{"id":611,"date":"2023-11-03T07:40:46","date_gmt":"2023-11-03T07:40:46","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=611"},"modified":"2023-11-03T07:40:46","modified_gmt":"2023-11-03T07:40:46","slug":"petronel-baard-en-johan-liebenberg-span-kragte-saam-vir-hartroerende-duet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2023\/11\/03\/petronel-baard-en-johan-liebenberg-span-kragte-saam-vir-hartroerende-duet\/","title":{"rendered":"PETRONEL BAARD EN JOHAN LIEBENBERG SPAN KRAGTE SAAM VIR HARTROERENDE DUET"},"content":{"rendered":"\n<p>Wat gebeur wanneer twee begaafde musikante, soos <strong>Petronel Baard<\/strong> en <strong>Johan Liebenberg<\/strong>, besluit om \u2019n duet op te neem van \u2019n besonderse lied uit Helena Marais se pen?<\/p>\n\n\n\n<p>Jy kry \u2019n hoendervleismooi radiotreffer wat nie net die kieskeurigste oor sal tevrede stel nie, maar ook sal aanklank vind by \u2019n wye gehoor.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>MAG JY<\/strong><\/em> is \u2019n melodieuse samesmelting van pop, rock en alternatiewe klanke wat op \u2019n kragtige, tog weerlose, manier aan die luisteraar oorgedra word.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens die skrywer gaan di\u00e9 snit, wat vervaardig is deur Schalk Maas en David Cruickshank, oor goeie wense vir geliefdes en die hoop dat hulle lewensreis meer mooi as seer sal inhou.<\/p>\n\n\n\n<p>Die tema is ge\u00efnspireer deur die geboorte van haar vriendin se babadogter en hoe spesiaal dit vir haar was om te aanskou hoe \u2019n nuwe lewe die w\u00eareld inkom; met al die moontlikhede en uitdagings wat nog voorl\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Dit is \u2019n pragtige lied en die woorde en musiek bly \u2019n mens by lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het,\u201d<\/em> s\u00ea Petronel oor die tweede enkelsnit uit Marais se pen wat sy opneem. <em>\u201cDit het \u2019n sterk en tog sagte boodskap van liefde en ons dink luisteraars sal aanklank vind by die innige en opregte se\u00ebnwense wat daarin versteek l\u00ea.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Baard en Liebenberg, wie se paaie vir die eerste keer met di\u00e9 samewerking gekruis het, is baie opgewonde om die enkelsnit uiteindelik met die publiek te deel en sien ook uit om in 2024 saam \u2019n musiekvideo hiervoor op te neem.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Petronel is \u2019n nederige en opregte mens. Ek het dit baie geniet om saam met haar te werk en sien uit om te sien waarheen hierdie liedjie gaan,\u201d<\/em> s\u00ea hy.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy voeg by: <em>\u201cJohan is \u2019n spanspeler, talentvol, hardwerkend en baie gaaf. Dit was net \u2019n plesier om saam met hom te werk. Hy is \u2019n puik showman en musikant.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Petronel Baard<\/strong>, \u2019n passievolle musiekster met \u2019n strelende storievertellerstem, het oor die afgelope vyf-en-twintig-jaar reeds diep spore in die musiekbedryf kom trap.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy het in Villiersdorp grootgeword en was van kleins af versot op musiek. Haar uitsonderlike solo-stem is op die ouderdom van twaalf ontdek tydens \u2019n skoolopvoering van <em>Die Slapende Skoonheid<\/em> en net daar het die sang- en toneelgogga haar behoorlik gebyt. Na skool het sy Drama by Stellenbosch gaan studeer en in 1998 professioneel begin optree. Aan die einde van haar honneursjaar, het sy ATKV se Crescendo-kompetisie gewen en voltyds by die vermaakbedryf betrokke geraak.<\/p>\n\n\n\n<p>Oor die afgelope paar jaar het sy al verskeie optredes en toneelstukke gedoen en die geleentheid gehad om met kunstenaars te werk vir wie sy die w\u00eareld se respek het. Sy het ook al verskeie toekennings gewen, waaronder die Cordis Trust se Orde van die Beiteltjie vir haar volgehoue bydrae tot Afrikaanse kultuur en skryfkuns.<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer sy nie sing nie, werk di\u00e9 veelsydige vrou ook as mentor vir ATKV-Crecsendo en vervaardig haar eie verhoogproduksies wat by groot kunstefeeste opgevoer word. Sy het nog baie planne vir die toekoms en geniet dit om voltyds in die musiek- en teaterbedryf te wees.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Johan Liebenberg<\/strong>, oorspronklik van Walvisbaai in Namibi\u00eb, het op die ouderdom van 21 die sandduine verruil vir die stad om sy droom om \u2019n musikant te word na te jaag.<\/p>\n\n\n\n<p>In 2004 het hy sy buiging op die Barnyard-verhoog gemaak as kitaarspeler, maar sy sangtalent is gou ontdek waarna hy in 2009 deur Louis Moller en Duck Chowles genader is om Niel Diamond- en C\u00e9line Dion-huldeblykvertonings te doen.<\/p>\n\n\n\n<p>Oor die jare, het hy nie net saam met verskeie musikante gewerk op hulle en sy eie albums nie, maar ook die verhoog gedeel met, onder andere, Matthys Roets vir \u2019n <em>Cohen en Diamond<\/em>-vertoning en Chloe Eddy vir <em>Divas en Divos<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy is nie iemand wat kan stilsit nie en is konstant besig met nuwe musiekprojekte om die pot en sy kreatiwiteit aan die kook te hou. Die rol wat hy natuurlik die meeste geniet is die van pa wees vir sy veertienjarige dogtertjie, Mila.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>MAG JY<\/strong><\/em> is nou op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar en hierdie duet, met sy sterk temas van liefde en goeie wense, gaan verseker diep spore trap in die harte van Afrikaanse musiekliefhebbers.<\/p>\n\n\n\n<p>Kry die lied hier: <a href=\"https:\/\/petronelbaard.hearnow.com\/mag-jy\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/petronelbaard.hearnow.com\/mag-jy<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PETRONEL<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/petronelbaardmusic\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">https:\/\/www.facebook.com\/petronelbaardmusic<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong> @petronelbaardmusic<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.petronelbaard.com\/\">www.petronelbaard.com<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>YouTube:<\/strong> <a href=\"https:\/\/youtube.com\/@petronelbaard\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">https:\/\/youtube.com\/@petronelbaard<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>JOHAN<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook: <\/strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/johan.e.liebenberg\">https:\/\/www.facebook.com\/johan.e.liebenberg<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram: <\/strong>@johanliebenmila<\/p>\n\n\n\n<p><strong>YouTube:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCNX8nZM67Xj1xsBIfnfaGyA\">https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCNX8nZM67Xj1xsBIfnfaGyA<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Starburst Promosies<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Gizela Sharim<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel<\/strong>: 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos<\/strong>: <a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\">gizela@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf<\/strong>: <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat gebeur wanneer twee begaafde musikante, soos Petronel Baard en Johan Liebenberg, besluit om \u2019n duet op te neem van \u2019n besonderse lied uit Helena Marais se pen? Jy kry \u2019n hoendervleismooi radiotreffer wat nie net die kieskeurigste oor sal tevrede stel nie, maar ook sal aanklank vind by \u2019n wye gehoor. MAG JY is &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2023\/11\/03\/petronel-baard-en-johan-liebenberg-span-kragte-saam-vir-hartroerende-duet\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;PETRONEL BAARD EN JOHAN LIEBENBERG SPAN KRAGTE SAAM VIR HARTROERENDE DUET&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":612,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-611","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"ru","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/611","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=611"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/611\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":613,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/611\/revisions\/613"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media\/612"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=611"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=611"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=611"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}