{"id":889,"date":"2024-08-16T06:05:56","date_gmt":"2024-08-16T06:05:56","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=889"},"modified":"2024-08-16T06:05:57","modified_gmt":"2024-08-16T06:05:57","slug":"cobus-die-viking-visser-bied-n-inspirerende-blik-op-sy-lewe-met-die-vrystelling-van-nuwe-boek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2024\/08\/16\/cobus-die-viking-visser-bied-n-inspirerende-blik-op-sy-lewe-met-die-vrystelling-van-nuwe-boek\/","title":{"rendered":"COBUS \u201cDIE VIKING\u201d VISSER BIED \u2019N INSPIRERENDE BLIK OP SY LEWE MET DIE VRYSTELLING VAN NUWE BOEK"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Cobus \u201cdie Viking\u201d Visser<\/strong>, wat bekend is daarvoor om as spreker en afrigter sy eie lewenservaring te gebruik om ander te motiveer en te inspireer, se splinternuwe boek is nou beskikbaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Cobus is die boek, getiteld<em><strong> LOOP DEUR VUUR. #WATOOKALDITVAT<\/strong><\/em>, <em>\u201c\u2019n diep persoonlike vertelling van my lewensreis, gevul met uitdagings, stryd, en die onwrikbare drang om bo my omstandighede uit te styg. Dit is \u2019n verhaal wat nie net die fisiese en emosionele pyn wat ek as gevolg van my hemofilie ervaar het, dek nie, maar ook die krag van die menslike gees om teen alle verwagtinge in te triomfeer.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die boek, \u2019n meesleurende outobiografie, begin met Visser se vroe\u00eb lewe, wat oorskadu is deur sy gesondheidstryd, en kyk dan na die keerpunt in sy lewe \u2013 \u2019n ervaring wat hom nie net van opgee gered het nie, maar hom ook \u2019n nuwe lewensdoel gegee het. Dit duik dan dieper in sy bekende \u2018wat ook al dit vat\u2019-mentaliteit. Hy deel regdeur openhartig sy reis van selfontdekking, geloof, en die onwrikbare oortuiging dat alles moontlik is met toewyding en \u2019n passie om die w\u00eareld te verander.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>LOOP DEUR VUUR. #WATOOKALDITVAT<\/strong><\/em> bied egter nie net \u2019n inspirerende lewensverhaal nie, maar deel ook lewenslesse en insigte wat op persoonlike ontwikkeling fokus, met die skrywer wat die wysheid wat hy op sy pad na selfontdekking opgedoen het, deel.<\/p>\n\n\n\n<p>Die tema van \u2018lewe sonder spyt\u2019 \u2013 een van hierdie dinamiese man se lewensbeginsels \u2013 is \u2019n kernboodskap wat deur die boek weerklink. <em>\u201cDit is \u2019n herinnering dat ons elke oomblik ten volle moet lewe en dat ons die moed moet h\u00ea om ons drome na te jaag, selfs wanneer die pad vreesaanjaend lyk,\u201d<\/em> verduidelik hy. <em>\u201cDit gaan oor die keuses wat ons vir onsself maak, asook ons impak op die w\u00eareld rondom ons.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die inspirasie vir die boek spruit uit \u2019n lewensreis vol uitdagings en oorwinnings, sowel as \u2019n diepe innerlike roeping om sy nalatenskap neer te pen, meen Cobus. <em>\u201cDie besef dat my verhaal die potensiaal het om nie net ander mense te inspireer en te motiveer nie, maar ook \u2019n bron van inspirasie vir my kinders en toekomstige geslagte te wees, het die skryfproses \u2019n nuwe betekenis gegee. Hierdie boek is dus nie net die vervulling van \u2019n persoonlike droom nie, maar ook \u2019n manier om \u2019n blywende impak te maak, om \u2019n boodskap van krag, hoop, en deursettingsvermo\u00eb na te laat.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>In <em><strong>LOOP DEUR VUUR. #WATOOKALDITVAT<\/strong><\/em> beklemtoon hy die belangrikheid van \u2019n positiewe ingesteldheid, selfliefde, en die krag van geloof \u2013 nie net in \u2019n ho\u00ebr krag nie, maar ook in onsself. Hy beskryf dit as <em>\u201c\u2019n oproep tot aksie vir elke leser om hul eie potensiaal te herken en te omarm, om die beperkende oortuigings wat ons terughou, te laat vaar, en om die lewe voluit te leef. Dit is ook \u2019n herinnering dat die reis na selfontdekking en persoonlike groei nooit eindig nie. Dit is \u2019n voortdurende proses van leer, groei, en aanpassing. Deur ons uitdagings te oorkom, kan ons nie net ons eie lewens verbeter nie, maar ook \u2019n positiewe invloed op die lewens van diegene rondom ons h\u00ea.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Alhoewel Cobus gereeld as motiveringspreker sy lewenservaring en -lesse met ander deel, beskou hy die geleentheid om di\u00e9 boek uit te reik as \u2019n eer en groot verantwoordelikheid. <em>\u201cDie inspirasie om te skryf kom uit \u2019n begeerte om te verbind met ander, om menslike ervarings te deel wat oor grense en generasies heen weerklink. Deur my verhaal te deel, hoop ek om \u2019n brug te bou tussen my eie lewe en die van die leser, om aan te toon dat, ongeag ons verskille, ons almal deel is van die ryk, ingewikkelde weefsel van die mensdom. Di\u00e9 boek is my manier om op \u2019n diep en betekenisvolle vlak met mense te verbind, om hulle te wys dat hulle nie alleen is in hul stryd nie, en om hulle te inspireer om hul eie innerlike krag en potensiaal te ontdek en te ontgin.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die skryfproses was ook vir hom \u2019n vorm van genesing. <em>\u201cDit is \u2019n proses waardeur ek my eie ervarings kon verwerk, my eie leer en groei kon erken, en \u2019n manier om dankbaarheid uit te druk vir my lewe en die mense wat my ondersteun en ge\u00efnspireer het.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Hy deel verder dat die boek se titel die kern van sy persoonlike en professionele reis weerspie\u00ebl en hoe di\u00e9 reis \u2013 gekenmerk deur twee gebeurtenisse wat sy lewe radikaal verander het \u2013 die grondslag vir sy lewensfilosofie geword het.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Die eerste deel verwys na die letterlike vuurloop-ervaring wat \u2019n keerpunt in my lewe was. Hierdie ervaring het my nie net van moedeloosheid gered nie, maar het ook \u2019n nuwe doel in my lewe ontbloot. Die tweede deel is ontleen aan my Kilimanjaro-ervaring, waartydens ek diep in myself moes delf om die nodige krag en vasberadenheid te vind om die berg te oorwin. Dit het my aangemoedig om nie op te gee nie, om vrees te trotseer, en om te doen wat ook al nodig is om my doelwitte te bereik, ongeag die uitdagings,\u201d<\/em> verduidelik hy. <em>\u201cDie titel dra die krag van transformasie oor, die geloof in die onmoontlike, en die belangrikheid van vasberadenheid op ons pad na selfontdekking en vervulling.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Buiten die vrystelling van sy boek bly sy besigheidskonsultasie-onderneming sy prim\u00eare fokus. <em>\u201cEk is passievol daaroor om maatskappye te help bou aan \u2019n kultuur van piekprestasie, wat nie net hul finansi\u00eble sukses verhoog nie, maar ook \u2019n omgewing skep waarin elke lid van die span hul volle potensiaal kan bereik.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Hy sien ook uit na meer w\u00eareldwye spreekgeleenthede, en is reeds besig met die beplanning vir sy volgende boek, wat spesifiek op besighede gemik sal wees.<\/p>\n\n\n\n<p>Op persoonlike vlak is sy gesondheid en welstand sy sleutelprioriteit. Hy is ook besig om sy volgende avontuur, wat nie net fisies uitdagend is nie, maar is ook geleenthede vir selfontdekking en geestelike groei bied, te beplan.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Elkeen van my doelwitte is nou verweef met die ander, en saam vorm hulle \u2019n omvattende plan vir groei en ontwikkeling. Deur hierdie doelwitte na te streef, hoop ek om nie net my eie lewe te verryk nie, maar ook \u2019n betekenisvolle verskil te maak in die w\u00eareld om my,\u201d<\/em> deel hy.<\/p>\n\n\n\n<p>Die hedendaagse \u2018viking\u2019 was ook onlangs betrokke by twee episodes van <em>Stralend<\/em>, die nuwe realiteitsprogram. \u201c<em>Dit was \u2019n besondere ervaring waartydens die aspekte van skoonheid en selfbeeld dieper aangespreek is, en was \u2019n herinnering dat elkeen van ons \u2019n unieke skoonheid het wat van binne begin, iets wat nie deur uiterlike omstandighede bepaal word nie, maar deur ons eie selfaanvaarding en die liefde wat ons vir onsself en vir ander het.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Cobus het ook op 14 Augustus 2024 \u2019n eksklusiewe boekbekendstelling gehad by Centurion Country Club, waar gaste vermaak is deur interaktiewe dromme en die geleentheid gehad het om deel te naam aan vuur- en glasloop. Hykie Berg, Abel Knobel, Carla Strauss, Kerry Botha, familie en vriende het hierdie opwindende funksie bygewoon.<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> Cobus het in 2013 homself in die hospitaal bevind en kon nie beweeg nie. In plaas daarvan om op te gee, het hy besluit dat sy liggaam nie langer sy tronk sou wees nie. Ten spyte van sy toestand het hy ongelooflike fisiese prestasies behaal, insluitend om in 2018 Kilimanjaro met krukke aan te durf \u2013 iets wat hom amper sy lewe gekos het. Sedertdien het hy dit sy lewensdoel gemaak om ander te help om hulle topprestasie te bereik en oor die jare met honderde individue, besigheidsleiers en mense met gestremdhede gewerk.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy het \u2019n BBA-graad in bemarkingsbestuur van die IMM Graduate School en is in die proses om sy MBA in bemarking te voltooi aan die Universiteit van Edinburgh. Hy is ook \u2019n gesertifiseerde meester-vuurloop-instrukteur, \u2019n gesertifiseerde NLP-lewensafrigter, \u2019n uitvoerende besigheidsafrigter, en \u2019n ShadowMatch- en enneagram-fasiliteerder. Daarbenewens het hy onder andere kursusse in toegepaste sportsielkunde, Train the Trainer en geesteskrag voltooi.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy is reeds twee keer met die <em>Men of Valour<\/em>-toekenning vereer en leef volgens twee beginsels \u2013 #watookalditvat en #leefsonderspyt.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>LOOP DEUR VUUR. #WATOOKALDITVAT<\/strong><\/em> is meer as \u2019n outobiografie; dit is \u2019n poging om \u2019n padkaart te verskaf vir diegene wat hul eie uitdagings in die gesig staar en om hulle te inspireer om deur hul eie \u2018vuur te stap\u2019.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Hierdie is nie net my storie nie; dit is \u2019n oproep tot aksie vir elkeen wat die boek optel. Dit is \u2019n uitnodiging om diep in jou eie lewe te delf, om die krag van jou eie hart te ontdek, en om elke dag te leef met \u2019n onwrikbare verbintenis tot hoop, liefde, en \u2019n lewe sonder spyt. Dit is my diepste hoop dat hierdie boek \u2019n katalisator sal wees vir verandering, nie net in die lewens van individuele lesers nie, maar in die w\u00eareld as \u2019n geheel. Deur ons eie vure te stap, kan ons saam \u2019n helderder, meer liefdevolle toekoms skep,\u201d<\/em> sluit hy af.<\/p>\n\n\n\n<p>Die boek is hier beskikbaar: <a href=\"https:\/\/cobusvisser.groovepages.com\/cobusbook2024\">https:\/\/cobusvisser.groovepages.com\/cobusbook2024<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook: <\/strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/CobusVisserViking8\">https:\/\/www.facebook.com\/CobusVisserViking8<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong> <a href=\"https:\/\/l.facebook.com\/l.php?u=https%3A%2F%2Fwww.instagram.com%2Fcobusvisser_supermanlife7%2F%3Ffbclid%3DIwAR2qrhp5FLesEB7SnTaCilwcQEIZhA2c3b2YLrVwbNvK1ZmFCvUjYfWyZjE&amp;h=AT2Yr75F2FrTco7krMdya5UQ33nWvyUgggzstKVKaATGlrB0I4GAStgHh0Y2vDRSgpPi6JK6GKTTafp742QsjO4UiKLctrueK5Z6QRjPAXp3yMHTqVjAkpWt3Ao0_m3cHZ7Jng\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">https:\/\/www.instagram.com\/cobusvisser_supermanlife7\/<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf: <\/strong><a href=\"http:\/\/www.cobusvisser.com\/\">www.cobusvisser.com<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Starburst Promosies<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Alani Coetsee<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 072&nbsp;442 6918<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> <strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:alani@starburstmusic.co.za\">alani@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Cobus \u201cdie Viking\u201d Visser, wat bekend is daarvoor om as spreker en afrigter sy eie lewenservaring te gebruik om ander te motiveer en te inspireer, se splinternuwe boek is nou beskikbaar. Volgens Cobus is die boek, getiteld LOOP DEUR VUUR. #WATOOKALDITVAT, \u201c\u2019n diep persoonlike vertelling van my lewensreis, gevul met uitdagings, stryd, en die onwrikbare &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2024\/08\/16\/cobus-die-viking-visser-bied-n-inspirerende-blik-op-sy-lewe-met-die-vrystelling-van-nuwe-boek\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;COBUS \u201cDIE VIKING\u201d VISSER BIED \u2019N INSPIRERENDE BLIK OP SY LEWE MET DIE VRYSTELLING VAN NUWE BOEK&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":890,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-889","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"fr","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/889","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=889"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/889\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":891,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/889\/revisions\/891"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/890"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=889"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=889"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=889"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}