{"id":923,"date":"2024-10-14T06:49:50","date_gmt":"2024-10-14T06:49:50","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=923"},"modified":"2024-10-14T07:06:42","modified_gmt":"2024-10-14T07:06:42","slug":"geroep-vir-meer-om-suksesvol-te-lewe-bekendstelling-van-hykie-berg-se-nuutste-boek-n-reusesukses-en-behaal-ook-die-nr-1-topverkoper-in-die-land","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2024\/10\/14\/geroep-vir-meer-om-suksesvol-te-lewe-bekendstelling-van-hykie-berg-se-nuutste-boek-n-reusesukses-en-behaal-ook-die-nr-1-topverkoper-in-die-land\/","title":{"rendered":"GEROEP VIR MEER \u2013 OM SUKSESVOL TE LEWE: BEKENDSTELLING VAN HYKIE BERG SE NUUTSTE BOEK \u2019N REUSESUKSES EN BEHAAL OOK DIE NR 1 TOPVERKOPER IN DIE LAND!"},"content":{"rendered":"\n<p><a><\/a> Die bekendstelling van <em><strong>GEROEP VIR MEER \u2013 OM SUKSESVOL TE LEWE<\/strong><\/em>, die nuutste boek deur die gewilde akteur, entrepreneur en skrywer, <strong>Hykie Berg<\/strong>, was \u2019n reusesukses. Die boek het ook die nr 1 topverkoper posisie in die land behaal, binne slegs 2 weke!<\/p>\n\n\n\n<p>Berg s\u00ea hy het eintlik nie woorde nie<em>. \u201cJesus, Koning van my hart. Dankie aan my vrou Gerridene vir al jou liefde, geduld en bemoediging. Dankie Lemehtjie, familie en vriende asook Starburst Promotions vir julle ongelooflike insette en geloof in die visie vd boek, en dan ook my uitgewer Susan Jordaan by Lux Verbi dat jy my so bygestaan en uitgedaag het. En dan ook my innige dank aan elkeen waaroor ek in my boek kon skryf. Julle lewens en julle stories inspireer ons almal. Julle is die ware hero\u2019s.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die glansgeleentheid, wat op 11 Oktober by B|Loved Klein Teater in Pretoria plaasgevind het, is deur ongeveer 90 gaste, waaronder die media asook talle bekendes, bygewoon. Gaste is met wyn van die gewilde Van Loveren-wynlandgoed bederf terwyl Berg oor die inspirasie vir die boek gesels en daaruit voorgelees het.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>GEROEP VIR MEER \u2013 OM SUKSESVOL TE LEWE<\/strong><\/em>, sy derde boek, is geskryf vir di\u00e9gene wat meer uit die lewe wil h\u00ea as net die gewone en alledaagse. Die boek daag jou uit om \u2019n droom en \u2019n visie vir jou lewe te h\u00ea en hoe om ware betekenis te vind.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir die gewilde en geliefde akteur en skrywer \u2013 wat onlangs benoem is vir \u2019n Silwerskerm- sowel as \u2019n SAFTA-toekenning \u2013 was dit \u2019n wonderlike ervaring om vir gaste meer oor di\u00e9 inspirerende boek, waarin hy verklap wat hy die afgelope twee dekades oor sukses en hoe om dit te bereik geleer het, te vertel.<\/p>\n\n\n\n<p>Berg, wat nog nooit gehuiwer het om openlik oor sy uitdagende verlede te gesels in \u2019n poging om ander mense se lewens te verander nie, het tydens die boekbekendstelling ges\u00ea: <em>\u201cElkeen van ons is gebore om groot dinge te vermag. Maak nie saak waar jy vandaan kom of wie jou ouers is nie, hierdie boek sal jou help om \u2019n droom vir jou lewe te skep en dit te bereik. Dit bied die riglyne vir mense wat bereid is om aksie te neem, uit hul gemaksone te tree, en hulle vrese in die gesig te staar.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Terugvoer was oorweldigend positief en gaste, wat onder andere Eric Holm, Odelle de Wet, Adrian Steyn, Angelique Gerber, Gerald Steyn, Simone Pretorius, Diaan Daniels, Clint Brink, Tiaan Massyn en Cobus Visser ingesluit het, was vol lof oor die boek \u00e9n die man agter die publikasie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Hykie, liefste broer, dankie dat jy altyd vir my instaan wanneer ek nie kan nie, dis \u2018n eer om jou vriend te wees. Die aand was baie spesiaal, die boek is so vol van Hykie se s\u00ea-goed en dis ongelooflik dat hy \u2018n huldeblyk gebring het in \u2018n biografie aan al die mense om hom en dit is raar dat mense in soveel detail hulle invloed in hulle lewe uitwys en eer<\/em>,\u201d s\u00ea Holm.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Berg kon die geleentheid nie beter verloop het nie. <em>\u201cEk is dankbaar vir elkeen wat die bekendstelling bygewoon het en is ongelooflik opgewonde oor die belangstelling in my boek. Ek hoop dit inspireer mense om weer te begin droom en opgewonde te raak oor die eindelose moontlikhede wat die lewe bied en om die krag te ontdek wat binne elkeen van ons l\u00ea om \u2019n impakvolle lewe te lei.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Om meer mense te help om hul lewens met hierdie transformerende lees-ervaring te verander, is die eerste drie hoofstukke van <em><strong>GEROEP VIR MEER \u2013 OM SUKSESVOL TE LEWE<\/strong><\/em> gratis op sy webwerf beskikbaar. Teken in op <a href=\"http:\/\/www.hykieberg.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">www.hykieberg.com<\/a> om die PDF af te laai.<\/p>\n\n\n\n<p>Hykie woon tans in Johannesburg en het buiten vir sy toneelspel, tans sy rol in <em>Binnelanders, <\/em>ook die voorreg gehad om as die wenner van Survivor Maldives gekroon te word- die fase van sy lewe waarin hy self tot bekering gekom het.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy het al in talle rolprente en TV-reekse verskyn, \u2019n rits suksesvolle projekte aangepak en is vandag nie net \u2019n bekroonde akteur en TV-aanbieder nie, maar ook \u2019n internasionale spreker, \u2019n suksesvolle entrepreneur en \u2019n topverkoper-skrywer.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy vorige boeke sluit in <em>My Storie van Hoop<\/em>, <em>Ultimate Survivor<\/em> (die Engelse vertaling van <em>My Storie van Hoop<\/em>) wat ook \u2018n Tope Verkoper was en wat met die Andrew Murray Desmond Tutu-prys bekroon is, en <em>My Stryd met ADHD-Die Onsigbare Oorlog<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy is ook die ambassadeur van Creative Kidz, \u2019n skool wat remedi\u00ebrende onderwys en ondersteuning bied aan kinders met leeruitdagings.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>GEROEP VIR MEER \u2013 OM SUKSESVOL TE LEWE<\/strong><\/em> is aanlyn beskikbaar by: <a href=\"https:\/\/bit.ly\/GeroepVirMeer\">https:\/\/bit.ly\/GeroepVirMeer<\/a> of by uitgesoekte boekwinkels reg oor die land.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS:&nbsp;<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/hykieberg?mibextid=kFxxJD\">https:\/\/www.facebook.com\/hykieberg?mibextid=kFxxJD<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram<\/strong> \u2013&nbsp;@hykieberg<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Threads<\/strong> \u2013 @hykieberg<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf<\/strong> \u2013&nbsp;<a href=\"http:\/\/www.hykieberg.com\/\"><u>www.hykieberg.com<\/u><\/a>&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Gizela Sharim<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\"><u>gizela@starburstmusic.co.za<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\"><u>www.starburstmusic.co.za<\/u><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die bekendstelling van GEROEP VIR MEER \u2013 OM SUKSESVOL TE LEWE, die nuutste boek deur die gewilde akteur, entrepreneur en skrywer, Hykie Berg, was \u2019n reusesukses. Die boek het ook die nr 1 topverkoper posisie in die land behaal, binne slegs 2 weke! Berg s\u00ea hy het eintlik nie woorde nie. \u201cJesus, Koning van my &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2024\/10\/14\/geroep-vir-meer-om-suksesvol-te-lewe-bekendstelling-van-hykie-berg-se-nuutste-boek-n-reusesukses-en-behaal-ook-die-nr-1-topverkoper-in-die-land\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;GEROEP VIR MEER \u2013 OM SUKSESVOL TE LEWE: BEKENDSTELLING VAN HYKIE BERG SE NUUTSTE BOEK \u2019N REUSESUKSES EN BEHAAL OOK DIE NR 1 TOPVERKOPER IN DIE LAND!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":924,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-923","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"ru","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/923","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=923"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/923\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":926,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/923\/revisions\/926"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media\/924"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=923"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=923"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=923"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}