{"id":865,"date":"2024-07-01T07:05:50","date_gmt":"2024-07-01T07:05:50","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=865"},"modified":"2024-07-01T07:05:51","modified_gmt":"2024-07-01T07:05:51","slug":"gerduan-kemp-vier-sy-terugkeer-tot-die-musiekbedryf-met-nuwe-idioom-enkelsnit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2024\/07\/01\/gerduan-kemp-vier-sy-terugkeer-tot-die-musiekbedryf-met-nuwe-idioom-enkelsnit\/","title":{"rendered":"GERDUAN KEMP VIER SY TERUGKEER TOT DIE MUSIEKBEDRYF MET NUWE IDIOOM-ENKELSNIT"},"content":{"rendered":"\n<p>Aanhangers van die gewilde sanger, liedjieskrywer, fotograaf en musiekvideovervaardiger, <strong>Gerduan Kemp<\/strong>, het voorwaar rede om te glimlag.<\/p>\n\n\n\n<p>N\u00e1 drie jaar van stilswye, is hierdie talentvolle musikant uiteindelik terug voor die mikrofoon met \u2019n indrukwekkende enkelsnit waarmee hy ook lewe gee aan \u2019n splinternuwe idioom.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>KOFFIE IN DIE KROEG<\/strong><\/em> is \u2019n Afrikaanse pop-rock-snit wat die idee van die regte ding, wat op die verkeerde tyd en plek gebeur, verken.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek was een aand uit saam met vriende en het my verluister aan gesprekke wat mense rondom my het. Na \u2019n lang dag, was ek nie noodwendig lus om op daardie oomblik op daardie spesifieke plek te wees nie,\u201d<\/em> verduidelik hy oor die inspirasie agter die liedjie. <em>\u201cSkielik raak ek bewus van die feit dat ek die enigste persoon in die plek is wat met \u2019n beker koffie, en nie \u2019n glas of \u2019n botteltjie voor my sit nie. Dit het my laat dink aan hoe ons dikwels op die verkeerde tyd en plek die regte dinge doen, en so het die titel en idioom ontstaan: Koffie in die kroeg: Die regte ding op die verkeerde plek en tyd.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Hoewel die verse van die liedjie al \u2019n geruime tyd gelede geskryf is, het die perfekte woorde vir die koor hom bly ontwyk en het hy die hulp van sy vriend, Emil Paul, ingeroep om te help om dit te finaliseer en af te rond. Hugo Ludik van Muse Studios het die snit vervaardig.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir Kemp beteken hierdie enkelsnit baie, aangesien dit sy eerste vrystelling in drie jaar is. <em>\u201cOm weer na so lank \u2019n liedjie vry te stel wat so eerlik en rou is, is \u2019n baie opwindende, maar tog vreesaanjaende gevoel,\u201d <\/em>s\u00ea hy. <em>\u201cHierdie liedjie verteenwoordig \u2019n nuwe era in my musiekloopbaan en ek hoop dat dit aanklank sal vind by die luisteraars.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Natuurlik verdien so \u2019n uitsonderlike lied ook om in \u2019n musiekvideo verewig te word en het hulle dit reggekry om die tema en boodskap daarvan meesterlik saam te vat.<\/p>\n\n\n\n<p>Die video, wat by The Social Grill in Pretoria geskiet is, is deur Gerduan self vervaardig, met Abel Knobel agter die kamera, en speel af in \u2019n kroeg waar die sanger saam met sy vriende kuier en hy die storie vertel van wat hy rondom hom sien gebeur.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek wou graag die atmosfeer en die idee, gevoel van die liedjie in die video vasvang. Daar is ook tonele waar ek saam met \u2019n orkes die liedjie optree,\u201d<\/em> verklap die kunstenaar.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kyk die video hier<\/strong>: <a href=\"https:\/\/youtu.be\/OCOmITvEEkk?si=SB8RrgVz6KglNzSr\">https:\/\/youtu.be\/OCOmITvEEkk?si=SB8RrgVz6KglNzSr<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>KOFFIE IN DIE KROEG<\/strong><\/em> is sy vyfde vrystelling en sy vorige werk het groot sukses behaal, met sy debuut-album wat meer as 2 miljoen keer gestroom is op digitale platforms. Sy laaste enkelsnit, <em>Al Die Woorde<\/em>, wat hy saam met Tasha (<em>Die Kontrak 1<\/em>) opgeneem het, het ook wye erkenning gekry en is meer as 300 000 keer gestroom.<\/p>\n\n\n\n<p>Gerduan, wat in Bloemfontein groot geword het en tans in Pretoria woon, is al van skooltyd af passievol oor musiek. Hy het al die verhoog met van die land se grootste kunstenaars gedeel en \u2019n draai gemaak by verskeie Afrikaanse musiekfeeste. Hy is veral bekend vir treffers soos <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=79uHlALK0vM\"><em>Sesde Sintuig<\/em><\/a>, <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=RPoNy1oFxMI\"><em>Langpad na M\u00f4re<\/em><\/a> en <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=4v_-jJrX2Z4\"><em>Jou Tipe Jaloers<\/em><\/a>.<\/p>\n\n\n\n<p>Buiten vir musiek, is hy ook \u2019n uitstaande fotograaf en musiekvideovervaardiger met sy eie besigheid, <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/GerduanKempPhotoFilm\">Gerduan Kemp Photo &amp; Film<\/a>, wat al musiekvideo-projekte vir verskeie bekendes \u2013 waaronder Elandr\u00e9 en Kurt Darren \u2013 behartig het.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie veelsydige man is opgewonde oor die volgende hoofstuk in sy musiekloopbaan en met <em><strong>KOFFIE IN DIE KROEG<\/strong><\/em> is hy beslis op die regte pad.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Agter die titel van hierdie lied, l\u00ea eintlik \u2019n diep storie waarmee almal kan vereenselwig, juis omdat ons almal al \u201cdie regte ding op die verkeerde tyd en plek\u201d in ons eie lewens ervaar het. Ek wou graag vir almal wat my musiek luister iets gee waarvan hulle sal hou,\u201d<\/em> sluit hy af.<\/p>\n\n\n\n<p>Die enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier:<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\nhttps:\/\/social.tunecore.com\/linkShare?linkid=v829EoGi4YEt9ZjcHZvKmg\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/gerduankemp\">https:\/\/www.facebook.com\/gerduankemp<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong> @gerduan_kemp<\/p>\n\n\n\n<p><strong>YouTube:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCXPRZ8V6lklGKjA_F0hbKFA\">https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCXPRZ8V6lklGKjA_F0hbKFA<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Alani Coetsee<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 072&nbsp;442 6918<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:alani@starburstmusic.co.za\">alani@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Aanhangers van die gewilde sanger, liedjieskrywer, fotograaf en musiekvideovervaardiger, Gerduan Kemp, het voorwaar rede om te glimlag. N\u00e1 drie jaar van stilswye, is hierdie talentvolle musikant uiteindelik terug voor die mikrofoon met \u2019n indrukwekkende enkelsnit waarmee hy ook lewe gee aan \u2019n splinternuwe idioom. KOFFIE IN DIE KROEG is \u2019n Afrikaanse pop-rock-snit wat die idee &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2024\/07\/01\/gerduan-kemp-vier-sy-terugkeer-tot-die-musiekbedryf-met-nuwe-idioom-enkelsnit\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;GERDUAN KEMP VIER SY TERUGKEER TOT DIE MUSIEKBEDRYF MET NUWE IDIOOM-ENKELSNIT&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":866,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-865","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"ru","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/865","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=865"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/865\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":867,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/865\/revisions\/867"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media\/866"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=865"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=865"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=865"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}