{"id":281,"date":"2023-04-11T09:33:44","date_gmt":"2023-04-11T09:33:44","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=281"},"modified":"2023-04-11T09:33:45","modified_gmt":"2023-04-11T09:33:45","slug":"neil-sandilands-is-versigtig-opgewonde-oor-sy-nuwe-radio-enkelsnit-wat-handel-oor-n-poskaart-vanaf-sy-oupa-joe-sandilands-aan-sy-ouma-nettie-tydens-die-tweede-wereldoorlog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2023\/04\/11\/neil-sandilands-is-versigtig-opgewonde-oor-sy-nuwe-radio-enkelsnit-wat-handel-oor-n-poskaart-vanaf-sy-oupa-joe-sandilands-aan-sy-ouma-nettie-tydens-die-tweede-wereldoorlog\/","title":{"rendered":"Neil Sandilands is \u201cversigtig opgewonde\u201d oor sy nuwe radio-enkelsnit wat handel oor \u2018n poskaart vanaf sy Oupa Joe Sandilands aan sy Ouma Nettie tydens die Tweede W\u00eareldoorlog."},"content":{"rendered":"\n<p>Die eerste radio-enkelsnit van die bekende internasionale akteur, sanger en liedjieskrywer, Neil Sandilands is onlangs bekendgestel en die werk wat aangebied word is van die hoogste gehalte. Dit dwing jou tot stilte, laat jou dink en m\u00e1\u00e1k jou luister.<\/p>\n\n\n\n<p>Sandilands se lied, <em>Huistoe<\/em>, handel oor \u2018n poskaart wat sy Oupa, Joe Sandilands vir sy Ouma Nettie tydens die Tweede W\u00eareldoorlog gestuur het. Hy vertel in sy eie woorde:<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek is versigtig opgewonde oor die bekendstelling van hierdie liedjie.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Verlede jaar, September 2022, was ek in Sydney, Australi\u00eb toe die liedjie kom aanklop het. Ek het \u2019n poskaart onthou wat in ons huis was, wat Oupa Joe Sandilands vir Ouma Nettie gestuur het ten tye van die Tweede W\u00eareldoorlog. Natuurlik was ons eietydse belewenis onthuts deur die moontlikheid van \u2019n Derde W\u00eareldoorlog. Ek verwys na die onstabiliteit wat die w\u00eareld beleef het (en steeds beleef) met die situasie tussen die groot moonthede Rusland, die VSA en China rondom die Oekra\u00efne vraagstuk.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Oupa was \u2019n tenkbestuurder vir die Suid-Afrikaanse troepe tydens die slag van Tobruk, Libi\u00eb, 1942. Di\u00e9 poskaart, nou vergeel deur tyd, was \u2019n foto van die piramides in Egipte en regs bo is daar \u2019n inleg van Oupa Joe met sy milit\u00eare baret en links bo, sekerlik die enigste foto wat Oupa van sy beminde, Ouma Nettie, gehad het. Moontlik het die bestuur van die operasie dit goedgedink om vir al die troepe so \u2019n poskaart te maak om aan hul geliefdes te stuur, want ek ken nog \u2019n persoon met \u2019n soortgelyke poskaart.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Oupa Joe het nie die geleenthede gehad wat ek kon geniet met betrekking tot skool en geletterdheid nie, maar hy kon sy naam skryf: Josef Willem Sandilands. Ek dra sy name. Ek het gewonder wat hy graag sou wou skryf vir Ouma Nettie. \u2019n Gedig? \u2019n Liefdesverklaring? \u2019n Liedjie? Ek het gedink oor die hunkering na ongedeerde tuiskoms en vereniging met die mense wie jy lief het, die omgewing wat jy lief het, die taal en kultuur wat jy ken en lief het. Ek kon op \u2019n manier identifiseer.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Die tweede element wat ook van waarde is, met die skepping van hierdie liedjie, was \u2019n persoonlike belewenis ver van Suid-Afrika op die eiland van Kauai, in die Stille Oseaan. Ek was daar rondom 1997. Dit is letterlik die anderkant van die planeet. Die pad hou op by Ke\u2019e strand. Dis nie menslik moontlik om verder te ry of verder weg van jou oorsprong, Randfontein, Suid-Afrika, te wees nie. Toe ek weer in die kar klim en daar wegry, het die gedagte by my posgevat, dat dit nie saakmaak of ek noord, oos, wes of suid bestuur nie, op \u2019n manier reis ek \u201chuistoe\u201d. Terug na oorsprong.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Met ons onlangse toer \u201cWoorde en Akkoorde na die Noorde\u201d het hierdie liedjie dit self begin uitsonder as een van die gunsteling liedjies vir die gehoor. Ek dink dis omdat daar universalisme aan die gedagte van tuiskoms, hunkering, verlange, en in mees eenvoudige terme, \u201chuis\u201d is.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Die openingslyn is: \u201cBy Giza, in Egipte, kyk Josef in die lens\u2026\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Ek deel graag, <\/em><em><strong>Huistoe<\/strong><\/em><em>.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Huistoe<\/em> is nou op alle digitale platforms beskikbaar, tesame met die eerste enkelsnit, <em>Verkenner<\/em>, wat reeds \u2018n week gelede beskikbaar gemaak is. Beide hierdie snitte kan saam met \u2018n skakel afgelaai word waar jy die volle album wat op 1 Mei beskikbaar sal wees kan gaan merk. Kyk gerus uit want daar sal elke week nog \u2018n enkelsnit bekendgestel word vanaf hierdie merkwaardige opkomende album.<\/p>\n\n\n\n<p>Kry dit hier: <a href=\"https:\/\/linktr.ee\/neilsandilands\">https:\/\/linktr.ee\/neilsandilands<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/realsandilands?mibextid=ZbWKwL\">https:\/\/www.facebook.com\/realsandilands?mibextid=ZbWKwL<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong> <a href=\"https:\/\/instagram.com\/realsandilands?igshid=OGRjNzg3M2Y=\">https:\/\/instagram.com\/realsandilands?igshid=OGRjNzg3M2Y=<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>YouTube:<\/strong> <a href=\"https:\/\/youtube.com\/@neilsandilands-artist\">https:\/\/youtube.com\/@neilsandilands-artist<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT EN BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Alishia van Deventer<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 083&nbsp;635 4717<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos: <\/strong>alishia@starburstmusic.co.za<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\"><u>www.starburstmusic.co.za<\/u><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste radio-enkelsnit van die bekende internasionale akteur, sanger en liedjieskrywer, Neil Sandilands is onlangs bekendgestel en die werk wat aangebied word is van die hoogste gehalte. Dit dwing jou tot stilte, laat jou dink en m\u00e1\u00e1k jou luister. Sandilands se lied, Huistoe, handel oor \u2018n poskaart wat sy Oupa, Joe Sandilands vir sy Ouma &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2023\/04\/11\/neil-sandilands-is-versigtig-opgewonde-oor-sy-nuwe-radio-enkelsnit-wat-handel-oor-n-poskaart-vanaf-sy-oupa-joe-sandilands-aan-sy-ouma-nettie-tydens-die-tweede-wereldoorlog\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Neil Sandilands is \u201cversigtig opgewonde\u201d oor sy nuwe radio-enkelsnit wat handel oor \u2018n poskaart vanaf sy Oupa Joe Sandilands aan sy Ouma Nettie tydens die Tweede W\u00eareldoorlog.&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":282,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-281","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"fr","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/281","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=281"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/281\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":283,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/281\/revisions\/283"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/282"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=281"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=281"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=281"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}