ONTBYTSAKE MAAK ‘N DRAAI IN MAURITIUS!

Die uiters gewilde kykNET ontbytprogram, ontbytSAKE, in samewerking met World Leisure Holidays, het aan die begin van Julie die pragtige eiland van Mauritius besoek. Die span het by die Anantara Iko Mauritius oord gebly en hulle het verskeie insetsels by en rondom die oord verfilm.

Die span het deelgeneem aan verskeie aktiwiteite wat die oord bied soos joga in die woud en ‘n staproete met sonsondergang op die Bluebay Trail.  Die strand bied 'n rustige en ontspannende omgewing vir 'n draf of vroegoggendstap met sonsopkoms, en die blou waters ‘n verskeidenheid van watersport aktiwiteite soos duik,  snorkel of die verkenning van die mariene park.
 

Die ontbytSAKE-span het saam met Chef James van Anantara gaan inkopies doen by die plaaslike mark in Mauritius vir dié oord se Spice Spoons Experience. Gaste koop hul eie bestanddele, proe straatkos en bekyk besienswaardighede en keer dan terug na die hotel waar hulle ‘n ete sal maak met die bestanddele wat hulle gekoop het.

Die Mauritius Toerisme Raad het die ontbytSAKE-span ook bederf met ‘n uitstappie na Chamarel vir die bekroonde Rhumerie de Chamarel se distileer proses en ‘n Rhum Tasting van ‘n verskeidenheid van hulle Rhum versameling.  Hulle het ook Chamarel se 7 Coloured Earth Geopark in Mauritius, asook die Chamarel Waterfall besoek.

Hoewel Mauritus bekend is vir sy suikerrietplantasies vir die vervaardiging van Rhum, spog dit ook met ‘n ryk geskiedenis van teeverbouiing wat terugdateer na 1765, en hulle het besoek afgelê by die mees prominente teeplantasie, Bois Chéri Tea Plantation naby Mahebourg. Dis die oudste en grootste teeprodusent op die eiland, wat ook deel van “Die Teeroete”van Mauritius is.

Die belewenis van ’n plek wat jy besoek wanneer jy reis, het vir my tot ’n groot mate te make met hoe die mense teenoor jou optree. Buiten die luukshede van die Anantaro Iko Resort (En moet my nie verkeerd verstaan nie, dis ’n absolute lekkerte om gepamperlang te word), is die mense van Mauritius beleefd en hoflik. Nie daai aangeplakte vriendelikheid nie. Hulle gaan uit hulle pad uit om jou te laat welkom voel. En hulle is trots op hulle land. Jy beleef dit in die strate. En die plaaslike bier pas my smaakkliere. Dankie World Leisure Holidays vir hierdie bederf, vertel Leon Gropp, een van die aanbieders.

Sekere bestemmings kan slegs beskryf word deur die ervaring daarvan…hierdie is een van hulle…!”, se Louis Mclaren, Uitvoerende Vervaardiger van ontbytSAKE.

“Dit is vir World Leisure Holidays (WLH) ‘n groot voorreg om hande te vat met kykNET se top weeklikse ontbytprogram. Ons glo die kykers sal die ontbytSAKE episode baie geniet en sien wat die eiland alles bied,” sê Elaine Durr, bedryfsdirekteur van dié gesogte toer operateur.

Die Mauritius-belaaide episode sal op Saterdag, 26 Julie 2025 uitgesaai word op kykNET, kanaal 144 om 07h30.

Indien jy ook ‘n reis na Mauritius wil bespreek, kontak enquiries@wlh.co.za

HERUITSENDINGS:

kykNET (kanaal 144)

Sondag: 07h30

Dinsdag: 12h30

Donderdag: 12h30

kykNET en Kie (kanaal 145)

Saterdag: 08h30

Sondag: 06h00

Dinsdag: 11h30

Donderdag: 11h30

SOSIALEMEDIASKAKELS

WORLD LEISURE HOLIDAYS

Facebook: https://www.facebook.com/WorldLeisureHolidays  

Instagram: @worldleisureholidays

Webwerf: www.wlh.co.za

ONTBYTSAKE

Facebook: https://www.facebook.com/ontbytsake?mibextid=kFxxJD

Instagram: https://www.instagram.com/ontbytsake?igsh=eWt6YjZkaXAwd3oz

Webwerf: https://www.ontbytsake.co.za/