{"id":858,"date":"2024-06-07T07:54:58","date_gmt":"2024-06-07T07:54:58","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=858"},"modified":"2024-06-07T07:54:59","modified_gmt":"2024-06-07T07:54:59","slug":"geliefde-liedjieboer-stel-nuwe-enkelsnit-bekend","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2024\/06\/07\/geliefde-liedjieboer-stel-nuwe-enkelsnit-bekend\/","title":{"rendered":"GELIEFDE LIEDJIEBOER STEL NUWE ENKELSNIT BEKEND"},"content":{"rendered":"\n<p>Die legendariese, immergewilde en baie geliefde Suid-Afrikaanse sanger, musiekregisseur en liedjieskrywer, <strong>Anton Goosen<\/strong>, is terug in die kollig met \u2019n splinternuwe enkelsnit wat diep tref.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>BLY BY MY, (MY LIEF) <\/strong><\/em>\u2013 \u2019n gedig van Antjie Krog wat hy op sy besonderse manier vir die Woordfees getoonset het \u2013 is \u2019n liefdesliedjie in \u2019n <em>\u201cAfrikaanse sagte blues genre\u201d<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ons moes vir die Woordfees se huldigingsprogram, Al om Antjie, twee van Antjie Krog se gedigte kies. \u2018Bly by my\u2019&nbsp;is een van haar bekendstes. Daar is ander deuntjies met dieselfde titel en dus het ek dit verander na&nbsp;<\/em><em><strong>BLY BY MY, (MY LIEF)<\/strong><\/em><em>, maar omdat dit egter nie \u2019n liriek is nie, het ek die koorgedeelte bygeskryf,\u201d<\/em> verduidelik die begaafde musikant.<\/p>\n\n\n\n<p>Die enkelsnit is deur Anton en Peter Pearlson vervaardig, met Illimar Neitz, Anton se ghitaarspeler, wat ook insette gelewer het. Dit bevat uitstekende Hammond-orrel- en ghitaarsolo\u2019s deur onderskeidelik Simon Orange en Illimar, met betowerende agtergrondsang deur Lise Swart.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>BLY BY MY, (MY LIEF)<\/strong><\/em> vorm deel van Anton se nuwe album, <em>Sirkels<\/em>, wat eersdaags uitgereik word. Die album, wat nege nuwe liedjies bevat \u2013 insluitend drie toonsettings en twee duette \u2013 is \u2019n luister-album wat ballades, stories, dans-, protes-, en rock-musiek insluit.<\/p>\n\n\n\n<p>Anton, wat algemeen as die vader van Afrikaanse rock beskou word, is in 1946 in die Karoo gebore en het in Kroonstad grootgeword. <em>Kruidjie-roer-my-nie<\/em> was sy eerste enkelsnit wat kommersi\u00eble sukses behaal het. Sy eerste album, <em>Boy van die suburbs<\/em>, was ook in 1979 \u2019n kitssukses.<\/p>\n\n\n\n<p>Oor die jare, het hy meer treffers op sy kerfstok versamel as enige ander Suid-Afrikaner, waaronder <em>Silver de Lange<\/em>, <em>Boy van die Suburbs<\/em>, <em>Byeboerwa<\/em>, <em>\u2019n Brief vir Simone<\/em>, <em>Kruidjie-roer-my-nie<\/em>, <em>Jantjie<\/em>, <em>Waterblommetjies<\/em>, <em>Harlekyn<\/em>, <em>Hanoverstraat<\/em>, <em>Trein na Matjiesfontein<\/em>, <em>Ta\u2019 Mossie se sakkie-sakkie boeredans, Geelperskere\u00ebn, Pampoene oppie dak, Dancer (met Lucky Dube)<\/em> en vele meer.<\/p>\n\n\n\n<p>Di\u00e9 lewende legende het al meer as 20 albums uitgereik, die musiek vir verskeie films geskryf \u2013 waaronder <em>Die Laaste Tango<\/em> (2013), \u2018n Pawpaw vir my Darling (2015) en <em>Siembamba<\/em> (2017), asook liedjies vir beroemde kunstenaars, insluitend Laurika Rauch, Carike Keuzenkamp, Richard Clayderman en Koos Kombuis, neergepen.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy is ook tydens sy dekades-lange loopbaan as liedjieskrywer en sanger met verskeie toekennings vereer, o.a. Sari\u2019s, Ghoemas, Geraas, Vonk, en dan SAMA-, Innibos-, die FAK-en Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Kuns en Kultuur toekennings vir sy lewenslange bydrae tot musiek. In 2023 is hy een van 5 kunstenaars wat in die South African Gallery of Legends ingehuldig is.<\/p>\n\n\n\n<p>In 2022 het hy sy eie twee reekse vellies, Jantjie en Pasgetroud velskoene , in samewerking met Vellies Boutique bekendgestel. Jantjie was ge\u00efnspireer deur sy treffer wat in 1976 deur Sonja Herholdt opgeneem en bekendgemaak is en Pasgetroud vanaf sy album Lappiesland 1985<\/p>\n\n\n\n<p><a href=\"https:\/\/www.nb.co.za\/af\/view-book?id=9780624089735\"><em>Anton Goosen: Liedjieboer<\/em><\/a>, sy lewensverhaal wat deur die bekende joernalis Hanlie Retief neergepen is, is in 2020 deur NB-uitgewers uitgereik.<\/p>\n\n\n\n<p>Buiten die uitreiking van sy nuwe album werk Anton vanjaar aan verskeie konsertvertonings. Die filmvervaardiger Niel van Deventer werk tans aan \u2019n vier-episode dokument\u00ear oor Anton se loopbaan.<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer hy nie besig is met sy musiek nie, geniet hy tyd \u2013 en \u2019n glasie Kaapse rooiwyn \u2013 saam met sy beminde, Estie, en hul vier honde, stappies op die strand, gesprekke met vriende, lees en om reekse op Netflix of Britbox te kyk.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>BLY BY MY, (MY LIEF)<\/strong><\/em> is \u2019n meesterlike toonsetting van die werk van \u2019n besonderse digter deur \u2019n ikoniese Afrikaanse kunstenaar. Dit is beslis \u2019n lied wat diep spore gaan laat in die Afrikaanse musiekbedryf, net soos wat Anton al jare lank doen.<\/p>\n\n\n\n<p>Die enkelsnit is nou op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar. Laai dit hier af: <a href=\"https:\/\/antongoosen2.hearnow.com\/\">https:\/\/antongoosen2.hearnow.com<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Kyk die video hier: <a href=\"https:\/\/youtu.be\/sfhIyVHnlgI?si=R3XyQonwbwfuqswN\">https:\/\/youtu.be\/sfhIyVHnlgI?si=R3XyQonwbwfuqswN<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/AntonGoosen\">https:\/\/www.facebook.com\/AntonGoosen<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.antongoosen.co.za\/\">www.antongoosen.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Starburst Promosies<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Danelle Liebenberg El Far<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 071&nbsp;534 7796<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:danelle@starburstmusic.co.za\">danelle@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die legendariese, immergewilde en baie geliefde Suid-Afrikaanse sanger, musiekregisseur en liedjieskrywer, Anton Goosen, is terug in die kollig met \u2019n splinternuwe enkelsnit wat diep tref. BLY BY MY, (MY LIEF) \u2013 \u2019n gedig van Antjie Krog wat hy op sy besonderse manier vir die Woordfees getoonset het \u2013 is \u2019n liefdesliedjie in \u2019n \u201cAfrikaanse sagte &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2024\/06\/07\/geliefde-liedjieboer-stel-nuwe-enkelsnit-bekend\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;GELIEFDE LIEDJIEBOER STEL NUWE ENKELSNIT BEKEND&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":859,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-858","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"de","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/858","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=858"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/858\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":860,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/858\/revisions\/860"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media\/859"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=858"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=858"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=858"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}