{"id":284,"date":"2023-04-11T17:51:07","date_gmt":"2023-04-11T17:51:07","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=284"},"modified":"2023-04-11T17:51:07","modified_gmt":"2023-04-11T17:51:07","slug":"deon-groot-se-lofsang-vir-die-een-in-jou-lewe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2023\/04\/11\/deon-groot-se-lofsang-vir-die-een-in-jou-lewe\/","title":{"rendered":"DEON GROOT SE LOFSANG VIR DIE EEN IN JOU LEWE"},"content":{"rendered":"\n<p>Sommige mense reken wanneer jy deur ander geliefd is, gee dit vir jou krag, maar om \u2019n ander persoon innig lief te h\u00ea, vereis waagmoed. In Deon Groot se nuwe lied, <strong>DIE EEN<\/strong> is hierdie emosie die sentrale fokuspunt. <strong>DIE EEN<\/strong> is \u2019n dringende boodskap wat Deon aan daardie een persoon in sy lewe moet oordra.<\/p>\n\n\n\n<p>Deon het di\u00e9 lied aan sy verloofde geskryf. Daarin ondersoek hy die verskil wat <strong>DIE EEN<\/strong> persoon in jou lewe kan bring. Die teer lirieke kry nuwe betekenis met die goeddeurdagte kontras tussen die persoon se afwesigheid en teenwoordigheid.<\/p>\n\n\n\n<p>Wat die lied verder uitsonder, is Deon se vertolking. Sy volwassenheid as kunstenaar staan op die voorgrond en met sy stembeheer skep hy \u2019n oortuigende dringendheid wat ongewoon is in moderne popmusiek. Deon beskryf die lied as een wat hy \u201cvanuit die bors\u201d sing.<\/p>\n\n\n\n<p>Elkeen wat na die lied luister, kan <strong>DIE EEN<\/strong> vervang met die naam van daardie een geliefde persoon in sy\/haar lewe. \u2019n Lofsang vir elke beminde.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>DIE EEN<\/strong> is deur Jake Odendaal vervaardig. Die lied se verwerking ondersteun die tema se dringendheid. Die lied se sagte poprockklanke maak dit geskik vir talle geleenthede, speellyste en radiostasies. Dit is \u2019n liefdeslied met diep betekenis.<\/p>\n\n\n\n<p>Deon het die musiekw\u00eareld in 2017 betre\u00eb en sedertdien reeds groot naam vir homself gemaak. Die talle eerbewyse wat reeds aan hom toegeken is, is \u2019n bevestiging hiervan. Behalwe vir sy meer as eenmiljoen kyke op YouTube, is sy musiek ook met Platinum status vereer vir sy lied WYN, Goue status vir BIETJIE LIEDJIE en talle Bokkie-benoemings (onder andere Beste sanger, Beste lied en Beste album deur \u2019n plaaslike kunstenaar).<\/p>\n\n\n\n<p>Deon is \u2019n boorling van Omaruru in Namibi\u00eb en verduidelik dat hy die meeste van sy kinderjare op klein dorpies deurgebring het. Dis juis hier waar sy grootste dryf vir sy musiek ontstaan het: \u201c<em>Ons wil vir mense van klein dorpies en klein beginne bewys dat jou arbeid jou tot groter dinge sal lei,<\/em>\u201d verduidelik hy.<\/p>\n\n\n\n<p>Aanhangers kan verder uitsien na <strong>DIE EEN<\/strong> se musiekvideo. Die vervaardiging is behartig deur Quintin van <a href=\"https:\/\/m.facebook.com\/quintessentialphotovideoworx\/photos\/\"><u>quintessential.photo.video<\/u><\/a> en dit is verfilm in die pragtige natuurskoon van Nelspruit wat die visier instel op die groep se liefde vir dit wat hulle doen.<\/p>\n\n\n\n<p>As jy vir Deon vra wat vir hom die grootste vreugde deur die hele proses bring, is sy antwoord: \u201c<em>Om nuwe musiek uit te bring is reeds genoeg, maar om musiek te skep wat jy WIL skep, maak dit soveel meer.<\/em>\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Luister na <strong>DIE EEN<\/strong> op alle digitale platforms, radiostasies regoor Suid-Afrika en ook op YouTube, KykNet en ander TV-Kanale.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>DIE EEN<\/strong> is die liefdeslied waarvoor talle Suid-Afrikaners gewag het.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALE MEDIA<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Facebook: https:\/\/www.facebook.com\/deongroot\/<\/p>\n\n\n\n<p>Instagram: <a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/deongroot\">https:\/\/www.instagram.com\/deongroot<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOTIONS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Danelle Liebenberg<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 0715347796<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Epos:<\/strong> danelle@starburstmusic.co.za<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\"><u>www.starburstmusic.co.za<\/u><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sommige mense reken wanneer jy deur ander geliefd is, gee dit vir jou krag, maar om \u2019n ander persoon innig lief te h\u00ea, vereis waagmoed. In Deon Groot se nuwe lied, DIE EEN is hierdie emosie die sentrale fokuspunt. DIE EEN is \u2019n dringende boodskap wat Deon aan daardie een persoon in sy lewe moet &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2023\/04\/11\/deon-groot-se-lofsang-vir-die-een-in-jou-lewe\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;DEON GROOT SE LOFSANG VIR DIE EEN IN JOU LEWE&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":285,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-284","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"es","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/284","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=284"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/284\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":286,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/284\/revisions\/286"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media\/285"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=284"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=284"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=284"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}