{"id":193,"date":"2023-03-13T08:24:49","date_gmt":"2023-03-13T08:24:49","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=193"},"modified":"2023-03-13T08:24:50","modified_gmt":"2023-03-13T08:24:50","slug":"die-teelepeltjies-varsgebakte-boeremusiek-wat-jou-honger-maak-vir-meer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2023\/03\/13\/die-teelepeltjies-varsgebakte-boeremusiek-wat-jou-honger-maak-vir-meer\/","title":{"rendered":"DIE TEELEPELTJIES \u2013 VARSGEBAKTE BOEREMUSIEK WAT JOU HONGER MAAK VIR MEER"},"content":{"rendered":"\n<p>Stories bevat keer op keer lewenslesse waaruit jy kan leer. Sonder oorvertelling sal stories ongelukkig uitsterf. Daarom is dit belangrik dat ons ons stories aan die lewe hou deur dit aan ons nageslag te vertel. Veral stories oor ons erfenis, want daarsonder verloor ons sin vir wie ons is en waarheen ons op pad is.<\/p>\n\n\n\n<p>Met hul nuutste album, ERFENIS, maak <em>Die Teelepeltjies<\/em> seker dat hulle jou weer aan jou herkoms herinner met twaalf varsgebakte Boeremusiektreffers saam op een album.<\/p>\n\n\n\n<p>Die groep gebruik hul diverse en kleurryke klank om boeremusiek weer terug te sit op die radiogolwe. Hulle vars en moderne aanslag sal jou sommer opnuut verlief maak op jou ERFENIS en die boeremusiekgenre.<\/p>\n\n\n\n<p>Die groep bestaan uit Paul Bester, Johnny Volbrecht, Ziaan Hattingh en Christiaan Ras. Hulle unieke klank word verder op hierdie album versterk deur puik konsertina- en banjospel deur Regardt de Bruin en Ernie Bates as gaskunstenaars.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Dis <\/em><em>\u2019n<\/em><em> album wat jou gaan terugneem in tyd en ou herinneringe by jou gaan wakker maak. Jy gaan verlang na mense van vroe\u00ebr in jou lewe, maar terselfdetyd gaan dit jou voete aan die jeuk kry om te wil dans<\/em><em>,<\/em><em>\u201d<\/em> vertel Christiaan.<\/p>\n\n\n\n<p><em>Die Teelepeltjies<\/em> het reeds in 1989 ontstaan toe Christiaan se pa hom geleer het hoe om Boeremusiek te maak. Sy broer, wat die drome gespeel het, het toe nog nie \u2019n dromstel van sy eie gehad nie en moes met twee teelepels op \u2019n verfblik speel. Vandaar die <em>Die Teelepeltjies<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p>ERFENIS is die groep se negende album en is vervaardig deur Kobie Koen van Vonk Musiek, terwyl Ernie Bates die opname behartig het. Elke lied is goed deurdink en die uitvoering is haarfyn beplan. Dit gee aan elke lied genoeg meriete om op sy eie te kan staan.<\/p>\n\n\n\n<p>Boeremusiekliefhebbers kan uitsien na \u2019n paar bekende treffers soos die KALFIEWALS en SUIKERBOSSIE, maar kan ook uitsien daarna om verras te word met \u2019n FAK-KEURSPEL, WILLEM SE VASTRAP en VYEJAM SETIES. Die groep beplan om ook vier nuwe musiekvideos\u2019 vir die album uit te reik.<\/p>\n\n\n\n<p>Tussen die vier lede is daar oorgenoeg variasie in instrumentasie en talent om jou ore vir ure lank te prikkel. Daar is iets vir elkeen om te geniet: ritmekitaar, melodika, klawerbord, dromme, trekklavier, banjo en baskitaar, om net \u2019n paar instrumente te noem.<\/p>\n\n\n\n<p>Met ERFENIS gaan <em>Die Teelepeltjies<\/em> sonder twyfel sommer in die nabye toekoms die dansvloere by talle feestelikhede aan die gang kry. Soos die reuk van varsgebakte brood jou honger maak, sal hierdie album jou lus maak en laat vra vir nog meer.<\/p>\n\n\n\n<p>ERFENIS is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Luister dit hier: <a href=\"https:\/\/linktr.ee\/dieteelepeltjies\">https:\/\/linktr.ee\/dieteelepeltjies<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Kyk die video hier: <a href=\"https:\/\/youtu.be\/xNXQ_gWaZUM\">https:\/\/youtu.be\/xNXQ_gWaZUM<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALE MEDIA<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Facebook: @DieTeelepeltjies<\/p>\n\n\n\n<p>YouTube: Die Teelepeltjies<\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOTIONS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Danelle Liebenberg<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 0715347796<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> danelle@starburstmusic.co.za<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> <strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\"><u>www.starburstmusic.co.za<\/u><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Stories bevat keer op keer lewenslesse waaruit jy kan leer. Sonder oorvertelling sal stories ongelukkig uitsterf. Daarom is dit belangrik dat ons ons stories aan die lewe hou deur dit aan ons nageslag te vertel. Veral stories oor ons erfenis, want daarsonder verloor ons sin vir wie ons is en waarheen ons op pad is. &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/2023\/03\/13\/die-teelepeltjies-varsgebakte-boeremusiek-wat-jou-honger-maak-vir-meer\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;DIE TEELEPELTJIES \u2013 VARSGEBAKTE BOEREMUSIEK WAT JOU HONGER MAAK VIR MEER&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":194,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-193","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"es","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/193","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=193"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/193\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":195,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/193\/revisions\/195"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media\/194"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=193"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=193"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/es\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=193"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}