ROWAN ZERF VANG DIE VAKANSIEGEES VAS MET ’N VOETJEUKLEKKER EERSTE SOLO-ENKELSNIT

Dis vakansie en baie mense stroom na die strand om die laaste bietjie somerson te vang voordat die winter dit verjaag. Met sy eerste solo-enkelsnit, waarmee hy na tien jaar uiteindelik sy terugkeer na die musiekbedryf maak, het die gewilde musikant Rowan Zerf dit reggekry om die perfekte treffer op te tower wat gaan koning …

MUSIEKVIDEO VAN PETRONEL BAARD EN JOHAN LIEBENBERG SE TREFFER-DUET NOU BESKIKBAAR!

Sedert die vrystelling van die twee merkwaardige musikante, Petronel Baard en Johan Liebenberg, se sielvolle duet, MAG JY, einde 2023, is die musiekwêreld behoorlik aan die gons. Nie net is dié alternatiewe skepping uit Helena Marais se pen gewild onder Afrikaanse musiekliefhebbers nie, maar dit word ook gereeld gespeel deur groot radiostasies reg oor die …

JOSHUA NA DIE REËN EN KARLIEN VAN JAARSVELD SE MUSIEKVIDEO STEL VRY OP DIE DAG VAN LIEFDE!

Die twee bekroonde sangers en liedjieskrywers, Joshua na die Reën (JNDR) en Karlien van Jaarsveld het op 2 Februarie 2024 hulle liefdes-duet vrygestel wat luisteraars en aanhangerss se asems behoorlik weggeslaan het. BETER VIR ONS ALBEI is ‘n hartroerende popliedjie, uit die ateljee van Gideon Botes, wat gaan oor die bakens wat jy vir jouself …

JANNIE DU TOIT SKOP DIE NUWE JAAR VOLSPOED AF

Nadat 2023 vir Jannie du Toit groot hoogtepunte opgelewer het met twee nuwe verhoogproduksies, ‘n AITSA!-toekenning en ‘n onvergelykbare jaareind-toer met die immer gewilde produksies IN KERSFEESTYD en BONJOUR MONSIEUR BREL, het 2024 ewe blitsig aan die gang gekom. Koos du Plessis se sterfdatum is nou, veertig jaar later, gepas herdenk toe Jannie se program …

HENCK CONREY EN ANDRE LOTTER STEL MUSIEKVIDEO VRY!

Die talentvolle en populere groep, MAN, wat bestaan uit Henck Conrey en Andre Lotter, het met hulle nuutste enkelsnit, Vuur en Vlamme, groot sukses behaal – en nou is die musiekvideo van die treffer hier! VUUR EN VLAMME, uit die pen van Hugo Ludik en Nick Jordaan, spog met ’n internasionale klank en is soos …

LOGAN PIETERSEN STEL ’N EMOSIEBELAAIDE MUSIEKVIDEO VRY VAN NUWE BEMOEDIGENDE TREFFER

Die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Logan Pietersen, het met sy nuutste enkelsnit – wat opgedra is aan almal wat oorsee moet werk en woon om vir hulself en hulle gesinne ’n toekoms te bou – net weereens bewys dat hy die kuns vervolmaak het om met harte te praat. BRING MY TERUG (H2-A) is nie …

VIER DIE FEESTYD EN JACQUES BREL SE NALATENSKAP SAAM MET JANNIE DU TOIT

Na vele suksesvolle dekades op pad met musiek, het die bekroonde sanger en liedjieskrywer, Jannie du Toit, die kuns vervolmaak om gehore te betower met sy uitmuntende musiekproduksies. Hierdie feestyd is geen uitsondering nie en bewonderaars kan oudergewoonte uitsien na ’n hele rits vertonings van 1 tot 21 Desember deur die Vrystaat, Noord-Kaap en al …

NUWE CHRISTIAAN BAARTMAN-ENKELSNIT MOEDIG SUID-AFRIKANERS AAN OM SAAM TE STAAN EN TE FLOREER

Die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Christiaan Baartman, het nou maar een maal die gawe om musiek te gebruik om ’n kragtige boodskap oor te dra, en sy nuutste enkelsnit is ’n duidelike bewys hiervan. VIR MEKAAR is ’n inspirerende en hartroerende kreet wat Suid-Afrikaners aanmoedig om saam te staan, hulle eie potensiaal raak te sien …

PETRONEL BAARD EN JOHAN LIEBENBERG SPAN KRAGTE SAAM VIR HARTROERENDE DUET

Wat gebeur wanneer twee begaafde musikante, soos Petronel Baard en Johan Liebenberg, besluit om ’n duet op te neem van ’n besonderse lied uit Helena Marais se pen? Jy kry ’n hoendervleismooi radiotreffer wat nie net die kieskeurigste oor sal tevrede stel nie, maar ook sal aanklank vind by ’n wye gehoor. MAG JY is …

NEIL SANDILANDS SING DUET MET TARRYN LAMB

Bekende internasionale akteur, sanger en liedjieskrywer, Neil Sandilands span kragte saam met die lieflike en talentvolle sanger, Tarryn Lamb en die resultaat is ‘n meesterstuk. “Kômmôsêdiesê” is geinspireer deur ‘n ervaring op stel tussen Neil en ‘n bekroonde Spaanse akteur. “Iewers in die Covid-jare het ek myself in die oerwoud neffens Coba, Meksiko bevind. Plek …