{"id":943,"date":"2024-10-30T10:04:41","date_gmt":"2024-10-30T10:04:41","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=943"},"modified":"2024-10-30T10:04:43","modified_gmt":"2024-10-30T10:04:43","slug":"len-muller-bring-hulde-aan-sy-gesin-met-nuwe-kortspeler-en-enkelsnit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2024\/10\/30\/len-muller-bring-hulde-aan-sy-gesin-met-nuwe-kortspeler-en-enkelsnit\/","title":{"rendered":"LEN MULLER BRING HULDE AAN SY GESIN MET NUWE KORTSPELER EN ENKELSNIT"},"content":{"rendered":"\n<p>Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is <strong>Len Muller<\/strong> ook bekend as \u2019n man wat passievol is oor sy gesin en veral pa-wees.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is daarom heel gepas dat sy nuutste kortspeelplaat, <em><strong>ARENDE EN ENGELE<\/strong><\/em>, opgedra word aan sy vrou en seun.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie projek is \u2019n intieme en persoonlike weergawe van Len se lewe, ge\u00efnspireer deur sy reis as \u2019n pa, eggenoot, musikant en mens.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek dink luisteraars gaan aanklank vind by die eerlikheid en die emosie van die liedjies op die kortspeler. Dit bied \u2019n diep insig in die emosionele reis van vaderskap, en ek glo dat dit nie net ouers sal raak nie, maar enigeen wat met dieper lewenskwessies worstel. Die liedjies is intiem en ek hoop dit bied luisteraars troos en bemoediging,\u201d<\/em> verduidelik hy oor die inspirasie agter sy nuwe vrystelling.<\/p>\n\n\n\n<p>Die album, wat hy beskryf as \u2019n <em>\u201cakoestiese ballade album met diep lirieke en intieme stemopnames\u201d<\/em>, bevat \u2019n mengsel van akoestiese pop en country musiek, en is vervaardig deur die bekroonde Theo Crous by Bellville Studios.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Theo se kundigheid en gevoel vir emosie en liedjie betekenis het die liedjies laat lewe kry op &#8216;n manier wat die rou emosie van die lirieke mooi deur skyn op elke lied,\u201d<\/em> verklap hy oor die geleentheid om saam met so \u2019n gesoute en talentvolle vervaardiger te werk.<\/p>\n\n\n\n<p>Al die snitte op die kortspeelplaat kom uit sy eie pen, behalwe vir sy weergawe van die Prime Circle-treffer, <em>She always gets what she wants<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek is baie opgewonde om te deel dat hierdie vrystelling my eerste Engelse opnames insluit. Ek het gevoel dat die temas van die liedjies so persoonlik is dat dit my toegelaat het om ook in Engels te sing, wat vir my \u2019n nuwe en verfrissende uitdaging was. Ek hoop dat die kombinasie van tale die kortspeler \u2019n bre\u00ebr aantrekkingskrag sal gee en dat dit mense sal bereik wat dalk nog nooit na my musiek geluister het nie.\u201d<br><\/em><br><\/p>\n\n\n\n<p>Met die vrystelling van die album kom ook die bekendstelling van die sentrale liedjie, <em><strong>VERWAGTINGS<\/strong><\/em>,<\/p>\n\n\n\n<p>wat as \u2019n liefdesbrief aan sy seun, Arend, dien.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Muller is dit een van die persoonlikste liedjies wat hy nog ooit geskryf het en hoop hy dat dit<\/p>\n\n\n\n<p>iets sal wees waaraan sy seun altyd kan vashou.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek wou iets skep wat Arend sal herinner aan hoe lief ek hom het en hoe ek altyd die beste vir hom wil h\u00ea,\u201d<\/em> s\u00ea Len. <em>\u201cDie liedjie is gevul met hoop, liefde en die vrese wat elke ouer het vir hulle kind se toekoms. Ek het dit baie intiem en opreg probeer hou, en hoop dat die liedjie mense sal herinner aan die belangrikheid van familie en die klein oomblikke wat dikwels die grootste impak het.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>VERWAGTINGS<\/strong><\/em> volg in die voetspore van <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=DIydWdE-b8k\"><em>Jy\u2019s Okay<\/em><\/a> (waarvan daar ook \u2018n <em>remix<\/em> beskikbaar is), die eerste vrystelling vanaf sy nuwe kortspeler, asook talle ander groot radiotreffers.<\/p>\n\n\n\n<p>Sedert die begin van Len se loopbaan, is sy musiek al meer as 2 miljoen keer gestroom op Apple Music en hy is tans besig om aan \u2019n vollengte album te werk, optredes te re\u00ebl om sy nuutste musiek met aanhangers te deel en die bestuur en besprekings van groot kunstenaars, soos Juan Boucher en Danie Re\u00ebnwolf, te hanteer.<\/p>\n\n\n\n<p>Met diep, introspektiewe lirieke en meesleurende melodie\u00eb, bied <em><strong>ARENDE EN ENGELE<\/strong><\/em>, en veral <em><strong>VERWAGTINGS<\/strong><\/em> meer as net musiek; dit is \u2019n emosionele reis wat luisteraars uitnooi om dieper na hulle eie lewens te kyk.<\/p>\n\n\n\n<p>Die kortspeler en enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kry dit hier:<\/strong> <a href=\"https:\/\/ditto.fm\/arende-en-engele\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/ditto.fm\/arende-en-engele<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>LYS VAN SNITTE:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><em>Jy\u2019s Okay<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Slaaploos<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Verwagtings<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>She always gets what she needs<\/em> (Prime Circle-verwerking)<\/p>\n\n\n\n<p><em>Fly<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:&nbsp;<\/strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/lenmuller1\/?fref=ts\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/www.facebook.com\/lenmuller1\/?fref=ts<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Twitter:&nbsp;<\/strong>@lenniemuller<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:&nbsp;<\/strong>@lennie.muller<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:&nbsp;<\/strong><a href=\"http:\/\/www.lenmuller.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>www.lenmuller.co.za<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>YouTube:<\/strong><a href=\"http:\/\/www.youtube.com\/lenniemuller\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>www.youtube.com\/lenniemuller<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SoundCloud:<\/strong>&nbsp;<a href=\"http:\/\/www.soundcloud.com\/lenmuller\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>www.soundcloud.com\/lenmuller<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Starburst Promosies<\/p>\n\n\n\n<p>Gizela Sharim<\/p>\n\n\n\n<p>Sel: 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p>E-pos: <a href=\"mailto:gizela101@gmail.com\">gizela101@gmail.com<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Webwerf: <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as \u2019n man wat passievol is oor sy gesin en veral pa-wees. Dit is daarom heel gepas dat sy nuutste kortspeelplaat, ARENDE EN ENGELE, opgedra word aan sy vrou en seun. Hierdie projek is \u2019n intieme en persoonlike weergawe van Len &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2024\/10\/30\/len-muller-bring-hulde-aan-sy-gesin-met-nuwe-kortspeler-en-enkelsnit\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;LEN MULLER BRING HULDE AAN SY GESIN MET NUWE KORTSPELER EN ENKELSNIT&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":944,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-943","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"de","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/943","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=943"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/943\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":945,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/943\/revisions\/945"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media\/944"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=943"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=943"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=943"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}