat ons dopgehou word. In die moderne wêreld …

LEN MULLER HERLEEF SPESIALE HERINNERINGE UIT SY SKOOLJARE IN NUWE MUSIEKVIDEO

Soms gebeur magic sonder te veel beplanning of kommer oor die fynere detail – veral wanneer jy die geleentheid kry om lekker herinneringe uit jou skooldae te herleef, en dit is presies wat die sielvolle musikant en liedjieskrywer, Len Muller, doen in sy nuutste musiekvideo.  JY MOET WEET, ’n avontuurlustige Afrikaans-akoestiese snit uit sy eie …

NIKS KRY HOM ONDER NIE – JAN BLOUKAAS STEL ALBUM VRY

Oor die afgelope paar maande het Jan Bloukaas met liedjies soos As Ek Jou Hoor Lag en Sweef, gewys dat hy besig is om sy musiekloopbaan in ’n nuwe rigting te stuur. Dit het nie net ’n groot opskudding in die bedryf veroorsaak nie, maar ook vir hom heelwat nuwe aanhangers verseker. Daarom heers daar …

STEFAN JANSEN – ’N MORS VAN TYD IS NODIG

Tyd is kosbaar. Dit is iets wat versigtig gebruik moet word, veral omdat elkeen van ons slegs ’n bepaalde hoeveelheid toegedeel is. Elke oomblik, elke sekond wat verbygaan, is ’n geleentheid wat jy nooit weer sal kry nie. Of, so sê die wêreld vir ons. Daarteenoor is tydmors soms die beste ding wat jy kan …