{"id":707,"date":"2024-01-30T09:17:54","date_gmt":"2024-01-30T09:17:54","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=707"},"modified":"2024-01-30T09:20:18","modified_gmt":"2024-01-30T09:20:18","slug":"jannie-du-toit-skop-die-nuwe-jaar-volspoed-af","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2024\/01\/30\/jannie-du-toit-skop-die-nuwe-jaar-volspoed-af\/","title":{"rendered":"JANNIE DU TOIT SKOP DIE NUWE JAAR VOLSPOED AF"},"content":{"rendered":"\n<p>Nadat 2023 vir Jannie du Toit groot hoogtepunte opgelewer het met twee nuwe verhoogproduksies, \u2018n AITSA!-toekenning en \u2018n onvergelykbare jaareind-toer met die immer gewilde produksies IN KERSFEESTYD en BONJOUR MONSIEUR BREL, het 2024 ewe blitsig aan die gang gekom.<\/p>\n\n\n\n<p>Koos du Plessis se sterfdatum is nou, veertig jaar later, gepas herdenk toe Jannie se program DOEP IS NIE DOOD NIE op Sondag 14 Januarie lewendig deur RSG uitgesaai is &#8211; uit dieselfde SAUK-ateljees waar Jannie in 1981 sy eerste solo-album \u2018N LIEDJIE VIR JOU opgeneem het. Die volgende aand &#8211; die presiese datum waarop Koos oorlede is &#8211; verlede Maandag, 15 Januarie, is die program in \u2018n volgepakte Atterburyteater aangebied. Hierdie keer is \u2018n tweede helfte tot die aand bygevoeg waartydens Koos Doep se dogter Karla, Mathys Roets en ander kunstenaars gesels het oor Koos, die meester van die Afrikaanse kleinkuns, en sy liedjies gesing het.<\/p>\n\n\n\n<p>Die twee nuwe produksies in 2023 was die soloprogram OPPIEKITAAR, waarin hy uitsluitlik sy eie liedjies net met sy kitaar sing, en MARGARETASTRAAT, die storie en musiek van die legendariese liedjie-aande in die vroe\u00eb tagtigerjare by sy destydse huis in Pretoria. In di\u00e9 produksie is die briljante pianis, Chanie Jonker, saam met hom op die verhoog en hulle het verlede jaar by Aardklop gedebuteer. Jannie beplan om laat in Maart \u2018n toer te onderneem met OPPIEKITAAR, maar Chanie gaan in Oudtshoorn by hom aansluit om MARGARETASTRAAT op 25 en 26 Maart by die KKNK aan te bied.<\/p>\n\n\n\n<p>Intussen was daar ook \u2018n heruitsending van DOEP IS NIE DOOD NIE, want Kobus Burger, programbestuurder van RSG skryf: \u201c<em>Selfs mense wat Sondag geluister het, SMEEK ons om dit tog net te herhaal. Julle het die luisteraars DIEP geroer. Ek dink hierdie is ook \u2019n geskiedkundige moment \u2013 om \u2019n nuwe geslag aan Koos en sy werk bloot te stel<\/em>.\u201d Hierdie gebeure en Kobus se woorde het Jannie laat besluit om hierdie jaar baie sterk op die Koos Doep-aanbieding te konsentreer, onder andere deurdat dit die produksie sal wees wat hy aan die einde van die jaar op sy gebruiklike jaareind-toer vat \u2013 soos oor die afgelope dekade weer saam met die virtuose tjellis Susan Mouton en Chanie op die klawers.<\/p>\n\n\n\n<p>Laaste maar nie die minste nie \u2013 wat musiek betref &#8211; bied Jannie \u2019n nuwe program aan oor sy gunsteling-onderwerp, die kleinkuns. Die titel van die program is DIE WOORDE EN DIE WYSIES en hy bied dit aan vir groepe soos leeskringe, skoliere en studente wat \u2019n besondere belangstelling in die taal en musiek \u2013 dus in liedjies het. Hy gesels oor die luisterlied, toonsetting van po\u00ebsie en oor die verhouding tussen musiek en liriek. Hy sing ook toonsettings van gedigte en liedjies waarvan die tekste na po\u00ebsie neig in \u2019n paar tale.<\/p>\n\n\n\n<p>Op \u2019n totaal ander terrein is 2024 ook vir Jannie \u2019n besondere jaar: sy Agterplaas B&amp;B Gastehuis in Melville, Johannesburg, vier op 1 April vanjaar \u2018n kwarteeu as toonaangewende rolspeler in die plaaslike gasvryheidsbedryf. Skitterende graderings op internasionale platforms sluit altyd verwysings in na Agterplaas se ontbyte, wat oor die dekades aan besoekers vanoor die w\u00eareld voorgesit word deur Badia Isaacs, \u2019n geliefde figuur in di\u00e9 omgewing. Jannie het sy liedjie KOFFIEKAFEETJIE opgedra aan Badia en aan sy vriend Lochner de Kock wat \u2019n volle dertig jaar saam met hom in Melville koffie gedrink het voordat hy onlangs Kaap toe verhuis het.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir alle navrae oor Jannie se optredes \u2013 besprekings, kaartjieverkope ens &#8211; skakel Jopie Koen by 072-460-5568 en\/of stuur eposse beide aan&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p><a href=\"mailto:jopie@pierneefteater.co.za\"><u>jopie@pierneefteater.co.za<\/u><\/a>&nbsp;en&nbsp;<a href=\"mailto:jannie@agterplaas.co.za\"><u>jannie@agterplaas.co.za<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook<\/strong>: https:\/\/www.facebook.com\/JannieduToitBlad<\/p>\n\n\n\n<p><strong>YouTube<\/strong>: https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCoMAu3dxQnKK-CYJhDR7iFg<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf<\/strong>: <a href=\"http:\/\/www.janniedutoit.com\/\">www.janniedutoit.com<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Gizela Sharim<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\">gizela@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nadat 2023 vir Jannie du Toit groot hoogtepunte opgelewer het met twee nuwe verhoogproduksies, \u2018n AITSA!-toekenning en \u2018n onvergelykbare jaareind-toer met die immer gewilde produksies IN KERSFEESTYD en BONJOUR MONSIEUR BREL, het 2024 ewe blitsig aan die gang gekom. Koos du Plessis se sterfdatum is nou, veertig jaar later, gepas herdenk toe Jannie se program &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2024\/01\/30\/jannie-du-toit-skop-die-nuwe-jaar-volspoed-af\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;JANNIE DU TOIT SKOP DIE NUWE JAAR VOLSPOED AF&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":708,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1,14],"tags":[],"class_list":["post-707","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music","category-events"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"es","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/707","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=707"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/707\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":709,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/707\/revisions\/709"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media\/708"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=707"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=707"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=707"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}