{"id":1039,"date":"2025-10-28T06:06:08","date_gmt":"2025-10-28T06:06:08","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/?p=1039"},"modified":"2025-10-28T06:06:10","modified_gmt":"2025-10-28T06:06:10","slug":"ontbytsake-beloon-en-vereer-die-ruggraat-van-suid-afrika-se-ekonomie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2025\/10\/28\/ontbytsake-beloon-en-vereer-die-ruggraat-van-suid-afrika-se-ekonomie\/","title":{"rendered":"ONTBYTSAKE BELOON EN VEREER DIE RUGGRAAT VAN SUID-AFRIKA SE EKONOMIE"},"content":{"rendered":"\n<p>Glans en swier om sake te vier.<\/p>\n\n\n\n<p>onbytSAKE, Suid-Afrika se voorste vermaaklikheidsprogram, is nie net daar om voortreflike televisie-vermaak te bied en uitstekende bemarkingsgeleenthede aan besighede te gee nie, maar verstaan ook die uitdagings wat klein en medium sakeondernemings en entrepreneurs in die gesig staar en dat die rol wat hulle speel om die ekonomie te bevorder dikwels onderskat word.<\/p>\n\n\n\n<p>Om die onbesonge helde van ons ekonomie erkenning te gee vir hulle uitnemendheid, innovering, werkskepping en doelgerigte leierskap, is die Lottoland ontbytSAKE Onderneming van die Jaar Toekennings op Donderdagaand, 23 Oktober in die Paarl by wyse van \u2018n spoggerige glansgeleentheid op die gesogte Nederburg wynlandgoed aangebied. Dit was \u2018n ikoniese aand van inspirasie, netwerkgeleenthede, gesellige kuier, lekker musiek en die viering van sakevernuf.<\/p>\n\n\n\n<p>Verskeie bekendes soos, Bok van Blerk, Hykie Berg, Leah en Cindy Swanepoel was van die rolspelers wat saam met ontbytSAKE \u201cOns Mense, Ons besighede, Ons trots\u201d gevier het.<\/p>\n\n\n\n<p>Die ontbytSAKE-aanbieders, Dawie Roodt, Charlene Lackay en Leon Gropp het die geleentheid meesterlik aangebied.<\/p>\n\n\n\n<p>Lottoland South Africa se Maryke Hayward (Bemarkingsdirekteur) s\u00ea: \u201cOns sien ontbytSAKE as \u2019n uiters suksesvolle platform waar besighede waardevolle blootstelling aan die publiek kan kry. As Lottoland glo ons in die bevordering van ondernemingsgees en die ondersteuning van plaaslike besighede wat \u2019n verskil maak. Daarom het ons besluit om as naamborg vir di\u00e9 toekennings na vore te tree \u2014 om saam met ontbytSAKE hul 25 jaar van inspirerende stories en besigheidsukses te vier. Ons beskou ontbytSAKE as \u2019n betroubare en suksesvolle sakevennoot, en ons salueer hulle vir hul volgehoue bydrae tot die groei van Suid-Afrikaanse ondernemings.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cAs deel van ontbytSAKE se 25-jaar viering het ons besluit om verdere blootstelling en erkenning aan die land se klein- en medium sakeondernemings te gee. Die doel van hierdie aand is om SAKE op die voorgrond te plaas. Elkeen van hierdie sakemanne en -vroue is wenners in eie reg en hul bly ons mense, ons besighede en ons trots,\u201d voeg Eienaar en Uitvoerende Vervaardiger, Louis Mclaren, by.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie jaar se finaliste het diverse sektore van die ekonomie, onder andere, landbou, vervaardiging, tegnologie, gasvryheid en voedsel verteenwoordig.<\/p>\n\n\n\n<p>Daar was agt besigheids-kategorie\u00eb, waarin \u2018n totaal van 80 besighede deelgeneem het. Die beoordelingsproses het intern plaasgevind en is gemeet op sterkte van die kwaliteit en kykbaarheid van die televisie-insetsels, die ateljee-onderhoude, die plasings op digitale media of die reklamebord advertensies.<\/p>\n\n\n\n<p>\u00b7 Die Algehele Besigheidskategorie-wenner is Henwil Chickens en wenners in die vermaaklikheidskategorie sluit in \u2013 Anrich Herbst (met \u2019n uittreksel van \u2018Sonja Conradie\u2019 uit Orkney Snork nie en \u2019n sangitem saam met Leon Gropp), Hykie Berg as Gunsteling Hoofgas en die geliefde Anika de Beer as Gewildste Segment: weerSAKE<\/p>\n\n\n\n<p>Vir \u2019n volledige lys van katergorie\u00eb en wenners volg die skakel:<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\nhttps:\/\/www.ontbytsake.co.za\/artikels\/lottoland-ontbytsake-onderneming-van-die-jaar-wenners#articleBody\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p>Omdat ontbytSAKE ook bekend is daarvoor dat hulle Onafhanklike Afrikaanse kunstenaars ondersteun, is erkenning in hierdie kategorie gegee aan Renaldo Alberts van RugTeenRug musiek.<\/p>\n\n\n\n<p>ontbytSAKE vier vanjaar 25 jaar op televisie, en is een van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse sake- en vermaaklikheidsprogramme op kykNET en kykNET &amp; kie.<\/p>\n\n\n\n<p>Melinda Meyer, Vervaardiger en Regisseur van ontbytSAKE s\u00ea: \u201contbytSAKE se 25-jaar sukses-bestaan is te danke aan die klein- en medium sake-ondernemings en hierdie toekennings is ons manier om hulle te vereer &#8211; die ruggraat van ons ekonomie. Die Lottoland ontbytSAKE Sakeonderneming van die Jaar Toekenningsgeleentheid gee ons die platform om die werklike helde van ons ekonomie te erken, te vereer en aan ons gehoor voor te stel. Dit dra by tot die program se kernwaardes van inspirasie en sake-insig, en is die ideale geleentheid om die stories van sukses wat die kykers op die lug sien, fisies tot lewe te kan bring.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Die Lottoland ontbytSAKE Onderneming van die Jaar toekennings word uitgesaai op Saterdag 20 Desember met hoogtepunte wat reeds op Saterdag 1 November op die program te sien sal wees, sowel as op hulle verskeie sosiale media platforms.<\/p>\n\n\n\n<p>Fotos: https:\/\/drive.google.com\/drive\/folders\/173tqns78MNyUfFq0ubzoS8iLc_YKe4UF?usp=sharing<\/p>\n\n\n\n<p>Fotograaf Krediet: Andrew Gorman<\/p>\n\n\n\n<p>Uitsaaitye:<\/p>\n\n\n\n<p>kykNET, DSTV kanaal 144<\/p>\n\n\n\n<p>Saterdagoggend: 7:30 \u2013 9:00<\/p>\n\n\n\n<p>Herhaling Sondagoggend: 7:30 \u2013 9:00<\/p>\n\n\n\n<p>Dinsdag en Donderdag: 13:00 \u2013 14:30<\/p>\n\n\n\n<p>kykNET &amp; kie, DSTV Kanaal 145<\/p>\n\n\n\n<p>Saterdagoggend: 8:30 \u2013 10:00<\/p>\n\n\n\n<p>Sondagoggend: 6:00 \u2013 7:30<\/p>\n\n\n\n<p>Dinsdag en Donderdag: 11:30 \u2013 13:00<\/p>\n\n\n\n<p>Vir meer inligting:<\/p>\n\n\n\n<p>Sosiale media<\/p>\n\n\n\n<p>Facebook: www.facebook.com\/ontbytsake<\/p>\n\n\n\n<p>Instagram: www.instagram.com\/ontbytsake Kontak: admin@ontbytsake.co.za www.ontbytsake.co.za<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Glans en swier om sake te vier. onbytSAKE, Suid-Afrika se voorste vermaaklikheidsprogram, is nie net daar om voortreflike televisie-vermaak te bied en uitstekende bemarkingsgeleenthede aan besighede te gee nie, maar verstaan ook die uitdagings wat klein en medium sakeondernemings en entrepreneurs in die gesig staar en dat die rol wat hulle speel om die ekonomie &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2025\/10\/28\/ontbytsake-beloon-en-vereer-die-ruggraat-van-suid-afrika-se-ekonomie\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ONTBYTSAKE BELOON EN VEREER DIE RUGGRAAT VAN SUID-AFRIKA SE EKONOMIE&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1040,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-1039","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"fr","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1039","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1039"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1039\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1041,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1039\/revisions\/1041"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1040"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1039"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1039"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1039"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}