{"id":908,"date":"2024-08-29T13:41:28","date_gmt":"2024-08-29T13:41:28","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=908"},"modified":"2024-08-29T13:41:29","modified_gmt":"2024-08-29T13:41:29","slug":"vir-onmiddellike-uitreiking-magriet-groenewald-help-vrouens-om-hulle-self-waarde-te-vind-die-vroue-maand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2024\/08\/29\/vir-onmiddellike-uitreiking-magriet-groenewald-help-vrouens-om-hulle-self-waarde-te-vind-die-vroue-maand\/","title":{"rendered":"VIR ONMIDDELLIKE UITREIKING: Magriet Groenewald help vrouens om hulle self waarde te vind die vroue maand"},"content":{"rendered":"\n<p>Die betowering van \u2019n vrou wat haar waarde besef is lewensveranderend en d\u00edt is wat <strong>Magriet Groenewald<\/strong> haar passie gemaak het \u2013 om vroue, en veral vroulike entrepreneurs, te help om hul stem te vind en s\u00f3 die w\u00eareld te verander; een besigheid op \u2019n slag.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Magriet, een van ses kinders, het op \u2019n plaas in die Oos-Vrystaat grootgeword en moes op 6-jarige ouderdom reeds koshuis toe gaan. Sy het dikwels gevoel dat dit moeilik is om haar eie opinies en menings te lig tussen soveel kinders.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek het diep binne my gevoel dat ek nie \u2019n stem het nie en dat ek nie gehoor word nie. Ek was baie skaam en het geglo my opinies is nie waardevol nie. Nadat ek op 35-jarige ouderdom besluit het om my werk te bedank en my eie besigheid te begin, het ek saam met my entrepreneurskapsreis ook op reis gegaan om myself, maar veral my stem, weer te vind. Nou help ek ook ander entrepreneurs, en veral vroue, om hul stemme weer terug te kry en met behulp van sosiale media hulle boodskappe met die w\u00eareld te deel en sodoende hul besighede te help groei.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Groenewald, het elke vrou \u2019n storie om te vertel en \u2019n boodskap om te deel, maar dat die grootste ding wat hulle terughou vrees is.&nbsp;Daardie vrees om hulleself daar buite te sit en te wonder wat ander van hul gaan dink en dan ook die wanpersepsie dat hulle boodskap nie belangrik is nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Magriet glo dat entrepreneurs, en veral vroue, gehoor moet word en is dit hier waar haar passie vir sosiale media die deur oopgemaak het vir soveel vroulike entrepreneurs om weer hul stemme te vind en \u2019n groot impak te maak in nie net hulle eie lewens nie, maar ook in hul families en die lewens van hulle kli\u00ebnte.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek het \u2019n sosialemedia-besigheidskool waarin ek meestal vroue bemagtig om met behulp van sosialemediabemarking hul produkte of dienste te bemark. Ek het gevind dat wanneer \u2019n vrou net eers haar \u2018sprankel\u2019 terugkry, sy werklik \u2018onkeerbaar\u2019 word. Daar is so \u2019n groot behoefte onder vroue-entrepreneurs om net gehoor te word en deel van \u2019n gemeenskap te word waar hulle veilig voel om hul opinies en idees te deel. \u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Een van haar studente, Deidr\u00e9 Conradie \u2019n stilis en voorkomskonsultant van Glam &amp; Garment, deel dat sy besef het dat wanneer \u2019n vrou \u2019n passie het vir iets, of iets net natuurlik kom, is daar \u2019n dieper betekenis daarin wat sy moet ondersoek, want dit kan heel moontlik die leidraad wees tot \u2019n besigheid wat sy daaruit kan bou. Sy glo ook dat die entrepreneurskapsreis uniek is tot elke vrou en dat \u2019n mens moet rustigheid vind daarin dat jy nie al jou drome dadelik hoef te bereik nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Nog \u2019n student, Adele Camarena van Spectacle World in Goodwood, het genoem dat haar dogter vroe\u00ebr haar sosiale media hanteer het. Toe haar dogter besig raak met haar eie studies, moes Adele dit oorneem. Sy het gegaan van iemand wat niks van sosiale media weet nie, tot \u2019n entrepreneur wat nou bemagtig is om haar eie storie te vertel en interessante video\u2019s te maak. Sy het met ons gedeel dat sy soveel selfvertroue gekry het en nie meer huiwer om video\u2019s van haarself, waar sy wenke deel, op sosiale media te plaas nie. Haar passie is om haar kli\u00ebnte te laat voel soos die held van hul eie storie met die beste moontlike sig, terwyl hulle pragtig en stylvol voel met hul nuwe brille.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons het \u2019n leuse in ons SMB-skool: \u201c<em>Done is better than perfect<\/em>\u201d. Dit help met daardie perfeksionisme waarmee almal sukkel en wat ons terughou om te deel op sosiale media.<\/p>\n\n\n\n<p>Madri van der Westhuizen deel dat haar en haar man Konrad se besigheid, MadKon Stainless Steel Braais, deur middel van hul organiese sosiale media \u2019n internasionale mark bereik het. Sy was aanvanklik baie skepties oor sosiale media, maar het vinnig besef dat die demonstrasievideo\u2019s, waarin haar man self die demonstrasies doen van die opslaanbraai, vertroue ingeboesem het by hulle kli\u00ebnte. Want, soos ek altyd aan my studente noem: <em>\u201cMense koop by mense. Hulle wil die persoon agter die besigheid sien.\u201d <\/em>Dit het veroorsaak dat mense by skoue met hulle kom gesels het, asof die kli\u00ebnte hulle reeds ken van hul video\u2019s op sosiale media. Sy noem dat sosiale media \u2019n baie kragtige plek is om \u2019n gemeenskap te bou, soos in hulle geval onder buitelewe-liefhebbers.<\/p>\n\n\n\n<p>Magriet deel verder: Navorsing toon dat sosialemediagebruik gekoppel is aan verhoogde angs en dat vroue soms voel dat hulle \u2019n ge\u00efdealiseerde weergawe van hulself aanlyn moet voorhou. Dit kan lei tot \u2019n negatiewe kringloop waar vroue begin kompeteer teen mekaar en mekaar oordeel. Ek het egter besef dat vroue van nature die neiging het om mekaar eerder te ondersteun en te koester as om te kompeteer. Geskiedkundig het vroue belangrike rolle gespeel in gemeenskapsbou en sorg, en hierdie eienskappe is vandag steeds teenwoordig.<\/p>\n\n\n\n<p>Sosiale media kan hierdie positiewe eienskappe versterk as dit op die regte manier gebruik word. Dit kan kragtige hulpmiddels wees vir vroue om hul stories te deel, mekaar te ondersteun, en besighede te bou wat die groei en bemagtiging van vroue bevorder. Ons lewe in \u2019n w\u00eareld waar entrepreneurs baie alleen voel, in my besigheidsskool skep ek \u2019n baie gemaklike omgewing waar vroue daardie broodnodige gemeenskap kan kry sonder oordeel en waar hulle as persoon en besigheidseienaars kan groei.<\/p>\n\n\n\n<p>Magriet verklap dat byna al die studente in haar aanlyn sosialemediakursus by haar aansluit met \u2019n groot vrees om hulself daar buite te sit op sosiale media, of selfs net daardie eerste plasing te maak. Sy glo egter dat elkeen \u2019n boodskap het wat gedeel moet word en indien jy as besigheidseienaar of entrepreneur eers besef dat jou diens of produk die lewe vir iemand makliker gaan maak, dan oorwin jy daardie vrees sommer vinnig.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Sy s\u00ea gereeld vir haar studente: <em>\u201cFokus eerder op die verskil wat jou produk of diens in iemand anders se lewe kan maak as op wat iemand anders van jou plasing gaan dink. Iemand daar buite het jou produk of diens nodig, maar jou vrees om dit daar buite te sit ontneem hulle daarvan. Wanneer jy so daarna kyk verplaas jy die aandag van jouself na die positiewe impak wat jy kan h\u00ea op die w\u00eareld daar buite.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Magriet glo dat deur \u2019n kultuur van aanmoediging en egtheid te bevorder, vroue sosiale media kan gebruik om hul stem aanlyn te vind, mekaar op te hef, en suksesvolle besighede te bou wat hulle ware self weerspie\u00ebl.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>TikTok:<\/strong> @Magrietgroenewald<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/magrietgroenewaldsocial\">https:\/\/www.facebook.com\/magrietgroenewaldsocial<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong> @Magriet.co<\/p>\n\n\n\n<p><strong>X:<\/strong> @Magriet.co<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.magriet.co\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">www.magriet.co<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>YouTube:<\/strong> Magriet Groenewald<\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Alishia van Deventer<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 083&nbsp;635 4717<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:alishia@starburstmusic.co.za\">alishia@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die betowering van \u2019n vrou wat haar waarde besef is lewensveranderend en d\u00edt is wat Magriet Groenewald haar passie gemaak het \u2013 om vroue, en veral vroulike entrepreneurs, te help om hul stem te vind en s\u00f3 die w\u00eareld te verander; een besigheid op \u2019n slag.&nbsp; Magriet, een van ses kinders, het op \u2019n plaas &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2024\/08\/29\/vir-onmiddellike-uitreiking-magriet-groenewald-help-vrouens-om-hulle-self-waarde-te-vind-die-vroue-maand\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VIR ONMIDDELLIKE UITREIKING: Magriet Groenewald help vrouens om hulle self waarde te vind die vroue maand&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":909,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-908","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"de","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/908","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=908"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/908\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":910,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/908\/revisions\/910"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media\/909"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=908"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=908"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=908"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}