{"id":855,"date":"2024-06-07T07:50:38","date_gmt":"2024-06-07T07:50:38","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=855"},"modified":"2024-06-07T07:50:38","modified_gmt":"2024-06-07T07:50:38","slug":"huisgenoot-kroon-mej-tiener-2024","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2024\/06\/07\/huisgenoot-kroon-mej-tiener-2024\/","title":{"rendered":"HUISGENOOT KROON MEJ. TIENER 2024"},"content":{"rendered":"\n<p>Die kompetisie was straf, maar die stemme is in en Carli Oosthuizen is <em>Huisgenoot<\/em> se Mej. Tiener 2024!<\/p>\n\n\n\n<p>Carli, wat een van honderde meisies was wat vir di\u00e9 gesogte titel ingeskryf het, is 17 jaar oud en woon in Senekal in die Vrystaat.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie skoonheid was van die begin af \u2019n gunsteling onder lesers en ten spyte van \u2019n baie sterk top 10 \u2013 Amy-Leigh Shirley, An\u00e9 Lamprecht, Danielle Joubert, Hildegard Havenga, Jackie de Klerk, Lily Mtsweni, Mareli Jordaan, Telisa van Heerden en Tiara van Wyk \u2013 het sy uiteindelik as oorwinnaar uit die stryd getree.<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> \u201cOm Mej. Tiener te wen, voel soos \u2019n droom. Asof iemand my gaan knyp en s\u00ea: \u2018Word wakker!\u2019. Ek voel baie ge\u00eberd en gese\u00ebnd en ek is ongelooflik dankbaar. Ek is dankbaar vir die Liewe Here wat my so gese\u00ebn het en dankbaar vir die mense wat agter my staan en my ondersteun het,\u201d s\u00ea sy. \u201cDis vir seker iets onbeskryfliks en ek kan nie wag vir dit wat nog voorl\u00ea nie. Ek sal die platform ten volle benut en my liggie baie helder vir ander laat skyn. Ek sal definitief net myself bly en die liefde van my familie en vriende koester\u201d, s\u00ea Carli.<\/p>\n\n\n\n<p><em>Huisgenoot<\/em> het vanjaar besluit om hierdie gewilde kompetisie, wat oorspronklik in 1962 begin het, na baie jare te laat herleef in \u2019n splinternuwe, moderne formaat om \u2019n splinternuwe generasie lesers, tussen die ouderdom van 13 en 18, te bereik.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Dit was vir <\/em><em><strong>Word Leisure Holidays<\/strong><\/em><em> \u2019n groot voorreg om deel te wees van hierdie opwindende kompetisie en ons wil graag vir Carli geluk wens met haar oorwinning. Sy het dit reggekry om in \u2019n kort tydjie in die harte van baie Suid-Afrikaners te kruip en ons hoop dat dit net die begin is van groot en wonderlike dinge vir hierdie dinamiese en inspirerende tiener,\u201d<\/em> s\u00ea Elaine Durr, bedryfsdirekteur van di\u00e9 gesogte toeroperateur wat een van die borge is van die kompetisie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die publiek kon vir hul gunsteling stem op die kompetisie se spesiale stemblad op huisgenoot.com waar die top-10 se video\u2019s en foto\u2019s verskyn het.<\/p>\n\n\n\n<p>Buiten vir die titel, stap Carli ook weg met:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>\u2019n Vakansie vir haar en haar gesin in Mauritius, geborg deur World Leisure Holidays.<br><br><\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n Artikel in <em>Huisgenoot<\/em>, met haar foto op die voorblad. Die artikel sal ook op huisgenoot.com verskyn en op <em>Huisgenoot <\/em>se sosiale media gedeel word.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Mej. Tiener sal as model op <em>Huisgenoot<\/em> se modeblaaie pryk en \u2019n gas-aanbieder wees in \u2019n program op die VIA-televisiekanaal.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>\u2019n Pryspakket van Tapputi Egyptian Perfume Oils wat vyf botteltjies parfuumolie, notaboeke en drasakke insluit. Sy kan ook genooi word om as model in bemarkingsmateriaal vir di\u00e9 handelsnaam te verskyn.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>R10 000 kontant.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ons is so bly dat die kompetisie herleef en is baie opgewonde oor Carli wat as die wenner aangewys is. Dit was \u2019n voorreg om vir hierdie inspirerende tieners \u2019n platform te gee om hulself aan die publiek bekend te stel,\u201d<\/em> s\u00ea <em>Huisgenoot<\/em> se redakteur van spesiale projekte, Charlea Sieberhagen-Grey.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Vir \u2019n meer veelsydige Mej. Tiener 2024 sou ons nie kon vra nie \u2013 ons is so bly vir Carli en ontsettend trots op haar,\u201d<\/em><em>s<\/em><em>\u00ea Huisgenoot-redakteur, Yvonne Beyers.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>WORLD LEISURE HOLIDAYS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong>&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/WorldLeisureHolidays\">https:\/\/www.facebook.com\/WorldLeisureHolidays<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong> @worldleisureholidays<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf: <\/strong><a href=\"http:\/\/www.wlh.co.za\/\">www.wlh.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>HUISGENOOT<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook: <\/strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/huisgenoot?mibextid=ZbWKwL\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/www.facebook.com\/huisgenoot?mibextid=ZbWKwL<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram: <\/strong><a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/huisgenoot?igsh=Y3Y4MDl2cGwxd3dk\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/www.instagram.com\/huisgenoot?igsh=Y3Y4MDl2cGwxd3dk<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>TikTok:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.tiktok.com\/@huisgenoot?_t=8jLdd3g59hW&amp;_r=1\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/www.tiktok.com\/@huisgenoot?_t=8jLdd3g59hW&amp;_r=1<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>X: <\/strong><a href=\"https:\/\/x.com\/huisgenoot?t=JPtLp0BMqurLkO_gMbcgBQ&amp;s=09\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/x.com\/huisgenoot?t=JPtLp0BMqurLkO_gMbcgBQ&amp;s=09<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf: <\/strong><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/huisgenoot\">https:\/\/www.netwerk24.com\/huisgenoot<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT EN BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOTIONS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Gizela Arndt<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos<\/strong> <a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\">gizela@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die kompetisie was straf, maar die stemme is in en Carli Oosthuizen is Huisgenoot se Mej. Tiener 2024! Carli, wat een van honderde meisies was wat vir di\u00e9 gesogte titel ingeskryf het, is 17 jaar oud en woon in Senekal in die Vrystaat. Hierdie skoonheid was van die begin af \u2019n gunsteling onder lesers en &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2024\/06\/07\/huisgenoot-kroon-mej-tiener-2024\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;HUISGENOOT KROON MEJ. TIENER 2024&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":856,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[14,13],"tags":[],"class_list":["post-855","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-events","category-lifestyle"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"fr","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/855","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=855"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/855\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":857,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/855\/revisions\/857"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/856"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=855"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=855"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=855"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}