{"id":973,"date":"2024-12-11T06:22:00","date_gmt":"2024-12-11T06:22:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=973"},"modified":"2024-12-11T06:22:01","modified_gmt":"2024-12-11T06:22:01","slug":"posduif-gee-nuwe-lewe-aan-n-ou-treffer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2024\/12\/11\/posduif-gee-nuwe-lewe-aan-n-ou-treffer\/","title":{"rendered":"POSDUIF GEE NUWE LEWE AAN \u2019N OU TREFFER"},"content":{"rendered":"\n<p>Na \u2019n besige en opwindende jaar wat vertonings landswyd, sowel as openingsvertonings vir die legendariese Kip Moore ingesluit het, is die SAMA-bekroonde musiekgroep, POSDUIF, opgewonde om 2024 op \u2019n ho\u00eb noot af te sluit met \u2019n vars en unieke verwerking van die gewilde Bles Bridges-treffer, RUITER VAN DIE WINDJIE. Di\u00e9 lied, wat net so deel is van die Suid-Afrikaanse kultuur soos melktert en koeksisters, gaan oor avontuur, vryheid en om daarna te streef om jou drome waar te maak en is iets waarby die manne self aanklank vind en hulle ge\u00efnspireer het om dit op hulle eie moderne manier op te neem.<\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201cOns wou die snit nie verander of net dele daarvan gebruik nie en het besluit om die hele lied op te neem en dit te vernuwe met ons eie styl en energie. Dit was vir ons \u2019n lekker projek om iets klassiek te neem en dit aan \u2019n nuwe generasie bekend te stel,\u201d<\/em> verduidelik hulle. <em>\u201cDie lied se fokus op vryheid en die begeerte om die wind te volg, het met ons geresoneer. Dit herinner ons daaraan om altyd nuuskierig te bly en die lewe met ope arms te verwelkom.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Verder meen die groep dat hierdie besonderse kombinasie van nostalgiese en moderne elemente die twee kante van die band, wat bestaan uit James Boland (hoofsanger en kitaarspeler), Nick Jordaan (ritmekitaarspeler en sanger), Amiel Gopal (baskitaarspeler), Brendan Campbell (vervaardiger en hoofkitaarspeler) en Nick McCreadie (dromme), perfek ten toon stel: <em>\u201cOns geniet dit om die verlede en die hede te kombineer. Deur klassieke liedjies soos <\/em><strong><em>RUITER VAN DIE WINDJIE<\/em><\/strong><em> met \u2019n vars klank te vermeng, skep ons \u2019n brug tussen generasies. Dit weerspie\u00ebl ook ons persoonlikhede \u2013 ons waardeer tradisie, maar is altyd op soek na nuwe maniere om onsself uit te druk.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Hulle nuutste enkelsnit volg in die voetspore van Kaalvoet Kinders en Voetfout wat onlangs uitgereik is en steeds gereelde speeltyd op die radio kry. POSDUIF is in 2018 gestig en het hulle debuut gemaak met die liedjie Brandy Special, wat uit die staanspoor baie gewild was. Sedertdien, het hulle verskeie ander treffers vrygestel en is hulle deur Bok Radio genomineer as Groep van die Jaar en vir Liedjie van die Jaar. Hulle vorige album, Niks Vergelyk, het in 2022 die SAMA gewen vir beste pop-album.<\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201cDie toekenning was \u2019n groot eer en het ons diep geraak. Dit het ons nie net erkenning gegee vir ons harde werk nie, maar ons ook gemotiveer om nog ho\u00ebr te mik. Dit het ons ge\u00efnspireer om aan te hou innoveer en ons musiek na die volgende vlak te neem,\u201d <\/em>s\u00ea hulle.<br>Hierdie vrystelling versterk POSDUIF se rol as pioniers in die moderne Afrikaanse musiekbedryf. Aanhangers kan ook vir die res van die jaar uitsien na hulle opkomende <em>Bitterlekker Toer<\/em> in die Kaap en verskeie samewerkings met ander plaaslike kunstenaars.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns glo dat musiek mense kan inspireer om hul drome aan te durf en hul eie lewensreis aan te pak,\u201d sluit hulle af. \u201cDit is presies wat RUITER VAN DIE WINDJIE vir ons gedoen het, en ons hoop dat dit dieselfde vir ander kan beteken.\u201dDie snit is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. <\/p>\n\n\n\n<p>Kry dit hier: https:\/\/posduif.lnk.to\/RuiterVanDieWindjie<\/p>\n\n\n\n<p>Daar is ook n liriekvidoe van die snit en is hier te sien: https:\/\/youtu.be\/_JGvKlkOsIg?si=SKuOJ39ktiKZtflw<\/p>\n\n\n\n<p>SOSIALEMEDIASKAKELS<\/p>\n\n\n\n<p>Facebook:  https:\/\/www.facebook.com\/PosduifLive\/<\/p>\n\n\n\n<p>Instagram: @posduif_liveTwitter: @Posduif14Webblad: https:\/\/posduif.live\/<\/p>\n\n\n\n<p>PUBLISITEIT EN BEMARKING<\/p>\n\n\n\n<p>Starburst Promosies<\/p>\n\n\n\n<p>Danelle Liebenberg El FarSel: 071 534 7796E-pos: danelle@starburstmusic.co.za Webblad: www.starburstmusic.co.za <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na \u2019n besige en opwindende jaar wat vertonings landswyd, sowel as openingsvertonings vir die legendariese Kip Moore ingesluit het, is die SAMA-bekroonde musiekgroep, POSDUIF, opgewonde om 2024 op \u2019n ho\u00eb noot af te sluit met \u2019n vars en unieke verwerking van die gewilde Bles Bridges-treffer, RUITER VAN DIE WINDJIE. Di\u00e9 lied, wat net so deel &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2024\/12\/11\/posduif-gee-nuwe-lewe-aan-n-ou-treffer\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;POSDUIF GEE NUWE LEWE AAN \u2019N OU TREFFER&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":974,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-973","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"ru","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/973","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=973"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/973\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":975,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/973\/revisions\/975"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media\/974"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=973"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=973"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=973"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}