{"id":570,"date":"2023-09-15T08:46:23","date_gmt":"2023-09-15T08:46:23","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=570"},"modified":"2023-09-15T08:46:23","modified_gmt":"2023-09-15T08:46:23","slug":"joshua-na-die-reen-vier-n-dekade-in-die-musiekbedryf-met-n-nuwe-album","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2023\/09\/15\/joshua-na-die-reen-vier-n-dekade-in-die-musiekbedryf-met-n-nuwe-album\/","title":{"rendered":"JOSHUA NA DIE RE\u00cbN VIER \u2019N DEKADE IN DIE MUSIEKBEDRYF MET \u2019N NUWE ALBUM"},"content":{"rendered":"\n<p><a><\/a> Tien jaar n\u00e1 <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=PtZeL6y3o9U\"><em>Lig op die Horison<\/em><\/a> , een van die multi-bekroonde sanger en liedjieskrywer,<strong> Joshua na die Re\u00ebn<\/strong> se eerste groot treffers, is hy steeds besig om harte te verower met sy betekenisvolle musiek, unieke styl, diep lirieke en besonderse klank.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy is tans besig om voorbrand te maak vir die bekendstelling van sy vierde album, <em><strong>DIE VALLEI<\/strong><\/em>, deur die musiek vanaf die album uit te voer tydens \u2018n reeks uitverkoopte vertonings. Dit voer luisteraars weg en neem hulle saam op \u2019n emosionele avontuur van selfondersoek en vernuwing.<\/p>\n\n\n\n<p>In tipiese Joshua na die Re\u00ebn-styl, is daar \u2019n baie spesiale formaat en boodskap agter sy nuutste projek, wat hy as volg beskryf:<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Kom voel hierdie oomblik saam met my\u2026 ons staan en kyk uit oor die Vallei, dis die begin van ons staproete. Dit het baie gevat om hier te kom, niemand weet beter as jyself nie. Die afgelope tyd was daar iets binne jou wat jou saggies maar dringend geroep het om uiteindelik hier te staan, weg van die samelewing, weg van dit wat jou kop besig hou elke dag.&nbsp;<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Jy weet hoe min jy jouself toelaat om dit te ervaar, en nou is jy hier. Ek kyk in jou rigting, dis tyd om te begin. Ons stap saam af teen die hang van die berg. Ek ervaar hoe jou gemoed ligter raak, daar is niks soos die skoon lug en onbelemmerde gevoel in die atmosfeer van hierdie oomblik nie, die wind deur jou hare, die vo\u00ebltjies en insekte, die stroom onder in die Vallei.&nbsp;<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Daar is soveel hier om te vind. Raak mens net eendag wakker en weet, dit wat jy jou al jare lank aan meet is jy ewe skielik bereid om op te gee, en te vloei in riviere? Die vryheid van hierdie gedagte groei soos vlerke uit jou rug en op een of ander manier voel dit of jy saam met die arende deur die lugstrome in die Vallei sweef.&nbsp;<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Jy wil vir altyd net hier wees, jy wil leef, jy wil jaarringe in oorvloed agter los. Jy wil in die oggend met die son wakker word, kruisbeen onder die seders op die oewer sit en net asem haal en die lewe inneem. Vir te lank was die normaal om nie te voel nie, om nie deel te voel van dit wat die Groot Gees van die Hemel en aarde vir ons gegee het nie. Jy raak stil, want jy weet nou dat dit maar nog altyd hier is vir jou, \u2019n gedagte weg.<\/em>\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Sy nuwe liedjies en vrystellings begin reeds aanklank vind by \u2019n wye gehoor omdat dit \u2019n uiteenlopende kombinasie van lekkerluister popklanke, rustiger meditatiewe snitte en selfs elemente van R&amp;B en alternatiewe musiek bevat. Dit sluit ook samewerkings met verskeie ander kunstenaars, waaronder Karlien van Jaarsveld en die Tuks Camarata-koor, in.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>DIE VALLEI<\/strong><\/em> bestaan uit 18 oorspronklike snitte uit sy eie pen, wat sorgvuldig deur Gideon Botes verwerk is tot \u2019n volmaakte eindproduk.<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> Hierdie album se aanslag is heelwat meer volwasse omdat hy baie meer lewenservaring het as tien jaar gelede, dis ietwat meer kommersieel en gaan verseker \u2019n groter gehoor bereik.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek het besef hoe meer jou musiek oor die radio speel, hoe meer luisteraars bereik jy. Dis tog hoekom jy kuns pleeg, sodat dit mense se lewens kan verander,\u201d<\/em> verduidelik hy. <em>\u201cOp sy mooi manier het Gideon gevat wat ek gebring het en dit omskep in iets waarop ek baie trots is. Ek sal graag in die toekoms weer saam met hom wil werk.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> Omdat elke liewe liedjie uit \u2019n baie persoonlike plek kom, is dit vir hom onmoontlik om \u2019n gunsteling te kies. Hy verklap wel dat <em>Stroom en Rivier<\/em> en <em>Die Groot Gees van Hemel en Aarde<\/em> hom na aan die hart l\u00ea omdat dit in sy eie tuis-ateljee opgeneem is en klanke van sy kinders en vo\u00ebltjies in die tuin vaagweg in die agtergrond gehoor kan word.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy wou met die album en laasgenoemde lied die boodskap oordra dat sy inspirasie vir alles wat hy aanpak in die lewe van God af kom.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek leef met die oorheersende gevoel dat al is God en sy skepping ho\u00e9 groot, hy het my en jou ook gemaak.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>BY MY<\/strong><\/em>, die eerste enkelsnitvrystelling en musiekvideo vanaf sy nuwe album, is ge\u00efnspireer deur \u2019n e-pos-versoek wat hy van \u2019n luisteraar af ontvang het om \u2019n liedjie te skryf vir die persoon se huweliksherdenking, nadat iets gebeur het om die vertroue binne daardie huwelik permanent te skend.<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> \u201c<em>Die lirieke van die liedjie s\u00ea: \u2018Bly. Bly as die w\u00eareld gaan, en jy sal my kry as jy my nog kan sien vir my.\u2019 Ons is so geneig om verby die essens te kyk van wie iemand regtig is. Almal het goed waarmee hulle sukkel, maar ons bly wie ons is ten spyte daarvan. Dis daarom belangrik dat ons mense sien vir wie hulle is en nie vir wat hulle doen nie,\u201d<\/em> verklap de Villiers oor die betekenis agter di\u00e9 besonderse lied. <em>\u201cDit was n voorreg om dit saam met Hannah Foster, Raziela Grey en Renee Kruger te kon opneem, met Gideon Botes as vervaardiger. Musiekvideo deur BrandMill\u201d, <\/em>s\u00ea hy.<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> Di\u00e9 snit wat op 15 September uitgereik word volg in die voetspore van vorige suksesvolle vrystellings soos <em>Lig op die Horison, Soos Nou, Die W\u00eareld Binne My, Vir Altyd, Sterrenet<\/em> en vele meer, wat almal vir maande lank bo-aan die trefferparades in Suid-Afrika gepryk het.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kyk die video hier: <\/strong><a href=\"https:\/\/youtu.be\/My0h4tO5j3I\">https:\/\/youtu.be\/My0h4tO5j3I<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Natuurlik kan \u2019n dekade in die musiekbedryf en \u2019n nuwe album nie verbygaan sonder om behoorlik gevier te word nie. Daarom het die kunstenaar besluit om albumvrystellings op verskillende plekke in die land te hou.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>15 September by The Roots Venue in Potchefstroom.<\/li>\n\n\n\n<li>16 September by Doxa Duo in Wonderboom, Pretoria.<\/li>\n\n\n\n<li>18 September by die stadsaal in Stellenbosch.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>Buiten vir sy orkes, wat bestaan uit Raziela Grey (viool), Heini Berner (kitaar), Gerhard, Bineldell (baskitaar), Stanley June (baskitaar), Andy Maritz (dromme) en Gideon Botes (kitare), gaan hierdie vertonings ook optredes deur \u2019n klomp gaskunstenaars insluit, waaronder Hannah Foster, Ren\u00e9e Kruger, en ander groot verrassings wat hy nie nou al wil weggee nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Kaartjies kos R250 per persoon en is beskikbaar by <a href=\"http:\/\/www.jndr.co.za\/?fbclid=IwAR3cOOx2Pwqm4oZNQRc5jE6Q_byMatQdRvjyjWhGAVxc4_17xWduYnV0H2s\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">www.jndr.co.za<\/a>.<\/p>\n\n\n\n<p>Joshua na die Re\u00ebnhet in 2014 naam gemaak met sy selfgetitelde debuut-album wat talle toekennings gewen het. Sedertdien het hy al verskeie suksesvolle radiotreffers uitgereik en die verhoog gedeel met van die land se gewildste musikante. Hy is ook vanaf 2019 deel van die musiekbeweging, <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MusiekSoosGrond\/\">Musiek Soos Grond<\/a>, saam met sy vriende en mede-musikante, Lizandra Winter, Len Muller, Kaleidoskoop, Leon Gropp en Liani Reynolds.<\/p>\n\n\n\n<p>In 2021 het hy en Simon\u00e9 Roets ook kragte saamgespan in die duet, <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=-qEuYb86S4s\"><em>Ongerep<\/em><\/a>, wat steeds oor die radio gehoor kan word.<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> Hy is opreg lief vir sy gesin en vriende en geniet dit om tyd in die natuur deur te bring. Hy en sy gesin beplan juis om later vanjaar te gaan ontspan en \u2019n lekker staproete aan te pak.<\/p>\n\n\n\n<p>Verder is hy by verskeie opwindende projekte en samewerkings betrokke waaroor hy baie opgewonde is. Dit sluit in \u2019n hoofrol in die rolprent <em>Reisigers<\/em> wat volgende jaar verfilm word, \u2019n bewusmakingsveldtog oor die mens se verantwoordelikheid om die aarde op te pas en \u2019n reeks klere en toebehore saam met die handelsmerk NAVA.<\/p>\n\n\n\n<p>Dis ook vir hom \u2019n groot eer om een van die gesigte te wees van Tapputi Egyptian Perfume Oils se splinternuwe mansreeks wat in Oktober vanjaar bekendgestel word.<\/p>\n\n\n\n<p>Joshua na die Re\u00ebn wil graag onthou word as iemand wat eg was, wat mense liefgehad het en dit gewys het. Sy hart is om bande te bou tussen die verskillende dele van die musiekbedryf, sodat almal kan saamwerk en mekaar se talent kan respekteer.<\/p>\n\n\n\n<p>Met <em><strong>DIE VALLEI<\/strong><\/em> wil hy luisteraars kans gee om vir \u2019n oomblik te ontsnap van die werklikheid en hulle herinner waaroor die lewe regtig gaan.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek hoop dat mense gaan voel hulle sal kan asem haal wanneer hulle na die album luister sodat hulle kan kom na die vallei en weg van hulle besige lewe op die bergkruine.&nbsp;Mense het gedurende Covid-19 baie mure rondom hulle gebou en kan nie meer onthou waaroor die lewe regtig gaan nie en ek wil hulle herinner wat belangrik is,\u201d<\/em> sluit hy af. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>DIE VALLEI<\/strong><\/em> sal vanaf 6 Oktober 2023 op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar wees.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>LYS VAN SNITTE OP DIE ALBUM<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><em>Dreuning op die berge<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>DMT&nbsp;<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Die Groot Gees van Hemel en aarde<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Die verte in<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Stroom en Rivier<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Meditasie<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Broers<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>\u2019<em>n Laaste keer<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Neuteboord<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Iemand soos jy<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Glystroom<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Die Vallei<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Beter vir ons albei<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Daar is lig<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Hoe ver, hoe wyd<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> <em>By my<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Die album is soos \u2019n staproete deur \u2019n pragtige vallei. Aan die begin, soos wat jy afstap na onder, laat jy die gejaagdheid van jou besige lewe agter. Wanneer jy onder kom, is jou gedagtes skoon en oop en is jy in \u2019n meditatiewe fase, waarin jy kan selfondersoek doen en die mooi rondom jou raaksien en waardeer. Dan pak jy die terugtog na bo aan met nuwe moed en energie vir dit wat voorl\u00ea.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/JoshuaNaDieReen\"><u>https:\/\/www.<\/u><u>facebook<\/u><u>.com\/<\/u><u>JoshuaNaDieReen<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Twitter:<\/strong> @JoshuaNaDieReen<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong> @joshuanadiereen<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.jndr.co.za\/\">www.jndr.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Starburst Promosies<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Alishia van Deventer<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 083 635 4717<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:alishia@starburstmusic.co.za\">alishia@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tien jaar n\u00e1 Lig op die Horison , een van die multi-bekroonde sanger en liedjieskrywer, Joshua na die Re\u00ebn se eerste groot treffers, is hy steeds besig om harte te verower met sy betekenisvolle musiek, unieke styl, diep lirieke en besonderse klank. Hy is tans besig om voorbrand te maak vir die bekendstelling van sy &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2023\/09\/15\/joshua-na-die-reen-vier-n-dekade-in-die-musiekbedryf-met-n-nuwe-album\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;JOSHUA NA DIE RE\u00cbN VIER \u2019N DEKADE IN DIE MUSIEKBEDRYF MET \u2019N NUWE ALBUM&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-570","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"es","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/570","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=570"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/570\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":573,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/570\/revisions\/573"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=570"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=570"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=570"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}