{"id":813,"date":"2024-04-05T07:12:03","date_gmt":"2024-04-05T07:12:03","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=813"},"modified":"2024-04-05T07:12:04","modified_gmt":"2024-04-05T07:12:04","slug":"posduif-se-nuwe-album-en-enkelsnit-versprei-soos-n-veldbrand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2024\/04\/05\/posduif-se-nuwe-album-en-enkelsnit-versprei-soos-n-veldbrand\/","title":{"rendered":"POSDUIF SE NUWE ALBUM EN ENKELSNIT VERSPREI SOOS \u2019N VELDBRAND"},"content":{"rendered":"\n<p>Die lang wag is uiteindelik verby, want die gewilde musiekgroep,&nbsp;<strong>POSDUIF<\/strong>, is terug in die kollig met \u2019n vuurwarm enkelsnit en splinternuwe album wat aanhangers se grootste verwagtinge gaan oortref.<\/p>\n\n\n\n<p>Hulle nuutste treffer, <em><strong>BRANDSTIGTER<\/strong><\/em>, uit die pen van James Boland en Nick Jordaan, beloof om die vonke behoorlik te laat spat en is reeds besig om soos \u2019n veldbrand onder musiekliefhebbers te versprei.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Dit is \u2019n Bonnie en Clyde-storie oor passie, jong liefde en om jouself in die oomblik van verlief wees te verloor,\u201d<\/em> verduidelik Boland. <em>\u201cDit is daardie gevoel wanneer jy iemand ontmoet wat jou hele w\u00eareld verander, daardie een persoon wat die vuur in jou aansteek, jou brandstigter.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die groep glo dat die liedjie by luisteraars sal aanklank vind omdat dit opgewek is en omdat die passie daarvan in die musiek en melodie gevoel kan word. <em>\u201cAs jy verlief is of al verlief was, of droom van \u2019n wilde liefde wat jou wil laat uitskree, as jy weet of wil weet hoe dit voel om jouself in iemand te verloor en waar julle al die re\u00ebls wil breek, dan is hierdie liedjie vir jou,\u201d<\/em> verduidelik hulle. Kyk ook uit vir die liriekevideo wat binnekort beskikbaar sal wees.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>BRANDSTIGTER <\/strong><\/em>isook die titelsnit van <strong>POSDUIF<\/strong> se splinternuwe album wat deur Brendan Campbell vervaardig is. Die enkelsnit is aanduidend van die aard van die res van die album \u2013 lewendig, energiek, passievol \u2013 en vang die groep se gevoel oor die album vas.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Elkeen van ons leef met passie en gee alles. Ons het <\/em><em><strong>BRANDSTIGTER <\/strong><\/em><em>as die titelsnit en eerste enkelsnit gekies want dit is \u2019n liedjie wat daardie gees vasvang, een wat ons kliphard wil speel, en met \u2019n liefdesverhaal wat ons wil h\u00ea almal moet ervaar,\u201d<\/em> verduidelik Boland.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy voeg by: <em>\u201cDie album is \u2019n kombinasie van lewendige, energieke musiek wat stories vertel oor groot kuier, wilde liefde, passievol verlief wees en \u2019n voetfout. Dit is oor laat kuier, heelnag dans, vure, vriende en groot gaan. Dan is daar omgee, familie, jou hart se diepste geheime en liefde vir jou kinders. Dit is nege liedjies wat jou op \u2019n rit vat en elkeen is \u2019n storie \u2013 jy moet na almal luister om die volle verhaal te ervaar.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Boland het dit die groep sowat \u2019n jaar gevat om die album te voltooi. <em>\u201cDit was \u2019n lekker album om aan te werk en ons het elke deel geniet. Skryf is \u2019n ongelooflike proses waar jy \u2019n stukkie van jou lewe kan deel, terwyl die produksie en opname kreatief en opwindend is.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Alhoewel meeste van die snitte deur Boland en Jordaan geskryf is, het hulle ook nou saam met die res van die groeplede, Nate Woodman, Marc Brendan en Don Kelly (<em>Lang Storie Kort<\/em>) gewerk.<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> <strong>POSDUIF<\/strong>&nbsp;is in 2018 gestig en het hulle debuut gemaak met die liedjie&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=fDfuVMqqSxc\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><em>Brandy Special<\/em><\/a>, wat meer as 400 000 trefslae op sosiale media gehad het. Sedertdien, het hulle verskeie ander treffers&nbsp;vrygestel en is hulle deur Bok Radio benoem as&nbsp;<em>Groep van die Jaar<\/em>&nbsp;en vir&nbsp;<em>Liedjie van die Jaar<\/em>. Hulle vorige album, <em>Niks Vergelyk<\/em>, het in 2022 die SAMA gewen vir beste pop-album.<\/p>\n\n\n\n<p>Die groep bestaan uit Boland (hoofsanger en kitaarspeler), Jordaan (ritmekitaarspeler en sanger), Amiel Gopal (baskitaarspeler), Campbell (vervaardiger en hoofkitaarspeler) en Nick McCreadie op die dromme.<\/p>\n\n\n\n<p>Met die vrystelling van hulle nuwe album sien hulle daarna uit om soveel as moontlik op te tree, met twee toere \u2013 een langs die kus af en een in Namibi\u00eb \u2013 op die kaarte. Hulle werk ook aan twee musiekvideo\u2019s.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ons is so opgewonde om hierdie nuwe album met mense te deel en weer ons stories te vertel,\u201d<\/em> s\u00ea Boland oor <em><strong>BRANDSTIGTER<\/strong><\/em>. <em>\u201cOns is ongelooflik dankbaar dat ons musiek tot dusver so goed ontvang is en hoop mense geniet die nuwe album.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Posduif het ook hulle nuwe album met n vuurwarm luistersessie aan uitgesoekte gaste en media bekendgestel op 3 April by Whisk Wine Bar in Centurion. Onder die gaste was bekendes soos Hugo Ludik, Jakkie Louw, Demi Lee Moore, Bartlo, Mack Rapapali, Albert Bredenhann, Nastassja Ras, Rowan Zerf, Charlize Berg, Stephan van Huysteen, Diaan Daniels, Luan Jacobs, Annelie Bouwer, Francois van Resburg, Eloff, Cobus Visser, Hildegard Havenga en vele meer wat die groep kom ondersteun het. Kyk gerus na die fotos van die ongelooflike aand hier: <a href=\"https:\/\/www.dropbox.com\/scl\/fo\/arz9015ro9ry6nl4ji59w\/h?rlkey=2zx88trxo7c3zew68erbshjfj&amp;dl=0\">https:\/\/www.dropbox.com\/scl\/fo\/arz9015ro9ry6nl4ji59w\/h?rlkey=2zx88trxo7c3zew68erbshjfj&amp;dl=0<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Krediet vir die luistersessie fotos gaan aan: <strong>ByEvanCaptures<\/strong><br>Instagram handle: @byevancaptures<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>BRANDSTIGTER <\/strong><\/em>is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier: <a href=\"https:\/\/linktr.ee\/brandstigter\">https:\/\/linktr.ee\/brandstigter<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Kyk die liriek video hier: <a href=\"https:\/\/youtu.be\/YISsoGXOLgM\">https:\/\/youtu.be\/YISsoGXOLgM<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>LYS VAN SNITTE<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><em>Brandstigter<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Kaalvoet Kinders<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Voetfout<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Houer Van Jou Geheim<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Geniet die Dans<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Lang Storie Kort<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Lewe is \u2019n Lied<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Vat Jou Hoender<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> <em>Waar Ek My Lippe Neerl\u00ea<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS<br><\/strong><strong>Facebook:<\/strong>&nbsp; <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/PosduifLive\/\">https:\/\/www.facebook.com\/PosduifLive\/<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong> @posduif_live<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Twitter:<\/strong> @Posduif14<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"https:\/\/posduif.live\/\">https:\/\/posduif.live\/<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT EN BEMARKING<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Starburst Promosies<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Danelle Liebenberg El Far<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 071&nbsp;534 7796<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:danelle@starburstmusic.co.za\">danelle@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die lang wag is uiteindelik verby, want die gewilde musiekgroep,&nbsp;POSDUIF, is terug in die kollig met \u2019n vuurwarm enkelsnit en splinternuwe album wat aanhangers se grootste verwagtinge gaan oortref. Hulle nuutste treffer, BRANDSTIGTER, uit die pen van James Boland en Nick Jordaan, beloof om die vonke behoorlik te laat spat en is reeds besig om &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2024\/04\/05\/posduif-se-nuwe-album-en-enkelsnit-versprei-soos-n-veldbrand\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;POSDUIF SE NUWE ALBUM EN ENKELSNIT VERSPREI SOOS \u2019N VELDBRAND&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":814,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-813","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"es","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/813","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=813"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/813\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":815,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/813\/revisions\/815"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media\/814"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=813"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=813"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=813"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}