{"id":588,"date":"2023-09-29T07:13:20","date_gmt":"2023-09-29T07:13:20","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=588"},"modified":"2023-09-29T07:13:21","modified_gmt":"2023-09-29T07:13:21","slug":"oogsorgbewustheidsmaand-gesonde-oe-n-prioriteit-vir-mnr-sa-finalis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2023\/09\/29\/oogsorgbewustheidsmaand-gesonde-oe-n-prioriteit-vir-mnr-sa-finalis\/","title":{"rendered":"OOGSORGBEWUSTHEIDSMAAND: GESONDE O\u00cb \u2019N PRIORITEIT VIR MNR. SA-FINALIS"},"content":{"rendered":"\n<p>Tydens 21 September tot 18 Oktober 2023 is Oogsorgbewustheidsmaand en word daar sterk fokus op ooggesondheid in Suid-Afrika geplaas. Die kranige sakeman en Mnr. SA Top 10-finalis, <strong>Tiaan Massyn<\/strong>, bestuur suksesvolle oogkundige praktyke in Pretoria en die Kaap en as oogkundige het hy eerstehandse ervaring van die impak van swak sig en ooggesondheid op mense se lewensgehalte.<\/p>\n\n\n\n<p>Daarom is Oogsorgbewustheidsmaand vir Tiaan baie belangrik. Sy doel is juis om oogsorg meer toeganklik en bekostigbaar te maak vir almal. <em>\u201c<\/em><em>Om gesonde o\u00eb te kan h\u00ea en <\/em><em>goed<\/em><em> te kan sien is sekerlik een van die grootste geskenke wat <\/em><em>\u2019<\/em><em>n mens kan ontvang<\/em><em>. Dit is egter iets wat baie van ons as<\/em><em> vanselfsprekend aanvaar. Vir my bied Oo<\/em><em>g<\/em><em>sorgbeswustheidsmaand \u2019n onmisbare geleentheid om mense op te voed oor die tekens en simptome van oogsiektes<\/em><em>,<\/em><em> wat moontlik na blindheid<\/em><em> kan lei<\/em><em>.<\/em><em>\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Verder, meen Massyn, is die toename in jongmense met swak sig skrikwekkend. <em>\u201cOns lewe in \u2019n digitale w\u00eareld waar kinders op \u2019n jong ouderdom reeds aan skerms blootgestel word. As gevolg hiervan is daar die afgelope paar jaar \u2019n reusetoename in miopie (bysiendheid),\u201d<\/em> verduidelik hy.<\/p>\n\n\n\n<p>Nog \u2019n kwessie wat mense nie sommer met ooggesondheid vereenselwig nie, is diabetes. Volgens Tiaan kan di\u00e9 siekte na diabetiese retinopatie lei, wat katastrofiese gevolge vir lyers se visie kan inhou. Dus moedig hy mense aan om tydens Oogsorgbewustheidsmaand nie net op hul eie visie te fokus nie, maar ook te let op die sig van die mense om hulle.<\/p>\n\n\n\n<p>Oktober is ook Geestesgesondheidsmaand en hierdie is ook \u2019n onderwerp wat di\u00e9 aantreklike 29-jarige na aan die hart l\u00ea. Sy lewensdoel is om mense te help wat deur moeilike tye gaan en te motiveer om hul drome te jaag en hul doel op aarde te vind.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Die <\/em><em>Mnr SA<\/em><em>-kompetisie<\/em><em> bied <\/em><em>\u2019n<\/em><em>ongelooflike <\/em><em>platform waar ek liefdadigheids<\/em><em>projekte en ander inisiatiewe<\/em><em> op <\/em><em>\u2019n groter<\/em><em> skaal <\/em><em>kan<\/em><em> dryf<\/em><em>. D\u00edt laat my toe om meer mense te help en <\/em><em>werklik <\/em><em>\u2019<\/em><em>n verskil <\/em><em>te<\/em><em> maak<\/em><em>,\u201d<\/em> s\u00ea Tiaan.<\/p>\n\n\n\n<p>Buiten die geleentheid om ander te help, is die kompetisie ook op persoonlike vlak vir hom baie betekenisvol. <em>\u201cDit is natuurlik <\/em><em>vreeslik lekker, maar ook baie uitdagend<\/em><em>. D<\/em><em>it bou karakter, help <\/em><em>jou<\/em><em> groei<\/em><em>,<\/em><em> en laat jou <\/em><em>ook <\/em><em>baie van jouself leer<\/em><em>.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Hy het homself ook reeds as \u2019n gunsteling gevestig en is hy aangewys as die Hirsch\u2019s-uitdaging se Augustus-wenner en die deelnemer met die meeste stemme vir Julie. Sy lof word deur talle aanlyn-bekendes met invloed besing en hy is baie geliefd onder sy pasi\u00ebnte en mede-deelnemers.<\/p>\n\n\n\n<p>Stem hier vir Tiaan: <a href=\"https:\/\/www.mrsa.co.za\/product-page\/mr-sa-2023-tiaan-massyn\">https:\/\/www.mrsa.co.za\/product-page\/mr-sa-2023-tiaan-massyn<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Alhoewel sy praktyke en die Mnr. SA-kompetisie hom geweldig besig hou, glo Tiaan in balans en maak hy dus tyd vir sy ander passie \u2013 musiek.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie talentvolle musikant en liedjieskrywer het vroe\u00ebr vanjaar sy indrukwekkende debuut-enkelsnit,&nbsp;<em>Die Son Kom Op<\/em>, vrygestel. Di\u00e9 betekenisvolle lied, wat deur Artistry Productions se Jattie de Beer vervaardig is, is juis ge\u00efnspireer is deur die uitdagings wat sy pasi\u00ebnte n\u00e1 die pandemie ervaar het.&nbsp;Hy is tans besig met die opname van \u2019n gewilde Johnny Clegg-verwerking en gepaardgaande musiekvideo, wat binnekort vrygestel gaan word.<\/p>\n\n\n\n<p>Tiaan moedig mense aan om tydens Oogsorgbewustheidsmaand \u2019n draai by hul oogkundige te maak. <em>\u201c<\/em><em>Om te kan sien is <\/em><em>\u2019n<\/em><em>ongelooflike<\/em><em>gawe<\/em><em> van God<\/em><em>. Ons o\u00eb vereis egter sorg en aandag. Met die regte behandeling en voorsorg kan baie sigprobleme voorkom word,\u201d<\/em> sluit hy af.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/tiaan.massyn\">https:\/\/www.facebook.com\/tiaan.massyn<\/a><br><strong>Instagram: <\/strong>tiaan_massyn<\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Alani Coetsee<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 072&nbsp;442 6918<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:alani@starburstmusic.co.za\">alani@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\"><u>www.starburstmusic.co.za<\/u><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tydens 21 September tot 18 Oktober 2023 is Oogsorgbewustheidsmaand en word daar sterk fokus op ooggesondheid in Suid-Afrika geplaas. Die kranige sakeman en Mnr. SA Top 10-finalis, Tiaan Massyn, bestuur suksesvolle oogkundige praktyke in Pretoria en die Kaap en as oogkundige het hy eerstehandse ervaring van die impak van swak sig en ooggesondheid op mense &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/2023\/09\/29\/oogsorgbewustheidsmaand-gesonde-oe-n-prioriteit-vir-mnr-sa-finalis\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;OOGSORGBEWUSTHEIDSMAAND: GESONDE O\u00cb \u2019N PRIORITEIT VIR MNR. SA-FINALIS&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":589,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[14,13],"tags":[],"class_list":["post-588","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-events","category-lifestyle"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"ru","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/588","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=588"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/588\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":590,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/588\/revisions\/590"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media\/589"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=588"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=588"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/ru\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=588"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}