{"id":965,"date":"2024-11-18T19:54:23","date_gmt":"2024-11-18T19:54:23","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=965"},"modified":"2024-11-18T19:54:25","modified_gmt":"2024-11-18T19:54:25","slug":"mou-en-victor-bravo-span-kragte-saam-vir-betekenisvolle-nuwe-enkelsnit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2024\/11\/18\/mou-en-victor-bravo-span-kragte-saam-vir-betekenisvolle-nuwe-enkelsnit\/","title":{"rendered":"M*O*U EN VICTOR BRAVO SPAN KRAGTE SAAM VIR BETEKENISVOLLE NUWE ENKELSNIT"},"content":{"rendered":"\n<p>Die dinamiese liedjieskrywer van <strong>M*O*U<\/strong>, Christof Prins, en hoofsanger van <strong>Victor Bravo<\/strong>, Weco van Basten, het hul kreatiewe kragte saamgespan vir die splinternuwe, inspirerende enkelsnit, <strong><em>INTERTWINED<\/em><\/strong>.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie lied is \u2019n diep persoonlike vertelling van liefde en verbintenis en beloof om harte reg oor w\u00eareld te raak. Prins het die liedjie geskryf nadat hy \u2019n praatjie van Gordon Peterson gehoor het oor die konsep van \u201cintertwined\u201d. Hierdie beeldspraak van huweliksmaats se lewens wat in mekaar verweef is soos \u2019n tou, het hom herinner aan sy verhouding met sy vrou en hom ge\u00efnspireer om pen op papier te sit. <\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201cEk en my vrou is onlosmaaklik deel van mekaar, en hierdie konsep het my diep geraak,\u201d<\/em> s\u00ea hy.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens die skrywer, vertel die snit \u2013 \u2019n kontempor\u00eare kombinasie van klanke en lirieke \u2013 die storie van hom en sy vrou, Nanine, wat al 21 jaar lank beste vriende en eggenote is.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns het 24 jaar gelede heeltemal onverwags bymekaar uitgekom, en oor die jare het vriendskap in liefde gegroei. Ons het een geword en daarna het ons twee drie geword met die geboorte van ons seun, Ethan. Soms moet ons onsself daaraan herinner dat ons met mekaar verweef is,\u201d verduidelik hy.<\/p>\n\n\n\n<p>Omdat Nanine 22 Oktober verjaar, wou hy graag die liedjie \u2013 wat twee jaar geneem het om te verfyn en voltooi \u2013 in haar verjaardagmaand afhandel.<\/p>\n\n\n\n<p>Die produksie is deur Renier Henning van Renier Henning Music hanteer, met Vinnie Henrico op dromme en Jannes Blomerus op baskitaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Van Basten wat optree onder die naam, Victor Bravo, het as mede-skrywer opgetree en is ook verantwoordelik vir die sang en basiese struktuur van die eindproduk. \u201cEk het dadelik aanklank gevind met die boodskap wat die liedjie oordra, en as \u2019n getroude man met \u2019n besonderse vrou kon ek hierdie spesiale liedjie met oorgawe sing,\u201d s\u00ea hy. \u201cDit is die eerste keer wat ek nie self die liedjie geskryf het wat ek opneem nie, maar die boodskap is so universeel dat ek onmiddellik daarmee kon identifiseer.\u201d\u201cEk het dit altyd geniet om saam met ander musikante te werk, en dis vir my \u2019n groot pluimpie dat Christof my vertrou het om lewe te gee aan hierdie lied,\u201d voeg Weco by.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>MEER OOR DIE MENSE AGTER DIE MUSIEK<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>M*O*U<\/strong> is die kreatiewe breinkind van die suksesvolle sakeman en liedjieskrywer, Christof Prins, wat die kollig vermy en eerder graag agter die skerms werk.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Sy musiekproses sentreer rondom die idee van \u2019n \u201cMemorandum Of Understanding,\u201d (vandaar M*O*U) waar hy saam met kunstenaars en vervaardigers werk om sy musikale visie te verwesenlik.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>M*O*U het reeds drie suksesvolle enkelsnitte vrygestel wat almal goed ontvang is. Still Dreaming (wat al meer as 30 000 keer aanlyn gestroom is) en My Camino is in 2021 uitgereik en laasgenoemde is aangewys as beste algehele enkelsnit by die 2023 Afri-Indie-musiektoekennings. Vanjaar, is die instrumentele snit, Childhood Dream, ook vir \u2019n toekenning benoem. Victor Bravo het in 2018 die musiekbedryf as \u2019n duo betree. Sedertdien het hierdie hulle reeds talle hoogtepunte bereik, wat verskeie toekennings, twee Kaapse toere en optredes op verskeie groot musiekverho\u00eb \u2013 waaronder Aardklop 2019 \u2013 insluit.<\/p>\n\n\n\n<p><a href=\"https:\/\/www.bing.com\/videos\/riverview\/relatedvideo?q=l%c3%aa+my+neer+-+victor+bravo&amp;mid=688504E2AA4E35102BEF688504E2AA4E35102BEF&amp;FORM=VIRE\"><em>L\u00ea my neer<\/em><\/a>, die vyfde radio-vrystelling uit hulle arsenaal van oorspronklike musiek is vroeg in 2024 uitgereik en is aangewys as <em>beste duo-enkelsnit<\/em> by vanjaar se Afri-Indie-musiektoekennings.<\/p>\n\n\n\n<p><a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=-oy8vv2b9WQ\"><em>Solank die liefde bly<\/em><\/a>, wat in 2022 uitgereik is, het \u2019n Melomaan-toekenning ontvang het vir beste duo-enkelsnit, terwyl <a href=\"https:\/\/soundcloud.com\/user-625588893\/suiderkruis-radio-edit\"><em>Suiderkruis<\/em><\/a><em> <\/em>(2022),<em> <\/em><a href=\"https:\/\/soundcloud.com\/user-625588893\"><em>Skemer<\/em><\/a> (2019) en <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=-wbO_zJYvPo&amp;t=13s\"><em>Breakway Line<\/em><\/a> (2018) elkeen met \u2019n Afri-Indie-toekenning (<em>beste kontempor\u00eare enkelsnit<\/em>, <em>beste duo-enkelsnit<\/em> en <em>beste algehele enkelsnit<\/em>) weggestap het en vir verskeie weke bo-aan treffersparades reg oor die land gekuier het.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer hy nie op die verhoog is of liedjies vir homself en ander kunstenaars skryf nie, bou en ondersoek Weco data-sisteme by die werk. Hy is reeds van jongs af doenig met musiek, was as kind lid van die Drakensberg Seunskoor en het na skool drama en kreatiewe skryfkuns in Amerika geswot.<\/p>\n\n\n\n<p>Met die vrystelling van INTERTWINED, hoop hierdie twee talentvolle musikante om \u2019n stukkie van hul hart en hul kuns met die w\u00eareld te deel, en wie weet \u2013 dalk is dit net die begin van vele toekomstige samewerkings.Die liedjie is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier: \u200eIntertwined (feat. M*O*U) [Radio Edit] &#8211; Single &#8211; Album by Victor Bravo &#8211; Apple Music<\/p>\n\n\n\n<p>SOSIALEMEDIASKAKELS:<\/p>\n\n\n\n<p>M*O*U<\/p>\n\n\n\n<p>Facebook: M.O.U Music <\/p>\n\n\n\n<p>VICTOR BRAVO<\/p>\n\n\n\n<p>Facebook: https:\/\/www.facebook.com\/VictorBravoMusic <\/p>\n\n\n\n<p>Instagram: @VictorBravoMusic<\/p>\n\n\n\n<p>SoundCloud: https:\/\/soundcloud.com\/user-625588893<\/p>\n\n\n\n<p>Hutsmerke: #VictorBravo #MOU #Intertwined <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die dinamiese liedjieskrywer van M*O*U, Christof Prins, en hoofsanger van Victor Bravo, Weco van Basten, het hul kreatiewe kragte saamgespan vir die splinternuwe, inspirerende enkelsnit, INTERTWINED. Hierdie lied is \u2019n diep persoonlike vertelling van liefde en verbintenis en beloof om harte reg oor w\u00eareld te raak. Prins het die liedjie geskryf nadat hy \u2019n praatjie &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2024\/11\/18\/mou-en-victor-bravo-span-kragte-saam-vir-betekenisvolle-nuwe-enkelsnit\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;M*O*U EN VICTOR BRAVO SPAN KRAGTE SAAM VIR BETEKENISVOLLE NUWE ENKELSNIT&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":966,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-965","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"ru","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/965","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=965"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/965\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":967,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/965\/revisions\/967"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media\/966"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=965"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=965"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=965"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}