{"id":969,"date":"2024-11-28T03:47:15","date_gmt":"2024-11-28T03:47:15","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=969"},"modified":"2024-11-28T03:47:16","modified_gmt":"2024-11-28T03:47:16","slug":"hierdie-tiener-praat-met-tiener","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2024\/11\/28\/hierdie-tiener-praat-met-tiener\/","title":{"rendered":"HI\u00c9RDIE TIENER PRAAT M\u00c9T TIENER"},"content":{"rendered":"\n<p>Daar is talle motiveringsprekers en lewensafrigters wat graag oor tienersake gesels, maar nie elke dag in die skoene van \u2018n tiener stap nie.\u00a0 Dis maklik om advies vir ouers te gee en aan tieners uit te deel, maar die implementering en die praktiese toepassing is nie altyd so maklik as jy nie self meer \u2018n tiener is nie.\u00a0 <strong>Hildegard Havenga<\/strong> het \u2018n passie vir jongmense en haar visie is om hulle op te hef en te bemagtig waar sy kan.\u00a0 Sy doen dit deur haar eie ervarings te deel, want as \u2018n doodgewone tiener van Pretoria, sukkel sy ook gereeld met haar eie uitdagings en struikelblokke. \u00a0 S\u00fd verstaan die geestesgesondheid van tieners beter as wat enige van ons kan en deel \u2018n paar baie belangrike en insiggewende punte wat belangrik is om op ag te slaan.<\/p>\n\n\n\n<p>Oktober was daar baie fokus geplaas op geestesgesondheid, maar volgens Hildegard kan daar nie net een maand van die jaar daarop gefokus word nie.  Veral nie wanneer dit by tieners kom nie.  Daar moet konstante bewusmaking wees onder alle tieners, deurentyd.   Hildegard s\u00ea: &#8220;Tienerlewe is vir baie van ons \u2019n sosiale oorlewingstryd wat diep impak het op ons geestesgesondheid. Ek het onlangs self bietjie gaan reflekteer uit my eie ervaring van die afgelope jaar en gaan stilstaan by die uitdagings waarmee ek en ander tieners daagliks gekonfronteer word. En toe tref \u2018n harde realiteit my.<\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>&#8220;<\/em><\/strong><em>Terwyl dit maklik is om eksterne faktore soos die druk van ouers, onderwysers, sosiale media, en akademiese en ander prestasies as die grootste struikelblokke te sien, het ek besef die werklike uitdaging is dalk nog nader aan die hart as wat ons besef (en moeilik om te erken). Tieners se grootste vyand wanneer dit kom by geestesgesondheid is, is eintlik mekaar\u201c, voeg sy by.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>&#8220;<\/em><\/strong><em>Kom ons wees maar eerlik oor hierdie realiteit: ons grootste uitdagings l\u00ea dikwels in hoe ons mekaar hanteer en be\u00efnvloed in \u2018n baie brose tyd van ons lewens. Hier is \u2019n paar maniere waarop ek gesien het dit tipies uitspeel:<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die vrees om te misluk: Perfeksionisme en gevolge. \u201cTieners word dikwels oorval met die vrees om te misluk, en dit is &#8216;n direkte gevolg van die konstante druk om in &#8216;n w\u00eareld vol prestasiegedrewe maatstawwe te oorleef. Die druk om op elke gebied \u2013 akademies, sosiaal, sportief \u2013 uit te blink, skep \u2019n omgewing waar mislukking amper as &#8216;n doodsvonnis gesien word. Die konstante strewe na onbereikbare standaarde lei dikwels tot angs, lae selfbeeld, en gevoelens van uitbranding omdat ons voel ons moet alles regkry en niks verkeerd mag loop nie. Die verwagting om foutloos te wees, maak dat ons eie sukses nooit goed genoeg voel nie.Maar wat veral skadelik is, is dat hierdie perfeksionistiese denkwyse nie net ons gesondheid affekteer nie, maar ook ons verhouding met onsself. Perfeksionisme bevorder &#8216;n &#8220;alles of niks&#8221; manier van dink, waar &#8216;n enkele fout of mislukking gesien word as &#8216;n volledige gebrek aan waarde. Dit lei dan tot &#8216;n vrees vir mislukking wat so sterk is dat dit tieners verhoed om nuwe dinge te probeer of om risiko&#8217;s te neem wat nodig is vir groei en leer. Ons raak verlore in \u2019n siklus van selfkritiek, en ons geestesgesondheid begin onder die swaar las van verwagtinge verbrokkel.\u201c<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Hildegard stel voor<\/strong><em>:&nbsp; \u201cIn plaas daarvan om mislukking as die eindpunt te sien, moet ons leer om dit as &#8216;n geleentheid vir leer en verbetering te beskou. Dit beteken dat jy ook \u2018n \u201cfout\u201c vir jouself moet herforumuleer as \u2019n ervaring, want dis dan wanneer ons werklik insig kry en beter voorberei word vir toekomstige suksesse. Tieners moet besef dat hulle waarde nie in hul prestasies l\u00ea nie, maar in wie hulle as mense is.\u201c<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>Praktiese wenk: Kies iets wat jy geniet, maar wat jy nog nie goed onder die knie het nie, en probeer dit net vir die pret sonder om enige erkenning daarvoor te verwag. Die doel is nie om perfek te wees nie (of om dit met die w\u00eareld te deel nie), maar om die vrees vir mislukking te oorkom deur bloot die proses te geniet. Dis soms in hierdie klein suksesse sonder die druk van sosiale media \u201clikes\u201c, dat ons werklik vry voel om te leer en te groei.<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Sosiale uitsluiting: Die seer van verwerping. \u201cVir tieners is sosiale aanvaarding een van die belangrikste aspekte van ons lewens, en die vrees om uit die groep gelaat te word, is &#8216;n emosionele las wat ons daagliks dra. Hierdie vrees vir verwerping kan so intens wees dat dit ons selfbeeld diep be\u00efnvloed, en ons selfs weerhou om onsself uit te druk of aan aktiwiteite deel te neem wat ons gelukkig maak. In plaas daarvan om ons uniekheid te vier, probeer ons dikwels om aan te pas by die norme en verwagtinge van die groep of die omgewing waarin jy jouself bevind, selfs wanneer dit in stryd is met ons eie persoonlikhede of waardes.<\/p>\n\n\n\n<p><em>Die impak van hierdie vrees gaan verder as net oppervlakkige ongemak. Sosiale uitsluiting, of net die gedagte daaraan, kan lei tot ernstige emosionele skade. Dit versterk gevoelens van eensaamheid, isolasie, en minderwaardigheid \u2013 wat alles &#8216;n direkte impak het op &#8216;n tiener se geestelike welstand. Verwerping, of selfs die vrees daarvoor, kan veroorsaak dat ons onsself meer en meer onttrek, minder geneig is om nuwe verhoudings aan te knoop, en uiteindelik onsself in &#8216;n emosionele vakuum bevind waar ons nie net ander verloor nie, maar ook ons eie selfvertroue en identiteit\u201c.&nbsp;<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Hildegard stel voor<\/strong><em>:&nbsp; \u201cTieners moet leer dat nie almal dieselfde hoef te wees om aanvaar te word nie. Ware vriendskappe vereis dat ons mekaar juis in ons verskille omarm, in plaas daarvan om almal in &#8216;n boks te probeer druk. Soms is die beste manier om te floreer, om weg te beweeg van enige iets wat jou inperk. Om jouself te wees is\u201a \u2018n daad van moed \u2013 en dis een van die grootste geskenke wat jy vir jou eie geestesgesondheid kan gee.\u201c<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>Praktiese wenk: Skep &#8216;n veilige plek met vriende waar julle kan wees wie julle regtig is. Deel jou gevoelens en ervarings oor sosiale druk en verwerping. Deur oop gesprekke te h\u00ea, bou julle &#8216;n ondersteunende netwerk en herinner mekaar dat ware vriendskap oor aanvaarding gaan, nie oor aanpassing nie.<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Kansellasiekultuur (cancel culture): \u201cDie druk om aan bepaalde verwagtinge te voldoen, word versterk deur die skrikwekkende verskynsel van kansellasiekultuur \u2013 &#8216;n verskynsel waar iemand vinnig verwerp kan word as hulle &#8216;n fout maak of bloot net teen die stroom beweeg. Hierdie vrees om &#8220;gekanselleer&#8221; te word, raak veral tieners diep omdat ons reeds in &#8216;n fase van ons lewe is waar sosiale aanvaarding so belangrik is. Die gedagte dat een verkeerde opmerking, een onpopul\u00eare opinie, of selfs &#8216;n eerlike fout wat ons sosiale lewe kan verwoes, is oorweldigend.Wat kansellasiekultuur so toksies maak, is dat dit &#8216;n omgewing kweek waar eerlike kommunikasie en groeiende verhoudings stilstaan. Ons raak bang om onsself uit te druk, om foute te maak, of om &#8216;n opinie te h\u00ea wat anders is as di\u00e9 van die meerderheid, omdat ons nie net bang is vir kritiek nie, maar vir die totale verwerping wat met kansellasiekultuur gepaard gaan. Dit versterk die idee dat jy altyd moet reg wees, altyd in lyn met die hoofstroom moet wees, en altyd onberispelik moet optree \u2013 wat onrealisties en vernietigend is.Die gevolge van hierdie kultuur op ons tieners se geestesgesondheid is enorm. In plaas daarvan om in &#8216;n omgewing van begrip en aanvaarding te floreer, leef ons in &#8216;n konstante toestand van selfbewustheid en angs. In plaas daarvan om ons uniekheid ten volle te kan uitleef, om foute te maak en daaruit te groei, leer ons om dit liewer te vermy, om stil te bly en om onsself terug te hou weens vrees vir verwerping. En dan bereik mens nooit jou volle potensiaal nie.\u201c Hildegard stel voor: \u201cOns moet onthou dat perfeksie &#8216;n onmoontlike ideaal is. Ons maak almal foute. In plaas daarvan om mekaar te oordeel en te verwerp vir iets wat jy dalk mag dink is \u2018n onpopul\u00eare opinie, moet ons leer om mekaar met genade en begrip te hanteer. Die Elon Musk\u2019s en Charlize Theron\u2018s van die w\u00eareld het juis sukses behaal deur hul uniekheid te vier en risiko\u2019s te neem, ondanks geweldige kritiek. Dit beteken ook dat ons mekaar die ruimte moet gee om van ons foute te herstel, om verskoning te vra, en om beter te doen. Deur genade en begrip kan ons &#8216;n kultuur van empatie en ondersteuning bou \u2013 wat tieners broodnodig het om geestelik gesond te bly in &#8216;n w\u00eareld vol druk.\u201cPraktiese wenk: Herskryf \u2018n \u201dfout\u201c vir jouself as net \u2018n \u201cervaring\u201c. Begin &#8216;n beweging waar julle in \u2018n ligte luim &#8216;n &#8220;ervaring van die week&#8221; deel en hoe julle daaruit gegroei het. Dit help om &#8216;n atmosfeer van genade en begrip te skep, en herinner julle daaraan dat dit OK is om nie perfek te wees nie.<\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201cMet die jaar wat nou vinnig sy einde nader, is dit die perfekte tyd om terug te kyk en te besef hoe ver jy hierdie jaar gekom het, en jouself bietjie op die skouer te klop. Miskien was dit nie altyd maklik nie, en dalk was daar uitdagings wat jou laat voel het of jy nie kan byhou nie. Party houe het jou dalk selfs totaal uitgeklop. Tienerwees is beslis \u2019n tyd van oorlewing \u2013 maar dit kan ook een van ontdekking en kosbare groei wees selfs in die moeilike tye. Elke stap, of dit nou klein of groot is, is vooruitgang\u201c.&nbsp;<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>So as jy dalk voel dat jy nie inpas nie of voel dat jy nie &#8220;goed genoeg&#8221; is nie, weet dat jou waarde nie deur ander bepaal word nie. Jy is genoeg, presies soos jy is. Die nuwe jaar hou nuwe kanse en geleenthede in. Gebruik hierdie tyd om jouself te herontdek, om weer te fokus op dit wat jou uniek maak, en om jou geestesgesondheid \u2018n prioriteit te maak, deurentyd.<\/p>\n\n\n\n<p>Dis wonderlik om altyd daar te wees vir ander as \u2018n goeie vriend, maar moenie jou eie pad verloor in die proses nie.\u00a0 Dis belangrik om jouself te omring met mense wat jou waardeer vir wie jy werklik is en vir jou regtig lief is. En ouers: julle speel \u2018n enorme rol om ons te herinner aan ons waarde en potensiaal. Moet nooit ophou om ons te inspireer om ons eie pad met trots en vasberadenheid te volg nie.<\/p>\n\n\n\n<p>SOSIALEMEDIASKAKELS: <\/p>\n\n\n\n<p>Facebook: https:\/\/www.facebook.com\/hildegardhavenga<\/p>\n\n\n\n<p>Instagram: @hildegard.havenga<\/p>\n\n\n\n<p>TikTok: @hildegard.havenga<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is talle motiveringsprekers en lewensafrigters wat graag oor tienersake gesels, maar nie elke dag in die skoene van \u2018n tiener stap nie.\u00a0 Dis maklik om advies vir ouers te gee en aan tieners uit te deel, maar die implementering en die praktiese toepassing is nie altyd so maklik as jy nie self meer \u2018n &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2024\/11\/28\/hierdie-tiener-praat-met-tiener\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;HI\u00c9RDIE TIENER PRAAT M\u00c9T TIENER&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":970,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-969","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"ru","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/969","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=969"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/969\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":971,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/969\/revisions\/971"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media\/970"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=969"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=969"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=969"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}