{"id":95,"date":"2023-02-05T12:36:06","date_gmt":"2023-02-05T12:36:06","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=95"},"modified":"2023-02-05T12:36:07","modified_gmt":"2023-02-05T12:36:07","slug":"die-kontrak-se-deidre-reik-debuut-enkelsnit-uit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2023\/02\/05\/die-kontrak-se-deidre-reik-debuut-enkelsnit-uit\/","title":{"rendered":"<em><strong>DIE KONTRAK<\/strong><\/em><strong>\u00a0SE DEIDR\u00c9 REIK DEBUUT-ENKELSNIT UIT<\/strong>"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Deidr\u00e9 Barnard<\/strong>\u00a0het kykers bekoor, onder die leiding van Dewald Wasserfall, tydens die eerste seisoen van die gewilde realiteitsreeks,\u00a0<em>Die Kontrak<\/em>, waarin sy derde ge\u00ebindig het.<\/p>\n\n\n\n<p>Nou is di\u00e9 jong sangsensasie terug in die kollig met \u2019n haar heel eerste amptelike enkelsnit\u2026 en dit uit haar eie pen!<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>BESKERM JOU HART<\/strong><\/em>&nbsp;is \u2019n pragtige popsnit met \u2019n moderne aanslag, wat gaan oor die belangrikheid daarvan om nie jouself te verloor in die seerkry van die lewe nie en is ge\u00efnspireer deur Spreuke 4:23.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek het in my lewe al baie seergekry en op die harde manier geleer dat almal se intensies nie altyd so suiwer en opreg is soos wat hulle voorgee nie,\u201d<\/em>&nbsp;deel di\u00e9 nuweling.&nbsp;<em>\u201cWat ek graag vir mense wil s\u00ea met di\u00e9 liedjie-konsep, is dit wat my nog altyd gedra het deur so \u2019n moeilike situasie: Dat ek weet wie ek is, wat vir my belangrik is en in Wie ek gegrond is. As jy dit beskerm en behou \u2013 dan kan die lewe kom met sy houe, niks gaan jou totaal en al van balans kan afgooi nie.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die liedjie is vervaardig deur Robin Kielly en l\u00ea haar na aan die hart. Sy glo ook dat dit sal aanklank vind by oud en jonk, omdat die boodskap universeel en opbouend is.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Musiekvideo van hierdie treffer is ook nou beskikbaar. Die video is by Brits Film Productions verfilm en Gerhard van Rooyen het die regie en vervaardiging behartig.<\/p>\n\n\n\n<p>Kyk die video hier:<\/p>\n\n\n\n<p>Deidr\u00e9 Barnard is gebore en geto\u00eb in die Strand. Sy sing al vir solank as wat sy kan onthou en het die musiekmark amptelik betree toe sy op die ouderdom van sestien derde ge\u00ebindig het in&nbsp;<em>Die Kontrak<\/em>&nbsp;in 2018.<\/p>\n\n\n\n<p>Sedertdien het sy \u2019n platekontrak gesluit met Inhoud Huis Musiek en nie net die kans gekry om deel te wees van die treffer-musiekblyspel,&nbsp;<em>Die Gelofte: \u2019n Musiekblyspel<\/em>&nbsp;in die rol van Magriet nie, maar ook om in te staan vir Bernice West in die hoofrol.<\/p>\n\n\n\n<p>Om betekenisvolle musiek, met \u2019n sterk boodskap, te skryf en sing is vir haar baie belangrik. Daarom vind sy aanklank by musikante soos Taylor Swift, Bernice West, Refentse, Riana Nell, Elandr\u00e9 en Chris Stapleton saam met wie sy nog almal sal wil werk in die toekoms.<\/p>\n\n\n\n<p>As sy enige ander beroep moes kies, sou sy steeds kreatief wou wees en \u2019n verskil wou maak. Sy verklap dat graag \u2019n blommeplaas sou wou h\u00ea, met \u2019n restaurant op die perseel waar mense kan eet en die natuurskoon geniet, en dat sy ook eendag graag \u2019n boek sou wou skryf.<\/p>\n\n\n\n<p>Haar planne vir 2023 sluit in om \u2019n kortspeelplaat uit te bring, na Pretoria te verhuis en haar musiekskool te vestig. Sy is ook betrokke by die musiekblyspel,&nbsp;<em>Die Kaplyn<\/em>, en hoop om soveel as moontlik vertonings te doen.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>BESKERM JOU HART<\/strong><\/em>&nbsp;is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier:<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie besonderse liedjie is \u2019n opwindende voorsmakie van wat luisteraars in die toekoms van hierdie jong sanger en liedjieskrywer kan verwag. Dit is \u2019n opgewekte snit, met dieper betekenis en \u2019n boodskap wat almal se harte sal raak.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Dis regtig \u2019n lekker liedjie, wat ook iets belangrik s\u00ea. Ongeag van jou bui of smaak, kan die lirieke beslis vir jou betekenis inhou. Andersins, is dit ook die perfekte liedjie om op te kuier en dans,\u201d<\/em>&nbsp;sluit sy af.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIAKSKALES:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong>&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/deidrebarnarddd\">https:\/\/www.facebook.com\/deidrebarnarddd<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong>&nbsp;@deidrebarnarddd<\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Gizela Sharim<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong>&nbsp;083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong>&nbsp;<a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\">gizela@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong>&nbsp;<a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deidr\u00e9 Barnard\u00a0het kykers bekoor, onder die leiding van Dewald Wasserfall, tydens die eerste seisoen van die gewilde realiteitsreeks,\u00a0Die Kontrak, waarin sy derde ge\u00ebindig het. Nou is di\u00e9 jong sangsensasie terug in die kollig met \u2019n haar heel eerste amptelike enkelsnit\u2026 en dit uit haar eie pen! BESKERM JOU HART&nbsp;is \u2019n pragtige popsnit met \u2019n moderne &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2023\/02\/05\/die-kontrak-se-deidre-reik-debuut-enkelsnit-uit\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;<em><strong>DIE KONTRAK<\/strong><\/em><strong>\u00a0SE DEIDR\u00c9 REIK DEBUUT-ENKELSNIT UIT<\/strong>&#8220;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":96,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-95","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"ru","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=95"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":97,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95\/revisions\/97"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media\/96"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=95"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=95"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=95"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}