{"id":639,"date":"2023-11-20T06:27:43","date_gmt":"2023-11-20T06:27:43","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=639"},"modified":"2023-11-20T06:27:43","modified_gmt":"2023-11-20T06:27:43","slug":"gholf-in-die-paradys-speel-n-toernooi-in-mauritius-saam-met-van-die-land-se-gewildste-sportsterre","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2023\/11\/20\/gholf-in-die-paradys-speel-n-toernooi-in-mauritius-saam-met-van-die-land-se-gewildste-sportsterre\/","title":{"rendered":"GHOLF IN DIE PARADYS: SPEEL \u2019N TOERNOOI IN MAURITIUS SAAM MET VAN DIE LAND SE GEWILDSTE SPORTSTERRE"},"content":{"rendered":"\n<p>Mauritius is \u2019n ware paradys en die ideale vakansiebestemming. Om gholfspelers die geleentheid te gee om \u2019n paar van hierdie eiland se uitmuntende gholfbane eerstehands te ervaar, bied World Leisure Holidays (WLH), in samewerking met <em>Beeld<\/em>, volgende jaar \u2019n weeklange gholftoernooi in Mauritius aan.<\/p>\n\n\n\n<p>Alle gholfspelers, ongeag van jou voorgee of ervaring, word genooi om aan hierdie eerste-van-sy-soort geleentheid deel te neem, wat vanaf 7 tot 14 September op drie van die eiland se bekendste gholfbane gespeel sal word.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Elaine Durr, bedryfsdirekteur van WLH, was dit \u2019n baie maklike besluit om hierdie unieke toernooi in Mauritius te hou. <em>\u201cMauritius is die ideale bestemming vir hierdie tipe toernooi, omdat die bane van die mooiste in die w\u00eareld is en geskik is vir spelers van enige vaardigheidsvlak. Dit is ook slegs \u2019n vier ure vlug van Suid-Afrika af.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Deelnemers sal bederf word met vier aande in die Mauritiaanse hotelgroep Sun<em>Life<\/em> se vyfster <a href=\"https:\/\/wlh.co.za\/sugar-beach-mauritius\/\">Sugar Beach Resort<\/a>, en drie aande in sy vyfster <a href=\"https:\/\/wlh.co.za\/long-beach-mauritius\/\">Long Beach Resort<\/a>, onderskeidelik. Eersgenoemde is onlangs opgeknap en bied \u2019n opwindende kombinasie van die verlede en die hede, met glansryke antieke elemente en moderne luuksheid vir \u2019n onvergeetlike vakansie-ervaring, terwyl laasgenoemde sjiek en moderne verblyf langs die ongetemde ooskus bied.<\/p>\n\n\n\n<p>Die toernooi sal op drie van die eiland se mees skouspelagtige bane gespeel word: Ile aux Cerfs, \u2019n 18-putjie par-72-kampioenskapgholfbaan ontwerp deur Bernhard Langer; Anahita-gholfbaan, \u2019n 18-putjie par-72-kampioenskapgholfbaan ontwerp deur Ernie Els; en die tegnies uitdagende 18-putjie par-72 kampioenskap Tamarina-gholfbaan, die langste op die eiland, ontwerp deur Rodney Wright.<\/p>\n\n\n\n<p>Durr s\u00ea verder: <em>\u201cOm die toernooi op drie bane te speel, sal nie net gholfspelers se vaardighede en vermo\u00ebns uitdaag nie, maar sal ook wys wat die eiland het om te bied. Dit gaan alles oor gholfspeel in die paradys.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Oor die geleentheid om hierdie opwindende avontuur saam met WLH aan te pak, s\u00ea <em>Beeld<\/em> se handelsmerkbestuurder Cornette Zietsman: <em>\u201cOns werk al \u2019n geruime tyd saam met WLH aan projekte wat tot dusver baie suksesvol was, daarom is ons opgewonde om deel te wees van hierdie unieke en eksklusiewe gholfweek. Wat dit ekstra spesiaal maak, is dat spelers hulle vrou of man kan saamvat en ons glo dat ons lesers sal aanklank vind by hierdie week van sand, see, gholf en lekker kuier.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Om dinge nog meer opwindend te maak, sal deelnemers vergesel word deur sportpersoonlikhede soos JP Duminy, Breyton Paulse, Alwyn Hollenbach en Jonny Davids, wat almal uitsien na see, son en stokke swaai.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Mauritius is regtig die ideale bestemming. Dis net \u2019n kort vlug weg van Johannesburg af, jy het nie nodig om aansoek te doen vir \u2019n visa nie, die weer en mense is ongelooflik en die gholfbane kan kers vashou by die bestes in die w\u00eareld. Verder is die hotelle, kos en vermaak ook van uitstaande gehalte. Dit gaan lekker wees om \u2019n bietjie son te kry, mengeldrankies te drink, gholf te speel en tyd op die strand deur te bring,\u201d<\/em> s\u00ea Duminy.<\/p>\n\n\n\n<p>Paulse stem heelhartig saam: <em>\u201cEk sien baie uit daarna om lekker herinneringe te maak en natuurlik van die ander aktiwiteite, buiten gholf, uit te toets want dis altyd pret. Mauritius gee jou ook daai lekker gevoel van vakansie en dis \u2019n pragtige bestemming, met die mooiste gholfbane, so ek sien baie uit.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Hollenbach en Davids, van kykNET se <em>Ysters op die Landgoed<\/em>, is net so opgewonde.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Mauritius is op almal se wenslys,\u201d<\/em> s\u00ea Davids. <em>\u201cEk kan nie wag om die mense en kultuur van die eiland te ervaar en nuwe vriende te maak terwyl ek \u2019n paar rondes gholf kan speel op bane wat deur Ernie Els en Rodney Wright ontwerp is nie \u2013 wat \u2019n voorreg!\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Hollenbach voeg by: <em>\u201cTerwyl ek professioneel rugby gespeel het, het ek baie min kans gehad vir gholf en na my aftrede het ek uitgesien om meer tyd op die baan te spandeer. Buiten daarvoor dat ek nog nooit in Mauritius gespeel het nie en uitsien na die uitdagings wat dit gaan bied, voel ek ook bevoorreg om deel te wees van so \u2019n wonderlike geleentheid.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die Mauritius-gholftoernooi kan bespreek word teen R29&nbsp;700* per persoon wat deel of R39&nbsp;700* per enkelkamer en sluit in:<\/p>\n\n\n\n<p>Vlugte van Johannesburg, insluitend lughawebelasting<\/p>\n\n\n\n<p>4 nagte se verblyf (sommige etes ingesluit) by Sugar Beach Resort<\/p>\n\n\n\n<p>3 nagte se verblyf (sommige etes ingesluit) by Long Beach Resort<\/p>\n\n\n\n<p>Drie rondes gholf, insluitend \u2019n gholfkarretjie<\/p>\n\n\n\n<p>Vervoer tussen hotelle<\/p>\n\n\n\n<p>Verwelkomingsete<\/p>\n\n\n\n<p>Prysoorhandigingsete op die laaste aand<\/p>\n\n\n\n<p>*\u2019n Nie-terugbetaalbare deposito van R3&nbsp;000 word vereis om jou bespreking te bevestig en die balans moet 30 dae voor die vertrekdatums vereffen word. Tariewe is onderhewig aan verandering vanwe\u00eb die wisselkoers en terme en voorwaardes geld.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir spelers wat \u2019n span van 2 x 4-balle inskryf \u2013 die 8ste speler sal gratis bly en speel en slegs vir vlugte en lughawebelasting betaal, so nooi nou jou vriende om jou op hierdie eksklusiewe ervaring te vergesel!<\/p>\n\n\n\n<p>Di\u00e9 uitstappie bied egter veel meer as net gholf en deelnemers kan ook uitsien na baie uiteenlopende aktiwiteite en ervarings wat by die onderskeie Sun<em>Life<\/em>-oorde beskikbaar is, met beide wat \u2019n verskeidenheid kroe\u00eb en restaurante, vermaak, en \u2019n keuse van sport- en ontspanningsgeriewe bied. As deel van die onlangse handelsmerkvernuwing van Sun Resorts, het Sun<em>Life<\/em> ook die <a href=\"https:\/\/www.yoursunlife.com\/experiences\/\">Come Alive Collection<\/a> bekendgestel, wat \u2019n reeks unieke oordervarings vir gaste bied.<\/p>\n\n\n\n<p>Diegene wat \u2019n bietjie avontuur by hul reis wil voeg, moet onthou dat Long Beach Resort \u2019n 1.3 km strand, \u2019n w\u00eareldklas spa, en \u2019n reeks aktiwiteite bied, van watersport tot muurklim en boogskiet.<\/p>\n\n\n\n<p>Om plek te bespreek of navraag te doen, e-pos golf@wlh.co.za.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>WORLD LEISURE HOLIDAYS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong>&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/WorldLeisureHolidays\">https:\/\/www.facebook.com\/WorldLeisureHolidays<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong> @worldleisureholidays<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.wlh.co.za\/\">www.wlh.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>BEELD<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook: <\/strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/beeldaanlyn\">https:\/\/www.facebook.com\/beeldaanlyn<\/a><strong><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram: <\/strong>@beeld_nuus<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf: <\/strong><a href=\"https:\/\/l.facebook.com\/l.php?u=https%3A%2F%2Fwww.netwerk24.com%2Fza%2Fbeeld%3Ffbclid%3DIwAR3wqmbZtEEimtsU1ekptKOKJQHVs9B9OJqADBh6Z6zSjsDA3y01fkPNCzg&amp;h=AT108Wv3KCYIV0iAMDlgX3gJqiA7tGBbhi1bkEysR6VhErXEgP10ZhGMBqyLLa7xaB1K6YNu7XSLFSZq1pbp-wKzEAneRcofDYU_aMmLOo-2rP3ZRBZj9ZzSIrJ4XATDVAMWow\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">netwerk24.com\/za\/beeld<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Starburst Promotions<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Gizela Sharim<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\">gizela@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mauritius is \u2019n ware paradys en die ideale vakansiebestemming. Om gholfspelers die geleentheid te gee om \u2019n paar van hierdie eiland se uitmuntende gholfbane eerstehands te ervaar, bied World Leisure Holidays (WLH), in samewerking met Beeld, volgende jaar \u2019n weeklange gholftoernooi in Mauritius aan. Alle gholfspelers, ongeag van jou voorgee of ervaring, word genooi om &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2023\/11\/20\/gholf-in-die-paradys-speel-n-toernooi-in-mauritius-saam-met-van-die-land-se-gewildste-sportsterre\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;GHOLF IN DIE PARADYS: SPEEL \u2019N TOERNOOI IN MAURITIUS SAAM MET VAN DIE LAND SE GEWILDSTE SPORTSTERRE&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":640,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[14,13],"tags":[],"class_list":["post-639","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-events","category-lifestyle"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"fr","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/639","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=639"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/639\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":641,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/639\/revisions\/641"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/640"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=639"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=639"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=639"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}