{"id":920,"date":"2024-10-14T06:47:10","date_gmt":"2024-10-14T06:47:10","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=920"},"modified":"2024-10-14T06:47:12","modified_gmt":"2024-10-14T06:47:12","slug":"nuwe-anton-goosen-enkelsnit-besing-die-hoop-wat-nuwe-lewe-bring","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2024\/10\/14\/nuwe-anton-goosen-enkelsnit-besing-die-hoop-wat-nuwe-lewe-bring\/","title":{"rendered":"NUWE ANTON GOOSEN-ENKELSNIT BESING DIE HOOP WAT NUWE LEWE BRING"},"content":{"rendered":"\n<p>\u201c<em>Die verlede l\u00ea ver agter \u2013 dis die toekoms wat wink. Vir die dansende ster, wat in Luka se blou o\u00eb so blink&#8230;\u201d<\/em> is van die treffende lirieke uit die legendariese musikant en liedjieskrywer, <strong>Anton Goosen<\/strong>, se nuutste enkelsnit wat beloof om \u2019n blywende impak te h\u00ea op elkeen wat daarna luister.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>LUKA<\/strong><\/em>, wat \u201clig\u201d of \u201cdraer van lig\u201d beteken in verskeie Slawiese tale is \u2019n strelende akoestiese ballade in \u2019n 6\/8-walsgenre, uit Goosen se eie pen, wat die vreugde en hoop beliggaam wat saam met \u2019n nuwe lewe kom.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens die Liedjieboer vang di\u00e9 snit die liefde en onskuld deur die o\u00eb van \u2019n pasgebore seuntjie vas. <em>\u201cHierdie is \u2019n liefdesliedjie oor \u2019n klein seuntjie, genaamd Luka, met die blouste o\u00eb in die w\u00eareld. Die boodskap is diep, maar eenvoudig: gryp die dag \u2013 carpe diem,\u201d<\/em> verduidelik hy.<\/p>\n\n\n\n<p>Met inspirasie uit die filosoof Nietzsche se woorde, <em>\u201cuit chaos kom daar \u2019n dansende ster\u201d<\/em>, beskryf Anton die metaforiese \u201clig\u201d van die dansende ster as die fakkel wat in Luka se o\u00eb skyn. <em>\u201cMet nuwe lewe kom nuwe hoop,\u201d<\/em> filosofeer hy. <em>\u201cEk skryf dikwels oor waarnemings en emosionele ervarings, soms verander ek name en soms nie.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Luisteraars sal kan identifiseer met die universele temas van liefde en verbintenis wat in <em><strong>LUKA<\/strong><\/em> vervat is. <em>\u201cLiefde is die een konstante deur die eeue. Die wens vir \u2018mooi loop\u2019 (hamba kahle) in die koorgedeelte is universeel, ongeag die taal.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die enkelsnit sluit harmonie\u00eb van Lise Swart en Zolani Mahola in, met Illimar Neitz op kitaar, Schalk Joubert op bas, Kevin Gibson op tromme en Keith Farquharson op die Hammond-orrel.<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> <em><strong>LUKA<\/strong><\/em> volg in die suksesvolle voetspore van <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=9ukorcuBiE0\"><em>Gigi<\/em><\/a>, wat baie goed ontvang is en steeds oor die radio gehoor kan word. \u2019n Musiekvideo van di\u00e9 besonderse lied sal vanaf 28 Oktober 2024 beskikbaar wees.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie video het \u2019n tydlose en futuristiese konsep. Dit kombineer skote van die natuur se ewige skoonheid met mensgemaakte elemente om die tema van tyd se voortbestaan, met of sonder ons, uit te beeld.<\/p>\n\n\n\n<p>Die idee spruit uit die gedagte dat uit die chaos van die eeue \u2019n dansende ster kan ontstaan \u2013 \u2019n viering van die wonder van die lewe, soos gesien in die o\u00eb van \u2019n kind soos Luka.<\/p>\n\n\n\n<p>Die video is \u2019n kombinasie van ou video\u2019s, argiefmateriaal en tonele wat verfilm is op \u2019n wynplaas buite Stellenbosch tydens die Woordfees, met Niel van Deventer as regisseur.<\/p>\n\n\n\n<p>Alom bekend as die vader van Afrikaanse rock, betower Anton Goosen luisteraars reeds vir dekades met sy boeiende lirieke en onvergeetlike deuntjies.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy is in 1946 in die Karoo gebore en het in Kroonstad grootgeword. Oor die jare, het hy meer treffers op sy kerfstok versamel as enige ander Suid-Afrikaner, waaronder <em>Silver de Lange<\/em>, <em>Boy van die suburbs<\/em>, <em>Byeboerwa<\/em>, <em>\u2019n Brief vir Simone<\/em>, <em>Kruidjie-roer-my-nie<\/em>, <em>Jantjie<\/em>, <em>Waterblommetjies<\/em>, <em>Harlekyn<\/em>, <em>Hanoverstraat<\/em>, <em>Trein na Matjiesfontein<\/em>, <em>Ta\u2019 Mossie se sakkie-sakkie boeredans<\/em> en vele meer.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy bydrae tot musiek het hom verskeie toekennings besorg, insluitend SAMA-, Innibos-, en FAK-toekennings.<\/p>\n\n\n\n<p>In 2022 het hy sy eie reeks vellies, Jantjie Veldskoen, in samewerking met Vellies Boutique bekendgestel, en sy lewensverhaal, <a href=\"https:\/\/www.nb.co.za\/af\/view-book?id=9780624089735\"><em>Anton Goosen: Liedjieboer<\/em><\/a>, geskryf deur die bekende joernalis Hanlie Retief, is in 2020 deur NB-uitgewers gepubliseer.<\/p>\n\n\n\n<p>Goosen se planne vir 2025 sluit gereelde toere en optredes en \u2019n paar nuwe liedjies in, asook spesiale projekte om Afrikaans as \u2019n amptelike taal, wat 100 jaar gelede in Mei erken is, te vier. <em>\u201cEk is ook opgewonde oor die komende vier-episode-dokument\u00ear \u2018Riviersonderend\u2019, wat ook deur Niel van Deventer vervaardig is en binnekort uitgereik sal word,\u201d <\/em>voeg hy by.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>LUKA<\/strong><\/em> is die derde enkelsnit vanaf sy nuutste album, <em>Sirkels<\/em>, en is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier: <a href=\"https:\/\/linktr.ee\/antongoosenliedjieboer\">https:\/\/linktr.ee\/antongoosenliedjieboer<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/AntonGoosen\">https:\/\/www.facebook.com\/AntonGoosen<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.antongoosen.co.za\/\">www.antongoosen.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Starburst Promosies<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Danelle Liebenberg El Far<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 071&nbsp;534 7796<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:danelle@starburstmusic.co.za\">danelle@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cDie verlede l\u00ea ver agter \u2013 dis die toekoms wat wink. Vir die dansende ster, wat in Luka se blou o\u00eb so blink&#8230;\u201d is van die treffende lirieke uit die legendariese musikant en liedjieskrywer, Anton Goosen, se nuutste enkelsnit wat beloof om \u2019n blywende impak te h\u00ea op elkeen wat daarna luister. LUKA, wat \u201clig\u201d &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2024\/10\/14\/nuwe-anton-goosen-enkelsnit-besing-die-hoop-wat-nuwe-lewe-bring\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;NUWE ANTON GOOSEN-ENKELSNIT BESING DIE HOOP WAT NUWE LEWE BRING&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":921,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-920","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"es","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/920","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=920"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/920\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":922,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/920\/revisions\/922"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media\/921"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=920"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=920"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=920"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}