{"id":646,"date":"2023-11-27T06:47:10","date_gmt":"2023-11-27T06:47:10","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=646"},"modified":"2023-11-27T06:47:11","modified_gmt":"2023-11-27T06:47:11","slug":"logan-pietersen-stel-n-emosiebelaaide-musiekvideo-vry-van-nuwe-bemoedigende-treffer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2023\/11\/27\/logan-pietersen-stel-n-emosiebelaaide-musiekvideo-vry-van-nuwe-bemoedigende-treffer\/","title":{"rendered":"LOGAN PIETERSEN STEL \u2019N EMOSIEBELAAIDE MUSIEKVIDEO VRY VAN NUWE BEMOEDIGENDE TREFFER"},"content":{"rendered":"\n<p>Die talentvolle sanger en liedjieskrywer, <strong>Logan Pietersen<\/strong>, het met sy nuutste enkelsnit \u2013 wat opgedra is aan almal wat oorsee moet werk en woon om vir hulself en hulle gesinne \u2019n toekoms te bou \u2013 net weereens bewys dat hy die kuns vervolmaak het om met harte te praat.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>BRING MY TERUG (H2-A)<\/strong><\/em> is nie net goed ontvang deur radiostasies en die publiek nie, maar het soveel strome op Spotify gekry dat die omslag vir \u2019n ruk lank die \u201cgesig\u201d van di\u00e9 platform se country-speellys was.<\/p>\n\n\n\n<p>Nou is hierdie nostalgiese snit, met sy opgewekte ritme en meesleurende melodie, terug in die kollig in die vorm van \u2019n treffende musiekvideo wat nou beskikbaar is.<\/p>\n\n\n\n<p>Di\u00e9 video, wat \u2019n kombinasie van beeldmateriaal van boere wat oorsee werk en tonele rondom \u2019n kampvuur by Gabbata Lodge in Pretoria insluit, is gemaak met die doel om diegene wat ver woon en verlang te laat tuis voel ver weg van die huis af.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek wou graag die H2-A-boere wat my genader het om die lied te skryf en op te neem en ook geld ingesamel het om dit te kon doen, deel maak van die video en hulle wys hoe baie ek hulle ondersteuning waardeer,\u201d<\/em> verduidelik hy oor die konsep agter die video. <em>\u201cEk het ook die idee gehad van \u2019n toneel rondom die kampvuur saam met goeie vriende en familie, want dit is tog so eg aan wie ons is en wat ons na aan die hart l\u00ea.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Volgens die musikant, is die boodskap agter sy eerste musiekvideo \u2013 net soos met die liedjie \u2013 een van samesyn, liefde, familie, musiek, kos, tradisie, trots en natuurlik om gelukkig te wees en dit alles te waardeer. Dit is vervaardiger deur Vonk se Tessa Jay Glanville en Storm Opperman en was beslis \u2019n ervaring wat hy nie gou sal vergeet nie.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kyk die video hier:<\/strong> <a href=\"https:\/\/youtu.be\/Uk0sw_Oyvcg\">https:\/\/youtu.be\/Uk0sw_Oyvcg<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Logan kom van Naboomspruit af en woon tans in Pretoria. Hy is die oudste van drie kinders en musiek was nog altyd sy grootste passie. Hy werk reeds vir meer as \u2019n dekade in die musiekbedryf en het al talle hoogtepunte behaal, soos om deur te dring na die Top 96 van seisoen drie van <em>The Voice SA<\/em> en die Top 46 van <em>Maak My Famous<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy s\u00ea: <em>\u201cEk staan nou eers bietjie terug met die kompetisies. Oor die afgelope paar jaar het ek aan genoeg deelgeneem, baie geleer en goeie mense ontmoet. Ek weet nou waarheen ek op pad is met my loopbaan en waar ek moet gaan.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Tans werk hy, op versoek, aan \u2019n liedjie vir die H2-A-dames wat moes agterbly in Suid-Afrika en baie moes opoffer. Hy is ook hard aan die werk om die formaat van sy vertonings te verander en is vasberade om soveel as moontlik lewendige optredes te doen in 2024, beide plaaslik en oorsee.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Die idee is om by meer feeste te probeer inkom, en daar is moontlike vertonings in Australi\u00eb, Dubai, Amerika en Namibi\u00eb waaroor ek baie opgewonde is. Dan wil ek ook kyk of ek borge kan kry om meer van my eie musiek te kan opneem, want dit was tot dusver finansieel nog net moontlik vir my om een enkelsnit op \u2019n slag te doen,\u201d<\/em> deel Pietersen oor sy doelwitte vir die volgende jaar.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>BRING MY TERUG (H2-A)<\/strong><\/em> is nou beskikbaar op alle digitale platforms en is die eerste van nog baie betekenisvolle snitte wat hierdie veelsydige man vir die toekoms beplan.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kry dit hier:<\/strong> <a href=\"https:\/\/linktr.ee\/loganpietersen\">https:\/\/linktr.ee\/loganpietersen<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/profile.php?id=100045252295855\">https:\/\/www.facebook.com\/profile.php?id=100045252295855<\/a><br><strong>Instagram:<\/strong> @l_o_g_a_n_29<\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Danelle Liebenberg El-Far<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 071&nbsp;534 7796<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:danelle@starburstmusic.co.za\">danelle@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\"><u>www.starburstmusic.co.za<\/u><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Logan Pietersen, het met sy nuutste enkelsnit \u2013 wat opgedra is aan almal wat oorsee moet werk en woon om vir hulself en hulle gesinne \u2019n toekoms te bou \u2013 net weereens bewys dat hy die kuns vervolmaak het om met harte te praat. BRING MY TERUG (H2-A) is nie &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2023\/11\/27\/logan-pietersen-stel-n-emosiebelaaide-musiekvideo-vry-van-nuwe-bemoedigende-treffer\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;LOGAN PIETERSEN STEL \u2019N EMOSIEBELAAIDE MUSIEKVIDEO VRY VAN NUWE BEMOEDIGENDE TREFFER&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":647,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-646","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"ru","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/646","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=646"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/646\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":648,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/646\/revisions\/648"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media\/647"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=646"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=646"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=646"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}