{"id":664,"date":"2024-01-17T14:57:47","date_gmt":"2024-01-17T14:57:47","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=664"},"modified":"2024-01-17T14:57:48","modified_gmt":"2024-01-17T14:57:48","slug":"nuwe-jong-uitblinker-praat-tieners-se-taal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2024\/01\/17\/nuwe-jong-uitblinker-praat-tieners-se-taal\/","title":{"rendered":"NUWE JONG UITBLINKER PRAAT TIENERS SE TAAL"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die begin van \u2019n nuwe skooljaar, in \u2019n nuwe graad of selfs \u2019n nuwe skool, kan baie uitdagend en selfs vreesaanjaend wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jy kan wel jou eerste skooldag, of selfs week, makliker maak met \u2019n bietjie ekstra moeite, beplanning en raad van iemand wat reeds di\u00e9 pad verskeie kere moes stap.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As daar nou een persoon is, wat gereeld aan nuwe uitdagings blootgestel word en moet weet hoe om te beplan vir die onbekende, dan is dit die bekroonde Suid-Afrikaanse redenaar, spreker, skrywer, model en aktrise, <strong>Hildegard Havenga<\/strong>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie formidabele vyftienjarige van Pretoria staan self aan die begin van haar graad 10-jaar by Afrikaans Ho\u00ebr Meisies en buiten daarvoor om te groei as sosialemedia-be\u00efnvloeder, het sy \u2019n jaar vol toesprake, debatte en opvoerings wat op haar wag.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Omdat dit haar passie is om \u2019n stem vir jongmense te wees en hul op te hef en te bemagtig waar sy kan, deel sy graag \u2019n paar waardevolle wenke om die eerste dag van die nuwe skooljaar so effens makliker te maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens haar is dit belangrik om jou nuwe omstandighede met positiewe entoesiasme te aanvaar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Sien elke jaar as \u2019n nuwe kans om jou merk te maak. Maak dit vir jouself opwindend deur oor al die nuwe geleenthede, vriendskappe en aktiwiteite te praat wat op jou wag,\u201d<\/em> s\u00ea sy. <em>\u201cWees voorbereid en maak seker dat alles voor die tyd mooi georganiseer is. Ek hou ook daarvan om te begin met \u2019n netjiese kamer en lessenaar. <\/em><em>Neem afskeid van die vakansie deur \u2019n sosiale dag te re\u00ebl net voordat die skool begin \u2013 dit help regtig.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Jy moet by \u2019n splinternuwe skool begin&#8230;<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Moenie te vinnig jouself aan vriende of \u2019n groep verbind nie \u2013 dit mag dalk vreemd klink, maar met die stres van nuwe vriende maak is dit soms maklik om die eerste mense wat met jou praat aan te gryp. Maar dis dalk nie die regte vriendegroep vir jou nie. Probeer om nie dadelik die nuwe met die oue te vergelyk nie \u2013 dinge gaan anders wees, maar gee dit net \u2019n kans. Meld dadelik aan vir aktiwiteite, vir so veel as wat jou program kan hanteer. Neem deel aan so veel moontlik! Berei jouself voor op stres \u2013 die onbekende kan bietjie skrikwekkend wees, maar dinge soos oefening en \u2018ek-tyd\u2019 kan help met die oorgang.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Jy voel soms vreemd en heeltemal uit plek uit &#8230;<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Die heel belangrikste ding is jou manier van dink&#8230; miskien is die \u2018senuwees\u2019 eintlik net opgewondenheid en niks anders nie. As jy positief is oor die vreemdheid, gee jy jouself dadelik kans vir groei en ontdekking. Begin sommer dadelik en kry iemand om mee te praat. Probeer jouself \u2019n bietjie druk om juis nuwe dinge te doen \u2013 moenie net vashaak by al jou ou vriende of dinge wat jy ken nie. As \u2019n mens jouself bietjie druk buite dit waarmee jy gemaklik is, kan jy jou dalk net verbaas!\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Jy het slapelose nagte oor kwaai onderwysers en boelies&#8230;<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Beweeg uit die staanspoor nader aan die kwaai onnie of boelie en begin sommer met \u2019n opregte glimlag. Hulle is immers ook net mense en voel moontlik net so onseker soos jy. Plaas jouself vir \u2019n oomblik in hulle skoene om die situasie beter te probeer verstaan. Probeer ook verstaan hoekom jy skrikkerig is vir hulle, sodat jy weet waaraan om te werk. Fokus op jou doelwitte en die positiewe en moenie dat ander mense se gedrag jou onderkry nie.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Jy wil baie graag goeie eerste indrukke maak&#8230;<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Jou eerste geheime wapen is \u2019n opregte glimlag. Maak oogkontak en hou jou kop omhoog. Stel regtig belang in mense deur mooi te luister en nie net te luister om iets terug te s\u00ea nie. Wanneer jy werklik in ander se doen en late belang stel, maak jy reeds \u2019n positiewe konneksie. Volg later weer op waaroor julle gepraat het. En wees net jouself, moenie iets of iemand anders probeer namaak nie \u2013 jy is die beste weergawe van jouself.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Jy soek \u2019n aksieplan vir \u2019n suksesvolle jaar&#8230;<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Droom oor die dinge wat jou vlinders in die maag gee. Oor die dinge wat jy in jou kop visualiseer. Daarna moet jy jou droom afbreek in kleiner stukkies wat meer spesifiek is tot die kwartaal of die maand waarin jy jouself bevind. Skryf dit iewers vir jouself neer, waar jy dit kan sien en maak dan \u2019n lys van dinge wat jy moet doen om jou nader aan jou korttermyndoelwitte sal kry. Besluit wat is die heel belangrikste om mee te begin en wat of wie jy nodig het om jou hiermee te help. Praat met jou ouers of vriende oor hierdie plan, dis so belangrik om te voel dat jy die ondersteuning het. En dan&#8230; as jy sekere doelwitte bereik, vier dit! Onthou net party drome gaan langer vat om te bereik as ander. Soms kom daar ook teleurstellings oor jou pad, maar moet net nie opgee op jou droom nie!\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hildegard het reeds van jongs af besef dat dit haar passie is om mense te vermaak en met haar natuurlike charisma, skerp sin vir humor, entoesiasme en ongelooflike werksetiek het dit nie lank gevat om te begin presteer nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nie net is sy \u2019n nasionale en kategoriewenner van verskeie kunstefeeste, redenaars- en, talentkompetisies en Eisteddfods nie, maar het ook al aan talle modeparades deelgeneem en rolle gehad in verskeie verhoogproduksies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy is ook verbonde aan Steele Model Studios as model, asook Br\u00fcmilda van Rensburg se dramaskool, word gereeld genooi vir oudisies en het al advertensiewerk vir verskeie handelsmerke gedoen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Na skool wil sy graag in Europa gaan studeer en stel op hierdie stadium belang in homeopatie of dieetkunde, maar as sy op plaaslike bodem moet bly is Stellenbosch haar eerste keuse.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie talentvolle jong meisie glo dat balans en goeie tydbestuur krities is vir sukses en dat genoeg slaap, oefening en tyd vir jouself ononderhandelbaar is vir \u2019n gesonde lewe.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Haar doelwit vir 2024 is nie net om die beste te maak van die tyd wat sy nog op skool oor het nie, maar ook om lewens te verander.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Ek wil die jeug bemagtig en steeds \u2019n persoon wees met wie my maats kan vereenselwig, want ek is immers self \u2019n tiener. Die plan is om my stem op verskillende platforms, soos radio, TV en die media, te gebruik om tieners te wys dat hulle mekaar kan ondersteun en dat daar hoop is vir die toekoms. Al verander ek net een lewe, is dit die moeite werd en is ek op die regte pad. My doel is om ons elkeen se reis en leerkurwe \u2019n bietjie makliker te maak deur mense te help verstaan hoe ons dink en voel,\u201d<\/em> sluit sy af.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Facebook: <\/strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/hildegardhavenga\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/www.facebook.com\/hildegardhavenga<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Instagram:<\/strong> @hildegard.havenga<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>TikTok:<\/strong> @hildegard.havenga<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gizela Sharim<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Sel:<\/strong> 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\">gizela@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die begin van \u2019n nuwe skooljaar, in \u2019n nuwe graad of selfs \u2019n nuwe skool, kan baie uitdagend en selfs vreesaanjaend wees. Jy kan wel jou eerste skooldag, of selfs week, makliker maak met \u2019n bietjie ekstra moeite, beplanning en raad van iemand wat reeds di\u00e9 pad verskeie kere moes stap. As daar nou een &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2024\/01\/17\/nuwe-jong-uitblinker-praat-tieners-se-taal\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;NUWE JONG UITBLINKER PRAAT TIENERS SE TAAL&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":665,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[15],"tags":[],"class_list":["post-664","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-motivational"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.5","language":"es","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/664","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=664"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/664\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":666,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/664\/revisions\/666"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media\/665"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=664"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=664"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=664"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}