{"id":442,"date":"2023-06-23T07:26:40","date_gmt":"2023-06-23T07:26:40","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=442"},"modified":"2023-06-23T07:26:40","modified_gmt":"2023-06-23T07:26:40","slug":"sanger-en-liedjieskrywer-zoe-is-verlief-en-verlore-met-haar-tweede-enkelsnit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2023\/06\/23\/sanger-en-liedjieskrywer-zoe-is-verlief-en-verlore-met-haar-tweede-enkelsnit\/","title":{"rendered":"SANGER EN LIEDJIESKRYWER ZO\u00c9 IS VERLIEF EN VERLORE MET HAAR TWEEDE ENKELSNIT"},"content":{"rendered":"\n<p>Daar is geen beter gevoel as om jonk, moedswillig en dol, verlief te wees nie. Dit is die einste tema waaroor Zo\u00e9 in haar nuwe enkelsnit, \u2018\u2019Lief h\u00ea\u2019\u2019 skryf. \u2019\u2019Lief h\u00ea gaan oor \u2018n meisie wat dol verlief is. Dit gaan oor die \u2018honeymoon\u2019 fase van \u2018n verhouding waar beide mense die skoot hoog deur het en dit voel as of hierdie liefde virewig gaan hou,\u2019\u2019 verduidelik sy.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2018\u2019Lief h\u00ea\u2019\u2019 volg op die suksesvolle vrystelling van haar debuut enkelsnit \u2018\u2019Crazy Meisie.\u2019\u2019 Na die vrystelling van \u2018\u2019Crazy Meisie\u2019\u2019 het my lewe verseker verander,\u2019\u2019 vertel Zo\u00e9. \u2018\u2019Ek het dadelik besef dat ek werklik doen waarvoor ek lief is. Crazy Meisie is so positief ontvang deur die publiek! Soveel Radio Stasies is tans besig om die liedjie te speel en die musiekvideo het meer as 18000 kykbeurte getref in net \u2018n maand. Dit voel onwerklik!\u2019\u2019<\/p>\n\n\n\n<p>\u2018\u2019Lief h\u00ea\u2019\u2019 staan in sterk kontras teenoor \u2018\u2019Crazy Meisie\u2019\u2019 wat vanuit die perspektief van \u2018n gebroke hart geskryf is. \u2018\u2019Ek het Lief h\u00ea eintlik voor Crazy meisie geskryf. Lief h\u00ea is die begin van die storie en Crazy Meisie is die einde. My liedjies volg \u2018n meisie en al haar fases van lewe en liefde. Lief h\u00ea vertel van waar sy verlief was en goed gevoel het oor hierdie verhouding. Crazy Meisie vind plaas lank na die verhouding verby is en gaan oor die les wat daardie ervaring haar geleer het,\u2019\u2019 het sy gedeel.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir Zo\u00e9 is dit belangrik dat sy oor haar eie ervarings skryf wanneer sy musiek maak. \u2018\u2019Ons almal ervaar tot \u2018n mate dieselfde dinge in die lewe; liefde, pyn en alles tussen in. Skryf is vir my \u2018n vorm van terapie, waar ek net kan sit en my emosies op \u2018n musikale en kreatiewe manier kan neer skryf en stories vertel. Ek hoop net my musiek maak iemand se dag \u2018n bietjie beter. Of dit nou is dat die liedjie opgewek is of dat hulle, hulself met my lirieke kan vereenselwig. Hopelik voel mense een van hierdie twee dinge as hulle na my musiek luister, dan is ek gelukkig!\u2019\u2019<\/p>\n\n\n\n<p>Lief h\u00ea se bekendstelling gaan ook gepaard met \u2018n nuwe musiekvideo waar Zo\u00e9 saam met Pretoria rockband, Die Ramkat mafia optree. Volgens Zo\u00e9 was verfilming effens uitdagend, want beide \u2018\u2019Crazy Meisie\u2019\u2019 en \u2018\u2019Lief h\u00ea\u2019\u2019 se musiekvideos is op dieselfde dag opgeneem. \u2018\u2019Ja dit was rof en besig en ek mag net dalk \u2018n migraine gekry het in die middel van die shoot, \u2019but the show must go on\u2019 en ek het my beste gedoen om my kant te bring want almal om my het so hard gewerk en net so rondgeskarrel om seker te maak dat alles perfek is. Ek het amper soos n atleet gevoel na die \u2018sprints\u2019 wat ek moes doen vir elke \u2018outfit change\u2019,\u2019\u2019 lag sy.<\/p>\n\n\n\n<p>Zo\u00e9 en haar \u2018band\u2019, wat bestaan uit kitaarspeler Mark Brown, baskitaarspeler Grant Brown en tromspeler Ruben Radyn is ook hard aan die repeteer vir hul opkomende optredes. \u2018\u2019Ons speel by Aardklop die 5de Oktober en ek kan nie wag nie, en voor dit is ons by 3 ander kunstefeeste by skole soos Ho\u00ebrskool Eldorein en Ho\u00ebrskool Ben Vorster waarna ek vreeslik uitsien! My gunstelling vertonings is gewoontlik skole. Kinders het net soveel energie dat jy dit kan voel as jy voor hulle staan en sing,\u2019\u2019 vertel sy.<\/p>\n\n\n\n<p>Daar is ook nuwe musiek oppad. \u2018\u2019My derde enkelsnit is ook oppad en dit gaan \u2018n heel ander gevoel en klank h\u00ea as my vorige musiek. Ek hoop SA is reg vir hom,\u2019\u2019 sluit sy af.<\/p>\n\n\n\n<p>Liefh\u00ea is nou beskikbaar op alle digitale platforms. &#8211; <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/redirect?event=video_description&amp;redir_token=QUFFLUhqbVlRaUdDZXFvbHFfZDJsSWNlUXdPT0F4RWZXd3xBQ3Jtc0trNG9RanBzdl91WUR1N2prY1Z2NDk3a1YzMFA4eVh1Z0pEcXMtVkNKVVB0Q09YSDlobVpVOERNbXoxVTRKYmpVdHdYQ0FIM2psZ3VIZ1dQZUxzblY0cjVmMVRZM3JyMG1wNktvSnJ3S284YzZycVF1Zw&amp;q=https%3A%2F%2Flinktr.ee%2Fzoemusiek&amp;v=uQDNpiq65x8\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">https:\/\/linktr.ee\/zoemusiek<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Musiekvideo skakel &#8211; <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=uQDNpiq65x8\">https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=uQDNpiq65x8<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALE MEDIA<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Facebook: <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/zoe.jacobs.71\">https:\/\/www.facebook.com\/zoe.jacobs.71<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Instagram: <a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/zoemusiek\/\">https:\/\/www.instagram.com\/zoemusiek\/<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PLATEMAATSKAPPY:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>CoolerBox Records \/ Vonk Musiek<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Tel:<\/strong> 011&nbsp;823 1771 \/ 011&nbsp;823 1772<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Epos:<\/strong> sing@vonk.co.za<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.vonkmusiek.co.za\/\">www.vonkmusiek.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOTIONS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Danelle Liebenberg<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 0715347796<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Epos:<\/strong> danelle@starburstmusic.co.za<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\"><u>www.starburstmusic.co.za<\/u><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is geen beter gevoel as om jonk, moedswillig en dol, verlief te wees nie. Dit is die einste tema waaroor Zo\u00e9 in haar nuwe enkelsnit, \u2018\u2019Lief h\u00ea\u2019\u2019 skryf. \u2019\u2019Lief h\u00ea gaan oor \u2018n meisie wat dol verlief is. Dit gaan oor die \u2018honeymoon\u2019 fase van \u2018n verhouding waar beide mense die skoot hoog deur &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2023\/06\/23\/sanger-en-liedjieskrywer-zoe-is-verlief-en-verlore-met-haar-tweede-enkelsnit\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;SANGER EN LIEDJIESKRYWER ZO\u00c9 IS VERLIEF EN VERLORE MET HAAR TWEEDE ENKELSNIT&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":443,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-442","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"fr","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/442","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=442"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/442\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":444,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/442\/revisions\/444"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/443"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=442"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=442"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=442"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}