{"id":287,"date":"2023-04-13T18:28:42","date_gmt":"2023-04-13T18:28:42","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=287"},"modified":"2023-04-13T18:28:43","modified_gmt":"2023-04-13T18:28:43","slug":"2-300-mense-in-suid-afrika-is-reeds-met-hemofilie-gediagnoseer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2023\/04\/13\/2-300-mense-in-suid-afrika-is-reeds-met-hemofilie-gediagnoseer\/","title":{"rendered":"2 300 mense in Suid-Afrika is reeds met hemofilie gediagnoseer"},"content":{"rendered":"\n<pre class=\"wp-block-preformatted\">Volgens die W\u00eareldfederasie vir Hemofilie (WFH) is sowat 2 300 mense in Suid-Afrika reeds met hemofilie gediagnoseer, maar daar word beraam dat daar nog 15 000 mense regoor die land is wat nie weet dat hulle aan hierdie versteuring ly nie.  Een van hierdie mense is die bekende Suid-Afrikaanse skrywer, spreker, afrigter, fasiliteerder, lewensafrigter en vuurloop-instrukteur, Cobus Visser wat as kind self met hemofilie gediagnoseer is.  \n\nOmdat hy graag bewusmaking oor hemofilie wil skep, neem hierdie topprestasie-afrigter, ook bekend as Cobus \u2018Die Viking\u2019 Visser, hande met die w\u00eareldgemeenskap om op 17 April 2023, W\u00eareldhemofiliedag te gedenk en \u2018n groter bewustheid te help skep. \n\n\u201cHemofilie en verwante bloedingsversteurings is lewenslange chroniese toestande wat nie genees kan word nie. Dit be\u00efnvloed, onder andere, die liggaam se vermo\u00eb om bloed te stol, wat \u2019n geringe trauma wat nie gewoonlik rede tot kommer sou wees nie, soos \u2019n stamp of besoek aan die tandarts, in \u2019n potensieel lewensgevaarlike gebeurtenis kan verander,\u201d verduidelik Cobus. \u201cOmdat dit so seldsaam is, word hemofilie ongelukkig dikwels oor die hoof gesien.\u201d Cobus het \u2019n onversadigbare behoefte om ander te help en om, ten spyte van konstante pyn, voortdurend te groei en homself uit te daag. \n\nIn 2013 het hy homself in die hospitaal bevind, nie in staat om te beweeg nie. In plaas daarvan om moed op te gee, het hy besluit sy liggaam sal nie meer sy tronk wees nie en ten spyte van sy toestand, het hy ongelooflike fisieke prestasies vermag, insluitend om in 2018 die Kilimanjaro met behulp van krukke te klim.\u201cToe ek gebore is, was die lewensverwagting van mense met hemofilie 11 jaar,\u201d s\u00ea Cobus. \u201cDanksy vooruitgang in medisyne en tegnologie is daar nou \u2019n verouderende bevolking van hemofilie oor die w\u00eareld heen. Soos ons ouer word, kom ons en ons geliefdes voor \u2019n nuwe stel uitdagings te staan. My doelwit is om die impak van hemofilie op diegene wat geraak word uit te lig en om as spreekbuis te dien vir pasi\u00ebnte, gesinne en versorgers wat met di\u00e9 toestand moet saamleef.\u201dAs lid en ondersteuner van die Suid-Afrikaanse hemofilie-stigting, wil hy graag op W\u00eareldhemofiliedag alle Suid-Afrikaners aanmoedig om meer oor hierdie toestand uit te vind deur https:\/\/haemophilia.org.za\/ te besoek. \n\nCobus se lewensdoel is om individue, sakeleiers en mense met gestremdhede te help. Oor die afgelope dekade het hy saam met honderde individue en plaaslike en internasionale leiers, spanne en organisasies gewerk om goeie prestasies te behaal. Hy het \u2019n BBA-graad in bemarkingsbestuur van die IMM Graduate School en is in die proses om sy MBA in bemarking te voltooi aan die Universiteit van Edinburgh. Hy is ook \u2019n gesertifiseerde meester-vuurloop-instrukteur, \u2019n gesertifiseerde NLP-lewensafrigter en -afrigter, \u2019n uitvoerende besigheidsafrigter, en \u2019n ShadowMatch- en enneagram-fasiliteerder. Daarbenewens het hy onder andere kursusse in toegepaste sportsielkunde, Train the Trainer en geesteskrag voltooi. \n\nDit is dan ook sy lewenservaring wat hom dryf om ander te motiveer en te inspireer, en om op verskeie professionele arenas sukses te behaal.Hy is die enigste meester-vuurloper in Suid-Afrika en sy uitvoerende afrigting help gedrewe, kragtige, vooruitdenkende individue om meer impak met minder moeite te bereik.As \u2019n w\u00eareldspreker en sakestrateeg gebruik hy sy inspirerende lewensverhaal om individue en besighede te help om hul volle potensiaal te bereik en as spanbou-fasiliteerder gebruik hy \u2019n verskeidenheid aktiwiteite \u2013 van glas- en vuurloop tot plank- en pylbrekery en hoelahoepels \u2013 om spanne te help om mekaar beter te verstaan. \n\nCobus is reeds twee keer met die Men of Valour-toekenning vereer. Hy het ook verskeie persoonlike en professionele mylpale bereik, met die klim van die Kilimanjaro op krukke, en om voor 3 500 mense op die verhoog en 10 000 mense aanlyn te praat, wat sover as hoogtepunte uitstaan.  Hierdie inspirerende man leef sy lewe volgens twee beginsels \u2013 #watookalditvat en #leefsonderspyt \u2013 en geniet dit om in sy vrye tyd te reis, stap, fliek te kyk en sy horison verbreed deur kort kursusse oor verskeie onderwerpe te voltooi. Di\u00e9 geskeide pa van twee woon tans in Centurion, Gauteng.\n\nSOSIALEMEDIASKAKELS\nFacebook: https:\/\/www.facebook.com\/CobusVisserViking8 \nInstagram: https:\/\/www.instagram.com\/cobusvisser_supermanlife7\/\nWebwerf: www.cobusvisser.com \n\nPUBLISITEIT &amp; BEMARKING\nStarburst Promosies\nAlishia van Deventer\nSel: 083 635 4717\nE-pos: alishia@starburstmusic.co.za\nWebwerf: www.starburstmusic.co.za<\/pre>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Volgens die W\u00eareldfederasie vir Hemofilie (WFH) is sowat 2 300 mense in Suid-Afrika reeds met hemofilie gediagnoseer, maar daar word beraam dat daar nog 15 000 mense regoor die land is wat nie weet dat hulle aan hierdie versteuring ly nie. Een van hierdie mense is die bekende Suid-Afrikaanse skrywer, spreker, afrigter, fasiliteerder, lewensafrigter en &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2023\/04\/13\/2-300-mense-in-suid-afrika-is-reeds-met-hemofilie-gediagnoseer\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;2 300 mense in Suid-Afrika is reeds met hemofilie gediagnoseer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":288,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[15],"tags":[],"class_list":["post-287","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-motivational"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"fr","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/287","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=287"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/287\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":289,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/287\/revisions\/289"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/288"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=287"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=287"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=287"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}