{"id":816,"date":"2024-04-08T06:50:06","date_gmt":"2024-04-08T06:50:06","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=816"},"modified":"2024-04-08T06:50:07","modified_gmt":"2024-04-08T06:50:07","slug":"n-kursus-vir-enigiemand-wat-graag-wil-liedjies-skryf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2024\/04\/08\/n-kursus-vir-enigiemand-wat-graag-wil-liedjies-skryf\/","title":{"rendered":"\u2019N KURSUS VIR ENIGIEMAND WAT GRAAG WIL LIEDJIES SKRYF"},"content":{"rendered":"\n<p>Musiek is \u2019n universele taal wat harte kan raak en bemoediging kan bring as dit die regte ore bereik.<\/p>\n\n\n\n<p>Die kuns is egter om jou boodskap s\u00f3 te verpak dat soveel mense moontlik dit hoor en met ander deel.<\/p>\n\n\n\n<p>As jy nog altyd \u2019n liedjie wou skryf of dalk hierdie vaardigheid wil opknap, is dit nou jou kans!<\/p>\n\n\n\n<p>Maroela Media en Akademia se skryfskool, Skryfnet, spog met \u2019n opwindende kursus wat gemik is op enigiemand wat graag betekenisvolle musiek wil skep.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>SKRYF \u2019N LIEDJIE<\/strong>, wat vanjaar vir die tweede keer aangebied word, is \u2019n unieke leerprogram wat op 6 Mei 2024 aanlyn afskop en op 7 en 8 Junie 2024 afsluit met \u2019n tweedaagse praktiese werkswinkel by Maroela Media se kantore in Pretoria.<\/p>\n\n\n\n<p>Die inhoud van die kursus is ontwikkel deur Clive Ridgway en is verwerk en word aangebied deur die gewilde musikant en liedjieskrywer, <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/meiringdeon\">Deon Meiring<\/a>.<\/p>\n\n\n\n<p>Deon het op laerskool sy eerste liedjies begin skryf. Hy\u2019t gedink dit gaan help met sy sukkelende romantiese loopbaan. Dit het nie, maar hy\u2019t nogtans aanhou skryf. Vandag is hy getroud en sy liedjies speel regoor Suid-Afrika met sy gevestigde solo-projek en groepe Glaskas en Dans Dans Lisa. Di\u00e9 begaafde musikant se musiek is al in films en op TV gebruik en hy het al talle opkomende liedjieskrywers begelei om hulle vaardighede te verfyn. Hy skryf en bring ook steeds gereeld nuwe musiek uit.<\/p>\n\n\n\n<p>Gedurende die vier weke aanlyn sessie sal <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/deon.meiring1\">Meiring<\/a> deelnemers begelei om hulle idees om te skakel in treffende lirieke.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>By verlede jaar se liedjieskryfkursus het ons gesien hoe \u2019n hele paar liedjies soos skoenlappers uit glasbottels vrykom. Daar was ook \u2019n paar ruspes wat ons moes voer of waarvoor ons geduldig moes wag. Ek het aanvanklik liedjies begin skryf omdat ek gelukkig glad nie geweet het dit kan moeilik wees ook nie. Elke keer wat ek die kans kry om saam met nuwe liedjieskrywers \u2019n pad te stap leer ek weer die gewoonte van sukkel af. Dan beleef ons saam hoe toweragtig dit kan wees om daai krabbels in die notaboekie \u2019n kans te gee om gesing en gehoor te word. Sommige van die skrywers wat verlede jaar opgedaag het se liedjies is selfs nou beskikbaar op ons fone, radio en TV. Ek sien uit om hierdie jaar nog \u2019n klomp liedjies en hulle skrywers te leer ken,\u201d<\/em> s\u00ea hy.<\/p>\n\n\n\n<p>Tydens die naweek se kontaksessie, waartydens hy bygestaan sal word deur die gewilde <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/jako.meyer.1\">sanger <u>Jako Meyer<\/u><\/a>, sal al die nuwe skeppings getoonset en afgerond word tot \u2019n werkbare liedjie wat voorgel\u00ea kan word vir opname. Die gesogte publisiteitsagentskap, Starburst Promotions, sal ook gedurende hierdie sessie kom gesels oor die belangrikheid van behoorlike bemarking van jou musiek.<\/p>\n\n\n\n<p>Meyer is \u2019n gewilde sanger en musikant wat, buiten vir sy sololoopbaan, al deel was van verskeie groepe soos Flip a Coin, Die Rotweilers, Moses Metro Man en Die Wyndigters (saam met Deon Meiring). Hy het al verskeie radiotreffers uitgereik, asook twee ateljee-albums.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy voeg by: <em>\u201c<\/em><em>Dis vir my \u2019n groot voorreg om weer deel te wees van vanjaar se kursus. Verlede jaar was daar soveel talent, wat met \u2019n bietjie leiding en aanmoediging hul eie grense verskuif het om beter skrywers te word. Ek sal aanbeveel dat enige skrywer hierdie kursus sal aangryp om die selfvertroue tot liedjieskryf na \u2019n volgende vlak toe te vat.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Deelnemers sal ook die kans kry om hulle musiek met die res van die groep te deel om \u2019n gesellige koolstoof en daar gaan ook \u2019n prys wees vir die beste liedjie.<\/p>\n\n\n\n<p>Skryfnet se eerste liedjieskryfkursus het in Mei 2023 plaasgevind en teen die einde van die jaar \u0149 <a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/vermaak\/musiek\/luister-liedjieskrywer-vind-haarself-in-afrikaans\/\">liedjie en musiekvideo<\/a>, <em>Om myself te vind<\/em>, opgelewer uit die pen van die 21-jarige Elsje du Toit.<\/p>\n\n\n\n<p>Nog \u2019n deelnemer, Weco van Basten, het in Februarie 2024 die rock-snit <a href=\"https:\/\/vyd.co\/Lemyneer\"><em>L\u00ea my neer<\/em><\/a> onder sy<\/p>\n\n\n\n<p>verhoognaam <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/VictorBravoMusic\">Victor Bravo<\/a> uitgereik.<\/p>\n\n\n\n<p>As jy ook graag jou liedjieskryf- en musiekdrome wil waar maak, bespreek <a href=\"https:\/\/winkel.akademia.ac.za\/product\/skryf-n-liedjie\/\">hier<\/a>. Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang \u0149 sertifikaat van Akademia.<\/p>\n\n\n\n<p>Inskrywings sluit op 3 Mei 2024. Koste beloop R5 300 per persoon en sluit middagetes en \u0149 braai op die Vrydagaand van die praktiese sessie in. Vervoer en verblyf moet egter self gere\u00ebl word en \u2019n lys van slaapplek in die omgewing sal met deelnemers gedeel word.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook<\/strong>: <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/skryfnetprojek\">https:\/\/www.facebook.com\/skryfnetprojek<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong> @skryfnet_projek<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf: <\/strong><a href=\"http:\/\/www.skryfnet.co.za\/\">www.skryfnet.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Gizela Sharim<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\">gizela@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Musiek is \u2019n universele taal wat harte kan raak en bemoediging kan bring as dit die regte ore bereik. Die kuns is egter om jou boodskap s\u00f3 te verpak dat soveel mense moontlik dit hoor en met ander deel. As jy nog altyd \u2019n liedjie wou skryf of dalk hierdie vaardigheid wil opknap, is dit &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2024\/04\/08\/n-kursus-vir-enigiemand-wat-graag-wil-liedjies-skryf\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;\u2019N KURSUS VIR ENIGIEMAND WAT GRAAG WIL LIEDJIES SKRYF&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":817,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1,14],"tags":[],"class_list":["post-816","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music","category-events"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"es","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/816","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=816"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/816\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":818,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/816\/revisions\/818"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media\/817"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=816"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=816"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=816"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}