{"id":977,"date":"2025-01-17T07:10:59","date_gmt":"2025-01-17T07:10:59","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=977"},"modified":"2025-01-17T07:11:00","modified_gmt":"2025-01-17T07:11:00","slug":"kunstefees-in-die-kleine-jannie-du-toit-skop-2025-feestelik-af","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2025\/01\/17\/kunstefees-in-die-kleine-jannie-du-toit-skop-2025-feestelik-af\/","title":{"rendered":"KUNSTEFEES IN DIE KLEINE \u2013 JANNIE DU TOIT SKOP 2025 FEESTELIK AF"},"content":{"rendered":"\n<p>KUNSTEFEES IN DIE KLEINE \u2013 JANNIE DU TOIT SKOP 2025 FEESTELIK AF<\/p>\n\n\n\n<p>Om \u2019n opwindende en volgepropte 2025 in te lui, beplan Jannie du Toit sy vierde KUNSTEFEES IN DIE KLEINE oor die naweek van 25 en 26 Januarie in die Fairtree Atterbury-teater in samewerking met Pretoria FM. Vier produksies \u2013 waarvan nog nie een vantevore by di\u00e9 teater te siene was nie \u2013 word aangebied. Dit belowe om \u2019n uiteenlopende mallemeule van passievolle kwaliteit-musiek te wees waartydens uitstaande professionele musici die verhoog met Jannie deel \u2013 al vyf van hulle graduandi van Tukkies se Musiekdepartement.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2018n Week later verskuif die toneel na die Drostdyteater in Stellenbosch met drie van Jannie se produksies wat nog nie vantevore in die Eikestad te sien was nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Soos Jannie in sy musiekblyspel van 1985, GANSDANS, gesing het: Man, dit gaan \u2019n fenomenaalskaalse fees wees!<\/p>\n\n\n\n<p>DIE PRODUKSIES:<\/p>\n\n\n\n<p>FAIRTREE ATTERBURYTEATER<\/p>\n\n\n\n<p>Saterdag 25 Januarie 2025<\/p>\n\n\n\n<p>09h30 DIE EGGO VAN JOU O\u00cb (openingskonsert) \u2013 hartsmusiek by Cowfish Restaurant oorkant die teater in die sentrum \u2013 canap\u00e9-brunch ingesluit.<\/p>\n\n\n\n<p>12h00 DIE MAAN DEUR \u2019N GAATJIE IN DIE NAG \u2013 Marie Tredoux van Jacobsbaai se sielvolle liedjies met bindteks deur haar vriend, Dana Snyman \u2013 vroe\u00ebr ook \u2019n \u201cJacobsbaaier\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p>15h00 MARGARETASTRAAT \u2013 Jannie vertel die verhaal van die legendariese \u201cliedjie-aande\u201d van 1981 en \u201982 by sy huis in Pretoria.<\/p>\n\n\n\n<p>Sondag 26 Januarie 2025<\/p>\n\n\n\n<p>15h00 DE WALS VAN DE LIEFDE \u2013 die debuut van Jannie se nuwe program wat bestaan uit sy persoonlike gunstelinge uit die Nederlandstalige kleinkuns van die twintigste eeu: die hoogtepunt van die KUNSTEFEES IN DIE KLEINE.<\/p>\n\n\n\n<p>Bespreek by <a href=\"https:\/\/l.facebook.com\/l.php?u=http%3A%2F%2Fseatme.co.za%2F%3Ffbclid%3DIwZXh0bgNhZW0CMTAAAR3syCk05pbTqWQ4Ie46zyiq6HyK2wb04EnT109NUmWQYVL4YEqgtGryOvo_aem_3RRv-g92me-aGca2f7s0ag&amp;h=AT1CWYho4aYaHF3a_Eiwyt6OgaqdkHEA2f5F5ghBTXCAoDpBNIwN-RJy4ubbBvGz5ezk5sx186Q53pLOxBWIMTsLE6t_hUiCYdpzLoardPNB6ry6qpCdNBdS05jytjcxwQ&amp;__tn__=-UK-R&amp;c[0]=AT0BmHNwxhI7c81zIWA6WYy6a2be0yLcJVXbdbpcGEjw1jnU9EvhnOL9fKZJrKlWfMiZusZ0Lu3cPnNFbr-7Bzn_g8ez6sGdZ0OrQQ3s3ndB_oRY431FTRSE8M98nH25Pbv7pJw34zvMUrzcjfYhkuFig-G5YSAVVDz2mJXMQQEt38-lWOCExKqkWExzq-AB1CdXMdLBkO_vtrf2lnbldW4xtQk\" rel=\"noreferrer noopener\" target=\"_blank\">seatme.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Bespreek vir al drie produksies wat in die teater self aangebied word, en kry 30% afslag daarop.<\/p>\n\n\n\n<p>DROSTDYTEATER<\/p>\n\n\n\n<p>Saterdag 1 Februarie 2025<\/p>\n\n\n\n<p>19h00 Oppiekitaar &#8211; Jannie net met sy kitaar op die verhoog met &#8216;n keur uit die talle liedjies wat hy oor die afgelope halfeeu geskryf het. Sy werk is nog altyd gemik op die fynproewer, maar soos &#8216;N LIEDJIE VIR JOU van 1978 al bewys het, l\u00ea daardie woorde en akkoorde ook lekker op die &#8220;gewone&#8221; oor.<\/p>\n\n\n\n<p>Sondag 2 Februarie 2025<\/p>\n\n\n\n<p>11h00 Margaretastraat<\/p>\n\n\n\n<p>15h00 De Wals van de Liefde<\/p>\n\n\n\n<p>Vir produksies by die Drostdyteater, bespreek by:<\/p>\n\n\n\n<p>Margaretastraat<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\nhttps:\/\/www.webtickets.co.za\/v2\/Event.aspx?itemid=1557798298\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p>De Wals van de Liefde<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\nhttps:\/\/www.webtickets.co.za\/v2\/event.aspx?itemid=1557798663\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p>Oppiekitaar<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\nhttps:\/\/www.webtickets.co.za\/v2\/event.aspx?itemid=1557797881\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p>MEER OOR DIE PRODUKSIES:<\/p>\n\n\n\n<p>Saam met die hooftjellis van die Johannesburgse Filharmoniese Orkes, Susan Mouton, begin Jannie sy fees om halftien op Saterdag 25 Januarie met \u2019n program getitel DIE EGGO VAN JOU O\u00cb. Die immergroen liedjie van Gisela de Villiers definieer die essensie van die program wat saam met \u2019n laat ontbyt aangebied word by Cowfish, \u2019n baie gewilde restaurant skuins oorkant die teater in die sentrum. Susan en Jannie, wat al veertien jaar gereeld as duo saam werk, betower die gehoor met die magiese kombinasie van kitaar, tjello en stem, wat goue oues se trefkrag tot nuwe hoogtes voer. Die vrolikheid en nostalgie betrek musiek uit die sestigs soos die Beatles en Dylan, van Jannie se eie werk, di\u00e9 van Jacques Brel en van \u2019n paar persoonlike musiekvriende waaronder Christa Steyn en Koos Doep. Hierdie aanbieding eindig \u2019n halfuur voordat die eerste program op die teater se verhoog begin. Omdat \u2019n canap\u00e9-brunch ingesluit is by die kaartjieprys, sal aanlyn besprekings vir hierdie produksie om 12h00 op Vrydag 24 Januarie 2025 sluit.<\/p>\n\n\n\n<p>DIE MAAN DEUR \u2019N GAATJIE IN DIE NAG is \u2019n program waarin Jannie die musiek van Marie Tredoux bekend stel \u2013 sy jarelange vriendin en \u2019n legende in Jacobsbaai aan die Weskus. Hy is haar grootste bewonderaar en het in 1988 haar musiek verwerk vir \u2019n langspeelplaat wat fynproewers gaande gemaak het. Van haar liedjies is intussen vir kore verwerk, Laurika het een daarvan opgeneem en nog een verskyn in die nuwe uitgawe van die FAK Sangbundel. Haar liedjies herinner aan die taalvaardigheid, wysheid en aardsheid van digters soos Boerneef en spreek van \u2019n besondere aanvoeling vir die verhouding tussen taal en musiek. Sy skryf oor die prentjiemooi Jacobsbaai wat in die lente ook blomtuin word, op \u2019n universele manier ook oor die ongenaakbare see, die dro\u00eb Sandveld en die Weskus-mense se lief en leed. Saam met Jannie op die verhoog is fluitis Annelie du Plessis en pianis Chanie Jonker. Die bindteks vir die program is deur Dana Snyman geskryf \u2013 \u2019n vriend van Marie wat vroe\u00ebr op Jacobsbaai gebly het. Die program begin om 12h00 op Saterdag 25 Januarie 2025 op die verhoog van die Fairtree Atterbury-teater.<\/p>\n\n\n\n<p>Om 15h00 op Saterdag 25 Januarie is die bekende pianis, verwerker en musiekregisseur, Chanie Jonker, saam met Jannie op die verhoog in sy produksie MARGARETASTRAAT. Jannie herleef die legendariese en nostalgiese liedjie-aande van 1981 en \u201982 by sy huis in Pretoria. Na di\u00e9 aande in Margaretastraat 28 is daar deur die jare dikwels in proefskrifte, dokument\u00eare programme en deur kunstenaars op verho\u00eb verwys.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy vertel die volle verhaal van di\u00e9 aande en sing liedjies wat vir die eerste keer by Margaretastraat 28 gehoor is en hy gee perspektief op die rolspelers \u2013 Koos Doep, Anneli van Rooyen, Coenie de Villiers, Janita Claassen, Andy Lubbe en vele ander \u2013 asook die bydraes wat hulle gemaak het. Lucas Maree het meermale vertel hoe die liedjie-aande hom vir die eerste keer ge\u00efnspireer het om in Afrikaans te skryf en te sing. Die wisselwerking tussen liedjieskrywers, teksskrywers, sangers \u2013 aspirante en gevestigdes \u2013 maar ook die gehoor, het \u2019n onmiskenbare rol gespeel in die ontwikkelingsgeskiedenis van moderne ligte Afrikaanse musiek.<\/p>\n\n\n\n<p>Veertig jaar nadat Jannie du Toit \u2019n eerste Nederlandstalige liedjie op die Staatsteater se verhoog gesing het, is DE WALS VAN DE LIEFDE van Toon Hermans die titellied van \u2019n program wat Jannie saamgestel het uit sy persoonlike gunsteling Nederlandstalige liedjies.<\/p>\n\n\n\n<p>Die frase uit sy weergawe van Jacques Brel se Madeleine: \u201czij is zo heerlijk, heerlijk\u201d het deur die jare inslag in die volksmond gekry en by sy konserte is daar altyd weer versoeke vir sy \u201cHollandse\u201d liedjies: Madeleine en Marieke van Brel, Ik zou wel eens willen weten van Jules de Corte, Achter de horizon van Robert Long, Belastingcontroleur van Urbanus en De kleine man van Louis Davids. Nou kry musiekliefhebbers die geleentheid om al die \u201ctoppers\u201d in een program te hoor.<\/p>\n\n\n\n<p>Saam met sy kitaar word Jannie in DE WALS VAN DE LIEFDE op klavier en alt-saxofoon begelei deur die uiters musikale egpaar Marcel en Deryn Dednam, wat \u2019n paar jaar gelede pryswenners in Jannie se \u2019N NUWE BAADJIE-kompetisie was. Marcel het bekendheid verwerf as begeleier vir Natani\u00ebl, Anna Davel, Leon Gropp en andere en Deryn is \u2013 soos Marcel \u2013 gereeld deel van Anna Davel se ensemble. Albei is musiekonderwysers in Pretoria.<\/p>\n\n\n\n<p>Die produksie debuteer om 15h00 op Sondag 26 Januarie 2025 as hoogtepunt van Jannie se KUNSTEFEES IN DIE KLEINE by die Fairtree Atterbury-teater in samewerking met Pretoria FM.<\/p>\n\n\n\n<p>OPPIEKITAAR<\/p>\n\n\n\n<p>Soos laas tydens die opgewondenheid van Musiek en Liriek-in die sewentigs is Jannie net met sy kitaar op die verhoog. Di\u00e9 program is &#8216;n keur uit die talle liedjies wat hy oor die afgelope halfeeu geskryf het &#8211; &#8216;n verrassend wye verskeidenheid van meer en minder bekende liedjies waarin vrolikheid en nostalgie afgewissel word. Sy liedkuns word deur die jare gekenmerk deur keurige tekste, vindingryke akkoordgebruik en, nou meer as ooit tevore, deur sy bedrewenheid op die kitaar. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos &#8216;N LIEDJIE VIR JOU van 1978 al bewys het, l\u00ea daardie woorde en akkoorde ook lekker op die &#8220;gewone&#8221; oor.<\/p>\n\n\n\n<p>OPPIEKITAAR word om 19h00 op Saterdag 1 Februarie in die Drostdyteater aangebied.<\/p>\n\n\n\n<p>SOSIALEMEDIASKAKELS<\/p>\n\n\n\n<p>Facebook: <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/JannieduToitBlad?__cft__[0]=AZUdeebBROMj_6k24Q_NKMZpHwaJNzQiXozPhxn3c2OdahIlSOiVmS9kbAO66-LgiU-g8KHQc4gnNYstW6IC1_NSXovWRlpDwLXbiH5v1__jVJa5-5ZpF_oflDxAcrU0MN5TOeZRIR94B-9pKm1LmR2zIFRbJ7GHhTYnqS7QbR01FJrD8BONcOhoKnYneDbmZ8E&amp;__tn__=-]K-R\">https:\/\/www.facebook.com\/JannieduToitBlad<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>YouTube: <a href=\"https:\/\/l.facebook.com\/l.php?u=https%3A%2F%2Fwww.youtube.com%2Fchannel%2FUCoMAu3dxQnKK-CYJhDR7iFg%3Ffbclid%3DIwZXh0bgNhZW0CMTAAAR1rz-zgNBSB5L2wJlrXdAqmzkQcoY-Dgqr-9mJxqI9N2-1o5assRb8a2cU_aem_C6WkuhqGN8ABjJPsHAm6Pw&amp;h=AT04EjcK-4Vd9OtOdN-ySPszIyYlMVOmJb4vygMn3UZ9xJDX6PxAK0RDTGEXeLj_QE9J9fMRFbZeB2_Jwl3pZDhcIu8ql8R5NqLK3DDQqk3W7zSZfIdEC4tpoElvxDj-mw&amp;__tn__=-UK-R&amp;c[0]=AT0BmHNwxhI7c81zIWA6WYy6a2be0yLcJVXbdbpcGEjw1jnU9EvhnOL9fKZJrKlWfMiZusZ0Lu3cPnNFbr-7Bzn_g8ez6sGdZ0OrQQ3s3ndB_oRY431FTRSE8M98nH25Pbv7pJw34zvMUrzcjfYhkuFig-G5YSAVVDz2mJXMQQEt38-lWOCExKqkWExzq-AB1CdXMdLBkO_vtrf2lnbldW4xtQk\" rel=\"noreferrer noopener\" target=\"_blank\">https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCoMAu3dxQnKK-CYJhDR7iFg<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Webwerf: <a href=\"https:\/\/l.facebook.com\/l.php?u=http%3A%2F%2Fwww.janniedutoit.com%2F%3Ffbclid%3DIwZXh0bgNhZW0CMTAAAR0H5mt38MLEoIKLv4mPNy8UaiBP-U6NGo58KFWI8As1eE9HWDSMWgesWpE_aem_L9wfu6NOlIrxvakHuqf2_A&amp;h=AT2xOop0OQ2cOhTnyM664D1HGuiY9AHWXllyxdMBcPSqHxEpXOvybhqgZ8WORexcS2ZDEFlIp7NcM7h_9rvfb11HQDuVlOuaD7gSzHMoabHTEc_aNfKjrrP3TAwnm1wwPg&amp;__tn__=-UK-R&amp;c[0]=AT0BmHNwxhI7c81zIWA6WYy6a2be0yLcJVXbdbpcGEjw1jnU9EvhnOL9fKZJrKlWfMiZusZ0Lu3cPnNFbr-7Bzn_g8ez6sGdZ0OrQQ3s3ndB_oRY431FTRSE8M98nH25Pbv7pJw34zvMUrzcjfYhkuFig-G5YSAVVDz2mJXMQQEt38-lWOCExKqkWExzq-AB1CdXMdLBkO_vtrf2lnbldW4xtQk\" rel=\"noreferrer noopener\" target=\"_blank\">www.janniedutoit.com<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>KUNSTEFEES IN DIE KLEINE \u2013 JANNIE DU TOIT SKOP 2025 FEESTELIK AF Om \u2019n opwindende en volgepropte 2025 in te lui, beplan Jannie du Toit sy vierde KUNSTEFEES IN DIE KLEINE oor die naweek van 25 en 26 Januarie in die Fairtree Atterbury-teater in samewerking met Pretoria FM. Vier produksies \u2013 waarvan nog nie een &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2025\/01\/17\/kunstefees-in-die-kleine-jannie-du-toit-skop-2025-feestelik-af\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;KUNSTEFEES IN DIE KLEINE \u2013 JANNIE DU TOIT SKOP 2025 FEESTELIK AF&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":978,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-977","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"de","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/977","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=977"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/977\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":979,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/977\/revisions\/979"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media\/978"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=977"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=977"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=977"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}