{"id":927,"date":"2024-10-18T06:30:31","date_gmt":"2024-10-18T06:30:31","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=927"},"modified":"2024-10-18T06:30:33","modified_gmt":"2024-10-18T06:30:33","slug":"sharine-barnard-stel-haar-debuutalbum-en-n-splinternuwe-enkelsnit-vry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2024\/10\/18\/sharine-barnard-stel-haar-debuutalbum-en-n-splinternuwe-enkelsnit-vry\/","title":{"rendered":"SHARINE BARNARD STEL HAAR DEBUUTALBUM EN \u2019N SPLINTERNUWE ENKELSNIT VRY"},"content":{"rendered":"\n<p>Sanger en liedjieskrywer, <strong>Sharine Barnard<\/strong>, wat vir haarself \u2019n nis uitgekerf het met haar filosofiese uitkyk en die unieke wyse waarop sy die liefde in haar musiek ontleed, se debuutalbum is nou beskikbaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Die album, getiteld <em><strong>WORDS FAIL ME PART 1<\/strong><\/em>, bevat tien liedjies wat, volgens Barnard, die afgelope 18 maande van haar lewe en menswees saamvat. <em>\u201cSoms ervaar \u2019n mens dinge so intens dat dit voel of daar nie woorde is om dit te beskryf nie, asof \u2019n mens niks het om te s\u00ea nie. Maar die inhoud van die album verteenwoordig eintlik die teenoorgestelde. Elke liedjie spreek boekdele,\u201d <\/em>verduidelik sy.<\/p>\n\n\n\n<p>Agt van die snitte op die vrystelling, wat deur 2 Tone Records vervaardig is, is deur die musikant self geskryf.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Aanvanklik sou die album uit tien oorspronklike liedjies bestaan het, maar daar was sekere gebeurtenisse wat gedurende die skryf van die musiek \u2019n baie groot impak op my lewe gehad het. Een daarvan was die afsterwe van my musiekonderwyseres, wat \u2019n reuseleemte gelaat het. Ek het \u2018Sonvanger<\/em>\u2019 <em>opgeneem ter nagedagtenis aan haar en om te help om daardie verlies te verwerk. \u2018Wicked Game<\/em>\u2019 <em>was nog \u2019n lied wat my gedurende die maak van my album baie na aan die hart gel\u00ea het. Ek het dus besluit om di\u00e9 twee liedjies in te sluit omdat dit deel van my storie vorm.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Om die album te vier, het sy ook besluit om gelyktydig nog een van die enkelsnitte wat daarop verskyn vry te stel. <em><strong>Jy is my Babes <\/strong><\/em>volg kort op die hakke van <em>You\u2019re the Liar <\/em>en <em>While You Love Somebody Else <\/em>\u2013 saam met kletsrymer Joel Parker \u2013 wat baie goed deur radiostasies en luisteraars ontvang is.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>Jy is my Babes <\/strong><\/em>gaan oor hoe ons, soos ons ouer word en meer verantwoordelikhede het, vergeet om steeds spottend verlief te wees op ons maat. Die lied gaan oor om te onthou om mekaar af en toe te laat weet dat julle steeds van mekaar hou, so deur die besige gang van ons lewens. En om lekker goedjies saam te doen. <em>\u201cSo baie faktore dra by tot swak kommunikasie en min tyd, en dit is maklik om te vergeet hoe belangrik dit is om steeds verlief te wees en tyd vir mekaar te maak,\u201d <\/em>deel sy.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Hierdie liedjie gaan oor die gevoel van verlief wees. Dit vat jou terug na daardie \u2018eerste liefde\u2019 en die dom goed wat jy doen en s\u00ea as jy verlief is \u2013 oulike bynaampies en mekaar spot oor simpel goed word \u2019n integrale deel van hoe ons mekaar laat voel. Maar hoe ouer ons word en hoe meer verantwoordelikhede ons het, hoe makliker vergeet ons om spottend lief te h\u00ea, om te let op die dinge waarop ons aanvanklik verlief geraak het, en om soms sommer net laf te wees en grappies te maak.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Sharine is hierdie liedjie \u2013 wat sy op \u2019n vlug van Johannesburg na Kaapstad geskryf het \u2013 een van haar gunstelinge op <em><strong>WORDS FAIL ME PART 1<\/strong><\/em>. <em>\u201cDit is werklik \u2019n goedvoel-liedjie wat jou laat glimlag as jy daarna luister. Ons almal ken tog die gevoel van jonk en verlief wees, van sorgeloos wees en net die lekker uit die lewe tap.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Sy werk ook tans saam met Gerduan Kemp aan \u2019n musiekvideo vir hierdie snit. Die video, nes die enkelsnit, beklemtoon jonk en verlief wees, en beeld \u2019n jong paartjie op skool is uit. <em>\u201cDaar is iets spesiaal aan hoe jong paartjies tyd saam met mekaar prioritiseer, al is dit net \u2019n vinnige geselsie so tussen die akademie en sportoefeninge<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>deur \u2013 hoe hulle vir mekaar \u2019n vinnige drukkie gee, skaam glimlag, of sommer net uitbundig saam lag. Die video vang dit perfek vas,\u201d <\/em>verduidelik die sanger.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek hoop dit herinner mense daaraan dat dit belangrik is, ongeag hoe oud ons is of hoe lank ons al in \u2019n verhouding is, om te onthou om sorgeloos te lewe, tyd vir mekaar te maak, en sommer net weer verlief te wees.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>Jy is my Babes <\/strong><\/em>is die laaste snit op haar debuutalbum, wat 18 maande geneem het om te voltooi. <em>\u201cEk het dit werklik geniet om aan my album te werk \u2013 die reis van begin tot einde. Dit was \u2019n proses en dinge het soms in \u2019n oogwink verander. Vir die beste natuurlik! Want met musiek is daar geen grense nie. Dit is die wonder daarvan. Die ervaring het my ook geleer om geduldig te wees, en my net weer laat besef dat niks onmoontlik is nie.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Aangesien haar musiek so uiteenlopend is, en met die liedjies op haar album wat al die verskillende fases van iemand liefh\u00ea en verlief wees dek, voel Barnard dat \u2019n wye verskeidenheid luisteraars die album sal geniet en daarby aanklank sal vind.<\/p>\n\n\n\n<p>Di\u00e9 veelsydige vrou, wat in Jan Kempdorp grootgeword het, was nog altyd mal oor musiek, maar het eers in grendeltyd besluit om haar musiekdroom uit te leef. Haar ander groot liefdes is diere en gesondheid \u2013 di\u00e9 veelsydige vrou is die eienaar van Bagamoya Wildlife Estate, wat \u2019n veilige hawe bied vir leeus, ape, en selfs \u2019n tier, asook Ozone Clinic, \u2019n osoonterapie-kliniek wat kli\u00ebnte help met gesondheid, sportprestasie, sportsgenesing. Sy is self \u2019n kranige sportvrou en het al aan verskeie driekamp- en tweekamp-kampioenskappe deelgeneem.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy het ook het reeds aan haar volgende album begin beplan, en beoog om <em>Words Fail Me Part 2 <\/em>volgende jaar vry te stel. Ander planne vir 2025 sluit optredes reg oor Suid-Afrika in en <em>\u201com net die lewe te geniet en elke oomblik koester. \u2019n Mens besef nie aldag hoe vinnig tyd verbygaan en hoe kort die lewe eintlik is nie,\u201d <\/em>sluit sy af.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Die album en enkelsnit is nou aanlyn beskikbaar. Kry dit hier: <\/strong><a href=\"https:\/\/lnk.to\/JyIsMyBabes\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/lnk.to\/JyIsMyBabes<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>LYS VAN SNITTE:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><em>My Read-between-the-lines<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>While you love somebody else<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Poison <\/em>(akoestiese weergawe)<\/p>\n\n\n\n<p><em>I cry your name<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>You\u2019re the liar<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Whatever<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>When you look at me<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Poison <\/em>(volledige weergawe)<\/p>\n\n\n\n<p><em>Wicked Game <\/em>(stadige weergawe)<\/p>\n\n\n\n<p><em>Sonvanger<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Jy is my Babes<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/sharine.barnard\/\">https:\/\/www.facebook.com\/sharine.barnard\/<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong> @sharinebarnard<\/p>\n\n\n\n<p><strong>X:<\/strong> @SharineBarnard<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> <strong>TikTok:<\/strong> @sharine88<\/p>\n\n\n\n<p><strong>YouTube:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UC6Zcv-9dred5cHreBul9ZZg\">https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UC6Zcv-9dred5cHreBul9ZZg<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Gizela Sharim<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\">gizela@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sanger en liedjieskrywer, Sharine Barnard, wat vir haarself \u2019n nis uitgekerf het met haar filosofiese uitkyk en die unieke wyse waarop sy die liefde in haar musiek ontleed, se debuutalbum is nou beskikbaar. Die album, getiteld WORDS FAIL ME PART 1, bevat tien liedjies wat, volgens Barnard, die afgelope 18 maande van haar lewe en &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2024\/10\/18\/sharine-barnard-stel-haar-debuutalbum-en-n-splinternuwe-enkelsnit-vry\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;SHARINE BARNARD STEL HAAR DEBUUTALBUM EN \u2019N SPLINTERNUWE ENKELSNIT VRY&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":928,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-927","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"ru","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/927","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=927"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/927\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":929,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/927\/revisions\/929"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media\/928"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=927"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=927"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=927"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}