{"id":348,"date":"2023-05-22T13:43:03","date_gmt":"2023-05-22T13:43:03","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=348"},"modified":"2023-05-22T13:43:04","modified_gmt":"2023-05-22T13:43:04","slug":"rondry-fliek-en-die-buitelewe-valiant-swart","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2023\/05\/22\/rondry-fliek-en-die-buitelewe-valiant-swart\/","title":{"rendered":"RONDRY, FLIEK EN DIE BUITELEWE \u2013 Valiant Swart"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nuwe insig kom deur waarneming en nie met redenasies nie. Valiant Swart het deur die jare juis s\u00f3 tot \u2019n nuwe verstaan van die lewe gekom. Met \u2019n loopbaan wat strek vanaf 1988 en talle kilometers op die pad, het Valiant Swart al die kante van die lewe gesien. Sy nuwe album, RONDRY, FLIEK EN DIE BUITELEWE, is \u2019n versameling karaktersketse wat deurspek is met die strewe na vryheid.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die inspirasie vir die album is jare se waarneming van mense en plekke. Hy verduidelik dat di\u00e9 versameling liedere die lewe van alle kante benader. Party temas raak aan die strewe na vryheid, geluk en vervulling, terwyl ander die moeiliker tye in die lewe ondersoek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die musiek kan vanuit \u2019n musikale oogpunt beskryf word as bittersoet, maar steeds opgeruimd. Die musiek is vrolik, maar met tye melankolies \u2013 eg aan goeie rock-en-roll musiek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met RONDRY, FLIEK EN DIE BUITELEWE bly Swart (wat bekend is vir sy rock, country en blues musiek) trou aan sy musiekstyl en voeg hy nuwe liedere tot sy repertoire wat tuis sal wees op die langpad, sowel as om \u2019n kampvuur. Die temas van die liedere sal vergenoegdheid by jou wakker maak en jou sorge opsyskuif.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Swart, wat deur die jare groot bekendheid verwerf het met liedere soos EYESHADOW, KLEINMOND KOEBAAI, JAKARANDASTRATE en LIEFDE BY DIE DAM verduidelik dat sy grootste inspirasie vir musiek van sy pa afkomstig is. Sy liefde vir lirieke is te danke aan sy ma wat by hom \u2019n liefde vir geskrewe woorde gekweek het. Dis egter sy vrou wat hom daagliks aanspoor om na meer as 30 jaar steeds te kan doen waarvoor hy lief is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vroe\u00ebr in sy lewe, terwyl hy in Sunnyside (Pretoria) gewoon het, het Swart se paaie met di\u00e9 van Koos Kombuis gekruis. Swart vertel dat hy in daardie stadium reeds \u2019n groot aanhanger van Koos Kombuis se musiek en gedigte was.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het die geleentheid gebruik om vir Koos van die eerste liedere wat hy geskryf het te speel. Sonder om te huiwer, het Koos hom as sy kitaarspeler aangestel en hom onder die vlerk geneem. Koos het opgetree as mentor en vir Swart geleer hoe om lirieke te skryf en musiek te komponeer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met die verloop van tyd het Swart sy eie stem begin vind. Na afloop van sy diensplig het hy terug Stellenbosch toe gegaan met \u2019n hele arsenaal nuwe liedere. Saam met \u2019n skoolmaat en \u2019n paar musiekvriende het hulle die Valiant Swart Band gestig. Dit was die begin van \u2019n loopbaan wat vir Valiant regoor Suid-Afrika sou neem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sedertdien het hy en sy musici by al wat \u2019n rockfees is, opgetree; Houtstok in 1990, OppiKoppi, Rustler\u2019s Valley en Splashy Fen. Swart het ook talle musiektoekennings oor die jare verower, maar sonder die SAMA wat hy saam met Ollie Viljoen vir die album VUUR EN VLAM gewen het uit bo almal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Valiant Swart se reise, kleurryke loopbaan, skryfvernuf en gawe om te komponeer, laat sy storievertelling deur musiek tot sy reg kom. Sy nuwe album is gebore uit observasie oor die jare. Na meer as 35 jaar op die pad kan luisteraars uitsien na ure se luistergenot met RONDRY, FLIEK EN DIE BUITELEWE.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">RONDRY, FLIEK EN DIE BUITELEWE is eersdaags beskikbaar op alle digitale platforms.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Luister die lied hier: <a href=\"https:\/\/vyd.co\/Rondryfliekendiebuitelewe\">https:\/\/vyd.co\/Rondryfliekendiebuitelewe<\/a><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>SOSIALE MEDIA<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Facebook: <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/valiantswartpage\">https:\/\/www.facebook.com\/valiantswartpage<\/a><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>STARBURST PROMOTIONS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Danelle Liebenberg<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Sel:<\/strong> 0715347796<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>E-pos:<\/strong> danelle@starburstmusic.co.za<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nuwe insig kom deur waarneming en nie met redenasies nie. Valiant Swart het deur die jare juis s\u00f3 tot \u2019n nuwe verstaan van die lewe gekom. Met \u2019n loopbaan wat strek vanaf 1988 en talle kilometers op die pad, het Valiant Swart al die kante van die lewe gesien. Sy nuwe album, RONDRY, FLIEK EN &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2023\/05\/22\/rondry-fliek-en-die-buitelewe-valiant-swart\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;RONDRY, FLIEK EN DIE BUITELEWE \u2013 Valiant Swart&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":349,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-348","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.5","language":"fr","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/348","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=348"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/348\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":350,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/348\/revisions\/350"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/349"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=348"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=348"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=348"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}