{"id":202,"date":"2023-03-15T06:38:57","date_gmt":"2023-03-15T06:38:57","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=202"},"modified":"2023-03-15T06:38:57","modified_gmt":"2023-03-15T06:38:57","slug":"die-kaplyn-musiekblyspel-binnekort-op-die-planke-by-afriforum-teater","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2023\/03\/15\/die-kaplyn-musiekblyspel-binnekort-op-die-planke-by-afriforum-teater\/","title":{"rendered":"<em><strong>DIE KAPLYN<\/strong><\/em><strong>-MUSIEKBLYSPEL BINNEKORT OP DIE PLANKE BY AFRIFORUM TEATER<\/strong>"},"content":{"rendered":"\n<p>Afrikaanse kultuur- en teaterliefhebbers kan uitsien na \u2019n splinternuwe musiekblyspel wat eersdaags by die AfriForum Teater in Pretoria sy buiging maak.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>Die Kaplyn<\/strong><\/em>-musiekblyspel is \u2019n aangrypende produksie wat met trots aangebied word deur AfriForum en die skeppers van 2022 se gewilde <em>Die Gelofte<\/em>-musiekblyspel, <a href=\"http:\/\/www.inhoudhuis.co.za\/\">Inhoud Huis Musiek<\/a>.<\/p>\n\n\n\n<p>Die verhaal en konsep is deur Johan Vorster, wat self ook in die produksie te sien is, geskryf en volg op die gebeure wat tydens die Grensoorlog in die 1980\u2019s plaasgevind het. Jannes Erasmus het die teks in samewerking met Vorster geskryf. Erasmus is ook vir die regie verantwoordelik.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>My inspirasie om hierdie storie te skep, was die Verlore Seun in die Bybel. Die musiekblyspel vertel die verhaal van \u2019n seun wat terugdraai na sy pa se huis. Dit is \u2019n simbool van \u2019n nasie wat terugdraai na God,\u201d<\/em> deel Johan oor die idee agter di\u00e9 projek.<\/p>\n\n\n\n<p>Musiek en lirieke is deur Vorster en Jacomien de Wet behartig, terwyl Francois Lessing in samewerking met Vorster vir die orkestrasie en musiekregie verantwoordelik is.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Hierdie produksie gaan die Afrikaner-siel diep raak. Ek en Johan beoog om die musiek- en klankstandaard, wat ons in \u2018Die Gelofte\u2019 bereik het, te skuif na nuwe hoogtes. Saam met Jannes se uitstekende draaiboek en regie beloof dit om \u2019n belewenis van hoogstaande gehalte aan mense van alle ouderdomme te bring,\u201d<\/em> meen Lessing.<\/p>\n\n\n\n<p>Verder spog di\u00e9 blyspel ook met \u2019n indrukwekkende rolverdeling, waaronder Il\u00e1n van Staden (<em>Die Gelofte<\/em>-musiekblyspel), Jackie-Lulu en vele meer.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>N\u00e1 die sukses van \u2018Die Gelofte\u2019-musiekblyspel, wat AfriForum in samewerking met Johan Vorster en Jacomien de Wet, van Inhoud Huis Musiek, op die planke gebring het by die AfriForum Teater, is dit \u2019n voorreg om weer saam met hierdie talentvolle span te kan werk. <\/em><em><strong>Die Kaplyn<\/strong><\/em><em> is hoopgewend, vol lewenslesse en gee \u2019n empatiese blik op gesinne se opofferings tydens die grensoorlog, terwyl dit ook die gehoor sal vermaak met puik musiek en puik akteurs,\u201d<\/em> s\u00ea Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c\u2019<em>n Paar temas wat in die agtergrond van \u2019n oorlog plaasgevind het soos die liefde, genade, geloof, vergifnis, verhoudings en struikelblokke word ondersoek. <\/em><em><strong>Die Kaplyn<\/strong><\/em><em> is \u2019n familiesaak wat almal raak, nie net die troepe nie. Daar word gepoog om \u2019n musiekblyspel op die planke te plaas wat die hele gesin kan geniet<\/em>,\u201d verduidelik Vorster en De Wet.<em> \u201cTeatergangers wat van \u2018Die Gelofte\u2019 gehou het gaan beslis waarde kry en gaan \u2019n sakdoek van die begin af moet saambring. \u2019n Fiktiewe storie word teen die agtergrond van die Grensoorlog vertel. Deur di\u00e9 verhaal word hulde aan die helde gebring wat onder baie van ons dakke woon, maar waarvan ons so min weet. <\/em><em>Ons voel bevoorreg om weer die kans te&nbsp;kry om \u2019n storie uit ons nabye verlede in die vorm van \u2019n musiekblyspel te kan vertel.<\/em><em>\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>Die Kaplyn<\/strong><\/em> vertel \u2019n hartroerende verhaal uit \u2019n tydperk in die Afrikaner geskiedenis. Die puik kombinasie van draaiboek, musiek en toneelspel sal die kyker op \u2019n nostalgiese reis neem wat hulle sal bybly lank nadat die gordyne gesak het.<\/p>\n\n\n\n<p>Regisseur, Jannes Erasmus, sluit af: <em>\u201c<\/em><em>Ons kan elkeen identifiseer met \u2019n oorlog, in jou binnekamer, by die werk, by die skool; elkeen van ons weet hoe dit voel om teen iets groter as onsself te baklei. <\/em><em><strong>Die Kaplyn<\/strong><\/em><em> is onder andere \u2019n metafoor vir \u2019n oorlog, j\u00f3u oorlog en ek glo daar is iets waardevol wat elkeen hier sal kan weg neem<\/em><em>.\u201d<\/em><br><br><\/p>\n\n\n\n<p>Kaartjies vir di\u00e9 musiekblyspel, wat op 26 April 2023 afskop, is nou beskikbaar. Besoek gerus: <a href=\"http:\/\/www.diekaplyn.com\/\">www.diekaplyn.com<\/a> vir meer inligting.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>AfriForum Teater<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook<\/strong>:<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/afriforumteater\">https:\/\/www.facebook.com\/afriforumteater<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram<\/strong>: @afriforumteater<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.afriforumteater.co.za\/\">www.afriforumteater.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT EN BEMARKING<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Starburst Promosies<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Gizela Sharim<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\">gizela@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Afrikaanse kultuur- en teaterliefhebbers kan uitsien na \u2019n splinternuwe musiekblyspel wat eersdaags by die AfriForum Teater in Pretoria sy buiging maak. Die Kaplyn-musiekblyspel is \u2019n aangrypende produksie wat met trots aangebied word deur AfriForum en die skeppers van 2022 se gewilde Die Gelofte-musiekblyspel, Inhoud Huis Musiek. Die verhaal en konsep is deur Johan Vorster, wat &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2023\/03\/15\/die-kaplyn-musiekblyspel-binnekort-op-die-planke-by-afriforum-teater\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;<em><strong>DIE KAPLYN<\/strong><\/em><strong>-MUSIEKBLYSPEL BINNEKORT OP DIE PLANKE BY AFRIFORUM TEATER<\/strong>&#8220;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":203,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[14],"tags":[],"class_list":["post-202","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-events"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"fr","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/202","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=202"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/202\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":204,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/202\/revisions\/204"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/203"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=202"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=202"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=202"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}