{"id":413,"date":"2023-06-14T08:34:39","date_gmt":"2023-06-14T08:34:39","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=413"},"modified":"2023-06-14T08:34:39","modified_gmt":"2023-06-14T08:34:39","slug":"rockgroep-hartklop-bring-hoop-met-treffende-nuwe-ballade","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2023\/06\/14\/rockgroep-hartklop-bring-hoop-met-treffende-nuwe-ballade\/","title":{"rendered":"ROCKGROEP, HARTKLOP, BRING HOOP MET TREFFENDE NUWE BALLADE"},"content":{"rendered":"\n<p>Die dinamiese duo, <strong>Hartklop<\/strong>, wat bekendheid verwerf het vir hulle unieke klank en treffende lirieke, se splinternuwe enkelsnit en musiekvideo is pas uitgereik en reeds besig om soos \u2019n veldbrand te versprei.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>PROBEER<\/strong><\/em> is \u2019n rockballade, geskryf in samewerking met Zulekha Botha, met \u2019n kragtige boodskap van hoop, deursettingsvermo\u00eb en inspirasie.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie besonderse lied delf in die lewe van drie vriende en die moeilike tye wat hulle al moes oorkom.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ons wil graag h\u00ea dat luisteraars hulle eie stories moet koppel aan die liedjie, ongeag van waar hulle hulself in die lewe bevind,\u201d<\/em> verduidelik hulle.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens die twee musikante is hierdie snit gebore terwyl hulle besig was om aan \u2019n ander liedjie te werk en is Zanneli ge\u00efnspireer om die lirieke te skep nadat Cornel die wysie op sy kitaar gespeel het. Zulekha, haar beste vriendin en die groep se bestuurder, het ook waardevolle insette gelewer.<\/p>\n\n\n\n<p>Hulle deel: <em>\u201cOns is al drie geskei, en op daardie oomblik het dit gevoel asof die liedjie oor ons elkeen se storie gaan en die pad wat ons moes stap. Dit het 42-minute geneem om <\/em><em><strong>PROBEER<\/strong><\/em><em> te skryf en ons was baie emosioneel oor die eindproduk, omdat ons besef het dat die liedjie en die proses baie spesiaal is. Ons glo dat mense sal aanklank vind by die boodskap en kan nie wag dat die publiek dit moet hoor nie.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die idee agter die musiekvideo, wat ook nou beskikbaar is, was dat hulle albei op verskillende plekke moes wees, maar mekaar op die ou einde weer moes vind.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is in die Oos-Rand verfilm deur Charles Ackerman, wat ook betrokke was by die produksie van hulle vorige video\u2019s, en hulle is dankbaar dat die proses so maklik gevloei het omdat hulle op die dag redelik gedruk was vir tyd.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Wat die video uniek maak, is dat dit \u2019n wintergevoel het, en vir kykers wys dat daar lig is aan die tonnel ten spyte van koue en moeilike tye. Ons is baie tevrede met die eindresultaat en glo dat die beste video\u2019s en liedjies soms, soos hierdie een, in \u2019n kort tydjie geskep word.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kyk die video hier:<\/strong> <a href=\"https:\/\/youtu.be\/YidrptzNJoY\"><u>https:\/\/youtu.be\/YidrptzNJoY<\/u><\/a>&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>PROBEER<\/strong><\/em> is hulle vierde enkelsnit en volg in die suksesvolle voetspore van <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=bw6eYnvNEuE\"><em>Wentelbaan<\/em><\/a>, wat saam met Abigail Heyns opgeneem is en waarvan die video deur meer as 36&nbsp;000 mense gekyk is. <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=HXGJCzsVZ0E\"><em>Liefling<\/em><\/a> en <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=g4ci1tEdYM0\"><em>Jammer<\/em><\/a> is ook baie goed ontvang.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Hartklop<\/strong>, wat bestaan uit Cornel Viljoen en Zanneli Casey, is \u2019n rockgroep wat in Julie 2022 ontstaan het nadat Zanneli vir Cornel genader het om haar met haar musiek te help.<\/p>\n\n\n\n<p>Vanaf hulle eerste ontmoeting, was dit duidelik dat hulle dieselfde toewyding, passie en drome deel en daarom het hulle besluit om \u2019n groep te vorm.<\/p>\n\n\n\n<p>Die duo se naam is ge\u00efnspireer deur een van hulle oorspronklike liedjies en vang die kern van hulle lewens en liefde vir musiek vas en dien ook as \u2019n simbool van hoop.<\/p>\n\n\n\n<p>Hulle musiek kan hoofsaaklik beskryf word as rock wat elemente en klanke uit die 80\u2019s insluit om \u2019n vars en unieke styl te skep waarby gehore van alle ouderdomme aanklank vind.<\/p>\n\n\n\n<p>Alhoewel hulle dankbaar is vir elke geleentheid wat hulle kry om hul musiek met mense te deel, is hulle besonders trots op <em>Wentelbaan<\/em> en beskou hulle ook die geleentheid om die verhoog met kunstenaars soos Bernice West, Spoegwolf, Juan Boucher en Snotkop te deel as groot hoogtepunte in hulle loopbaan sover.<\/p>\n\n\n\n<p>Die paar verklap ook dat hulle graag in die toekoms saam met Bouwer Bosch en Die Heuwels Fantasties sou wou werk.<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer beide nie voltyds werk nie, is hulle besig om aan sewe onvoltooide liedjies te werk en hulle volgende enkelsnit, <em>Briewe<\/em>, word ook binnekort vrygestel.<\/p>\n\n\n\n<p>Intussen probeer hulle hard om hulleself op sosiale media te bemark deur video-opnames van bekende liedjies te maak en met bewonderaars te deel.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>DIE MENSE AGTER DIE MUSIEK&#8230;<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Cornel Viljoen<\/strong> is \u2019n saggeaarde 33-jare musikant en liedjieskrywer van Boksburg in die Oos-Rand. Hy werk reeds sestien jaar in die musiekbedryf en was veertien toe hy \u2019n konsert bygewoon het wat sy passie vir musiek laat vlam vat het.<\/p>\n\n\n\n<p>Oor die jare was hy deel van verskeie groepe, waarvan Splinter Town seker die bekendste is, en het hy ook sy eie solo-enkelsnit, <em>Ek Weet<\/em>, uitgereik wat steeds op RSG speel.<\/p>\n\n\n\n<p>Hoewel hy geen formele musiekopleiding gehad het nie, het hy na skool vir \u2019n jaar lank kitaar- en musieklesse geneem en homself ook in klavier en baskitaar bekwaam.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy het \u2019n wye musieksmaak, maar Afrikaanse musiek l\u00ea hom die naaste aan die hart en hy meen dat Die Heuwels Fantasties die grootste invloed op sy eie musiekstyl gehad het.<\/p>\n\n\n\n<p>As hy nie gesing het nie, sou hy graag \u2019n akteur wou wees omdat hy dit geniet om mense te vermaak en nie homself kan indink om enigiets anders te doen nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy betrokkenheid in die musiekbedryf het hom geleer om nooit op te gee op sy drome nie en altyd te probeer om \u2019n verskil te maak waar hy kan.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Zanneli Casey<\/strong> is \u2019n musikant in murg en been en is al vir die afgelope 23-jaar aktief in die musiekbedryf doenig.<\/p>\n\n\n\n<p>Di\u00e9 36-jarige sanger en liedjieskrywer het in Meyerton grootgeword, waar haar ma haar van kleins af geleer instrumente speel het, en woon tans in Boksburg saam met haar driejarige dogtertjie.<\/p>\n\n\n\n<p>Haar musieksmaak strek oor verskeie genres, maar sy het \u2019n besonderse voorliefde vir punk-rock en pop, met Avril Lavigne wat oor die jare die grootste invloed op haar eie musiekstyl en kleredrag gehad het.<\/p>\n\n\n\n<p>Omdat sy van musiek hou wat stories vertel, is country ook op haar lys van gunstelinge en sy het ook groot bewondering vir Ariana Grande se vermo\u00eb om met haar stem te eksperimenteer.<\/p>\n\n\n\n<p><br>As sy nie \u2019n musikant was nie, sou sy graag met diere (een van haar anders liefdes) wou werk en \u2019n veilige hawe wou skep vir wilde diere in nood.<\/p>\n\n\n\n<p>Die musiekbedryf het haar geleer om net haarself te wees en nederig te bly en sy glo, nes Bob Marley, dat musiek die vermo\u00eb het om verskillende emosies te ontlont en jou vir \u2019n oomblik van jou probleme te laat vergeet.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Hartklop<\/strong> geniet dit om hulle oorspronklike musiek met mense te deel en probeer om met elke liedjie \u2019n blywende impak op die bedryf te h\u00ea. Hulle glo dat dit juis hul unieke aanslag en betekenisvolle lirieke is wat met harte praat en hulle onderskei van die res.<\/p>\n\n\n\n<p><br><em>\u201cOns wil vir mense \u2019n boodskap bring, vol hoop en hart (en partykeer ook humor). Die lewe is soms moeilik genoeg en almal het uitdagings. Ons het ook \u2019n unieke klank wat hierdie boodskap op \u2019n besonderse manier oordra en waarmee mense kan vereenselwig,\u201d<\/em> sluit hulle af.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>PROBEER<\/strong><\/em> is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier:<\/p>\n\n\n\n<p>Apple Music: <a href=\"https:\/\/music.apple.com\/za\/album\/probeer\/1691457612?i=1691457830\">https:\/\/music.apple.com\/za\/album\/probeer\/1691457612?i=1691457830<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Spotify: <a href=\"https:\/\/open.spotify.com\/track\/1OQOznXFQDzXy8ptjpP4kn?si=cDsfpRy0QJu3B9OeYNC1Aw\">https:\/\/open.spotify.com\/track\/1OQOznXFQDzXy8ptjpP4kn?si=cDsfpRy0QJu3B9OeYNC1Aw<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong>&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/people\/Hartklop\/100089641976738\/\">https:\/\/www.facebook.com\/people\/Hartklop\/100089641976738\/<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram: <\/strong>@hartk.lop<\/p>\n\n\n\n<p><strong>YouTube:<\/strong>&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/@cornelviljoen4144\">https:\/\/www.youtube.com\/@cornelviljoen4144<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Alani Coetsee<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 072 442 6918<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:alani@starburstmusic.co.za\">alani@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die dinamiese duo, Hartklop, wat bekendheid verwerf het vir hulle unieke klank en treffende lirieke, se splinternuwe enkelsnit en musiekvideo is pas uitgereik en reeds besig om soos \u2019n veldbrand te versprei. PROBEER is \u2019n rockballade, geskryf in samewerking met Zulekha Botha, met \u2019n kragtige boodskap van hoop, deursettingsvermo\u00eb en inspirasie. Hierdie besonderse lied delf &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2023\/06\/14\/rockgroep-hartklop-bring-hoop-met-treffende-nuwe-ballade\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ROCKGROEP, HARTKLOP, BRING HOOP MET TREFFENDE NUWE BALLADE&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":414,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-413","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"es","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/413","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=413"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/413\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":416,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/413\/revisions\/416"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media\/414"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=413"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=413"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=413"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}