{"id":1027,"date":"2025-05-14T16:59:50","date_gmt":"2025-05-14T16:59:50","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=1027"},"modified":"2025-05-14T16:59:51","modified_gmt":"2025-05-14T16:59:51","slug":"rigting-is-belangriker-as-jou-spoed-se-doodgewone-tiener","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2025\/05\/14\/rigting-is-belangriker-as-jou-spoed-se-doodgewone-tiener\/","title":{"rendered":"RIGTING IS BELANGRIKER AS JOU SPOED&#8221;, S\u00ca DOODGEWONE TIENER"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hildegard Havenga se visie is om ander tieners op te hef en te bemagtig waar sy kan. Sy doen dit deur haar eie ervarings te deel, want as \u2018n doodgewone tiener van Pretoria, sukkel sy ook gereeld met haar eie uitdagings en struikelblokke. Uit haar eie pen, deel Hildegard haar gevoelens oor \u2018n tiener se toekomsplanne:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie Junie eksamen is alweer amper hier. En vir baie tieners voel dit soos net n\u00f3g \u2019n herinnering dat die tyd aanstap \u2013 en dat jy alreeds moet weet waarheen jy oppad is. Dis asof die w\u00eareld \u2019n swaar hand op jou skouer sit en vra: \u201cSo, wat wil jy doen met die res van jou lewe?\u201d Terwyl jy eintlik net probeer konsentreer op daai Wiskundetoets van m\u00f4re. En dit is waar baie van ons vasval: die gevoel dat jy nie net n\u00f3\u00fa moet presteer nie, maar ook reeds \u2019n volwasse plan moet h\u00ea vir \u2019n lewe wat jy nog nie eens geleef het nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek is 16. En ek weet nie altyd nie presies wat ek eendag wil doen nie (of wat ek vanaand wil eet nie). Ek kry oomblikke van helderheid wanneer ek so doodseker is \u2013 en ander tye weer wanneer ek met iemand gesels, voel ek van voor af deurmekaar. Ek voel soms soos iemand wat vrae gevra word oor \u2019n boek wat nog nie eers geskryf is nie.\u201c<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die druk van nou \u00e9n later:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cAan die een kant skree die w\u00eareld aan tieners: \u201cWees net jouself en vind jou identiteit!\u201d Maar aan die ander kant: \u201cKies nou al jou loopbaan. Jou vakke. Jou universiteit. Jou beurs. En doen dit sommer reeds in Graad 8.\u201d Dis nie net onregverdig nie \u2013 dis onrealisties. Jy\u2019s nou eers besig om jouself te leer ken. Sommige oggende voel ek selfversekerd, vol idees en gereed vir enigiets. Ander dae voel ek soos daai een verlore kous wat altyd agterbly in die wasmandjie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is hierdie vreemde kompetisie onder tieners \u2013 en dit speel nie net af in die klaskamer nie. Jy moet nie net slim wees nie. Jy moet ook mooi versorg wees. En sportief. En snaaks. En kunssinnig. Jy moet aan buitemuurse aktiwiteite deelneem, jou CV bou met kursusse, en terselfdertyd jou sosiale media bestuur soos \u2019n mini-influencer. Dis asof jy in \u2019n konstante oudisie is \u2013 vir wie jy is, wat jy die w\u00eareld kan bied, en of jy goed genoeg is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar dis nie al nie. Jy moet dit alles laat lyk asof dit moeiteloos kom. Jy moet koel wees \u2013 sonder om t\u00e9 hard te probeer. Jy moet uniek wees, maar nie t\u00e9 anders nie. Jy moet uitstaan, maar nie aandag soek nie. Jy moet altyd \u201caan\u201d wees: entoesiasties, ingelig, bewus van die nuutste tendense, maar ook ernstig oor jou toekoms. Jy moet jou liggaam fiks hou, jou vel laat gloei, jou Instagram stories op datum h\u00ea \u2013 en dan nog elke dag begin met \u2019n glimlag, asof jy nie onder enige druk is nie. Jy moet jouself wees, maar net as d\u00e1\u00e1i self goed gepoleer, produktief en perfek bemarkbaar vir die toekoms is. Hoe uitputtend.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sosiale media maak dit natuurlik net moeiliker. Jy sien net die hoogtepunte van ander se lewens: iemand wat op 14 al \u2019n bergfietsklere-reeks begin het, iemand anders wat \u2019n beurs vir Harvard losslaan, nog een wat naweke internasionale gigs by die Superbowl kry, en dan di\u00e9 met die YouTube-kanaal wat miljoene kykers lok \u00e9n nog steeds A\u2019s haal. En dan begin jy wonder: Wat makeer my? Wat is my \u201ciets\u201d? Moes ek dit nie al lankal uitgepluis h\u00ea nie?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die druk om reeds jou passie te h\u00ea, \u2019n plan te h\u00ea, \u2019n persoonlikheid te h\u00ea wat mense aantrek \u2013 dit is baie om te dra vir iemand wat nog net probeer oorleef tot Vrydag. Dis \u2019n misleidende storie wat ons vir mekaar vertel: dat jy jonk \u00e9n suksesvol moet wees. Die lewe werk nie so nie. Die meeste mense ontdek eers later wat hul roeping is \u2013 en dis nie omdat hulle agter is nie, dis juis omdat hulle l\u00e9\u00e9f en werk daaraan. Groei vat tyd. En tyd is iets wat jy m\u00f3\u00e9t h\u00ea, veral as jy jouself nog leer ken.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat ek begin besef het, is dat wanneer jy twyfel oor jou toekoms, dit nie noodwendig \u2018n slegte ding is nie. Dit beteken juis jy gee om. Dit wys jy dink. Twyfel is die begin van selfkennis. Party van die mees inspirerende grootmense wat ek ken, het glad nie geweet wat hulle wou doen op 16 nie. Sommige het drasties van rigting verander op 30. En weer op 40.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis tyd dat ons eerliker begin praat oor wat werklik normaal is. Normaal is om onseker te wees. Normaal is om iets met oorgawe te probeer \u2013 en dan van plan te verander. Normaal is om soms verlore te voel tussen al die verwagtinge en geraas. Dis nie lui nie. Dis nie dom nie. Dis nie agter nie. Dis groei. Dis menswees. Dis jou eie pad \u2013 op jou eie tyd.\u201c<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoe begin jy dan dink aan jou toekoms?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk het agtergekom dit help om eenvoudige, eerlike vrae te vra \u2013 nie die tipe vrae wat oor titels of geld of prestasie gaan nie, maar di\u00e9 wat jou help dink oor betekenis. Soos byvoorbeeld:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u00b7 Watter tipe probleme in die w\u00eareld sal ek wil help oplos?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u00b7 Met watter aktiwiteite raak ek s\u00f3 besig dat ek heeltemal van tyd vergeet?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u00b7 Watter soort stories of mense maak iets binne my wakker?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u00b7 Wat doen ek sommer uit eie wil \u2013 sonder dat iemand my vra of betaal?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u00b7 Wat sal ek aanhou doen, al kry ek nie applous daarvoor nie?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die antwoorde wys jou nie noodwendig \u2019n beroep nie. Maar dit wys jou \u2019n rigting. En op hierdie stadium voel dit vir my asof \u2018n rigting belangriker is as \u2018n bestemming.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het eenkeer vir iemand ges\u00ea ek wil \u201ciets met mense\u201d doen. Dit het eers vaag geklink \u2013 tot ek besef het hoe wyd daardie moontlikheid is. \u201cMense\u201c kan beteken medies, onderwys, joernalistiek, kuns, bemarking, sielkunde, of selfs iets wat nog nie bestaan nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons moet ook begin anders praat oor sogenaamde \u201csagte\u201d of kreatiewe vakke. Drama, musiek, kuns, dans \u2013 dis nie bykosse of ekstras nie. Dis noodsaaklik. Dis nie net stokperdjies nie \u2013 dis tale van emosie, maniere van dink, en maniere van wees. Tog is daar steeds \u2018n stigma dat kreatiewe rigtings \u201cpretvakke\u201c is \u2013 nie vir \u2018n regte loopbaan nie. Minder slim. Minder waardevol. Dis asof jy jouself elke keer moet regverdig as jy iets buite die &#8220;hoofstroom&#8221; kies \u2013 veral as dit nie direk tot \u2019n \u201cgewone\u201d beroep lei nie. Maar die w\u00eareld het nie net ingenieurs en dokters en programmeerders nodig nie. Die w\u00eareld het ook mense nodig wat ons leer kyk, voel, luister en verbeel. Mense wat stories vertel, klank gee aan stiltes, en lig bring waar daar donker is. Jy\u2019t nie minder van \u2018n toekoms omdat jy \u2019n kreatiewe pad kies nie \u2013 jy het net \u2019n ander een. En dis net so vol moontlikhede.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Verder is een van die grootste leuens wat ons glo, dat alles moet vinnig gebeur. Jy moet jonk wees \u00e9n suksesvol. Jy moet al voor 21 \u2019n CV h\u00ea wat klink soos \u2018n Netflix-dokument\u00ear oor \u2019n wonderkind. Maar hier\u2019s iets belangriks: enige iets van waarde neem tyd. Selfkennis vat tyd. Groei vat tyd. En om \u2019n vol lewe te bou, is nie \u2019n naelloop nie \u2013 dis \u2019n staptog. En op my staptog probeer ek myself daagliks aan die volgende herinner:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">1. Jou rigting is belangriker as jou spoed. Al beweeg jy stadig, beweeg jy ten minste \u2013 en dis genoeg in tye wanneer jy nog nie al die antwoorde het nie. In \u2019n w\u00eareld wat so fokus op vinnige suksesse, is dit \u2019n groter oorwinning om te besef dat jy jou eie pas kan bepaal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">2. Jy hoef nie in graad 10 jou finale besluit te neem nie. Jy mag van plan verander. Jy mag van rigting draai. Jy mag maar Rekeningkunde inruil vir iets anders. Jy mag s\u00ea: \u201cEk het gedink dis wat ek wil h\u00ea. Maar dis nie meer nie.\u201d Dis nie onseker nie \u2013 dis dapper. Dit neem moed om jou drome te herdefinieer en jou roete aan te pas. Dis j\u00f3\u00fa staptog \u2013 jy mag omdraai, afdraai of stilstaan om weer te ori\u00ebnteer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">3. Jy is nie \u2019n produk nie \u2013 jy is \u2019n proses. Jy is nie iets wat afgemerk en klaargemaak moet word nie. Mense groei. Jy mag ontwikkel. Jy moet ontwikkel. Wat saak maak, is dat jy aanhou stap.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">4. Foute is nie eindes nie. Dis net draaie in jou pad. Jy leer soms juis wie jy is, deur uit te vind wat jy nie is nie. Jy sal jouself dalk kry op plekke waar jy nie verwag het nie, maar elke draai is \u2019n deel van jou mooi storie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">5. Jy is meer as net jou punte of prestasies. Jou menswees, jou perspektief, jou vrae \u2013 is wat regtig tel. Dis dit wat jou uniek maak. Jy mag dalk nie elke toets slaag nie, maar dit beteken nie jy het misluk nie. Jy mag dalk nie weet wat die toekoms vir jou inhou nie, maar wat jy vandag leer, is wat jou voete sterk maak vir m\u00f4re se klim.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jy hoef nie nou al alles te weet nie:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk wens daar is meer grootmense wat dit hardop vir ons s\u00ea. Maar dalk kan ons dit nou vir mekaar s\u00ea: Dat jy nie jou hele lewe se legkaart klaar moet bou teen 18 nie. Jy mag eers nog stukke bymekaar maak, kyk wat pas en wat nie. Dat jy mag eksperimenteer. Mag huil. Mag lag. Mag groei.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek wens ook jy het mense rondom jou wat nie net vir jou s\u00ea wat om te word nie, maar jou vra wie jy is. Mentors wat luister en raad gee sonder om voor te skryf. En vriende wat nie meeding met mekaar nie, maar mekaar vier en ondersteun.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tieners leef in \u2019n tyd waar alles vinnig beweeg en onduidelik voel. Die w\u00eareld druk ons vol idees van wat sukses is, terwyl ons self nog besig is om uit te vind wie ons is. Ons leef in \u2019n era waar likes en shares dikwels die maatstaf is, en dis maklik om jouself in al die verwagtinge te verloor. Maar jy hoef nie alles nou al alles in plek te h\u00ea nie. Jy kan steeds jou eie pad vind, en jy hoef nie \u2019n perfek-gepoleerde weergawe van jouself te wees nie. Jy is nie agter as jy onseker is nie. En jy\u2019s beslis nie alleen nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">My hoop vir elke tiener wat nou eksamen skryf met die idee dat jou punte \u201dmaak of breek\u201c is, of net worstel met die vraag \u201cwaarheen nou?\u201d \u2013 is eenvoudig: Wees goed vir jouself. Doen jou bes. En onthou: jy is nie op aarde net om te presteer nie. Jy is hier om te voel, om te leer, om te groei, om te floreer. En dit vat tyd. Alles hoef nie nou al sin te maak nie. Jy het meer tyd as wat jy dink, en dinge het altyd \u2019n manier om reg uit te werk.\u201c<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">SOSIALEMEDIASKAKELS:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Facebook: <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/hildegardhavenga?__cft__[0]=AZWDV7bOE8YTjcrPOZFMC56eZo-r1nX_08HeCvMpUjKDs3txDKYhe0ITwF1jyne0pmcQ8YDinTStqjFtvJKJOd2qf_hc_02k6N55LYEXAKYqOVWvpMM2Hd6QWQ8x3_iN4ccXnWApG9NHGmmGgL0aT5Qi&amp;__tn__=-]K-R\">https:\/\/www.facebook.com\/hildegardhavenga<\/a><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Instagram: @hildegard.havenga<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">TikTok: @hildegard.havenga<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hildegard Havenga se visie is om ander tieners op te hef en te bemagtig waar sy kan. Sy doen dit deur haar eie ervarings te deel, want as \u2018n doodgewone tiener van Pretoria, sukkel sy ook gereeld met haar eie uitdagings en struikelblokke. Uit haar eie pen, deel Hildegard haar gevoelens oor \u2018n tiener se &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/2025\/05\/14\/rigting-is-belangriker-as-jou-spoed-se-doodgewone-tiener\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;RIGTING IS BELANGRIKER AS JOU SPOED&#8221;, S\u00ca DOODGEWONE TIENER&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1028,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-1027","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.5","language":"fr","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1027","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1027"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1027\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1029,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1027\/revisions\/1029"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1028"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1027"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1027"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/fr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1027"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}