{"id":795,"date":"2024-03-22T06:46:45","date_gmt":"2024-03-22T06:46:45","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=795"},"modified":"2024-03-22T06:46:46","modified_gmt":"2024-03-22T06:46:46","slug":"musiekvideo-van-petronel-baard-en-johan-liebenberg-se-treffer-duet-nou-beskikbaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2024\/03\/22\/musiekvideo-van-petronel-baard-en-johan-liebenberg-se-treffer-duet-nou-beskikbaar\/","title":{"rendered":"MUSIEKVIDEO VAN PETRONEL BAARD EN JOHAN LIEBENBERG SE TREFFER-DUET NOU BESKIKBAAR!"},"content":{"rendered":"\n<p>Sedert die vrystelling van die twee merkwaardige musikante, <strong>Petronel Baard<\/strong> en <strong>Johan Liebenberg<\/strong>, se sielvolle duet, <em><strong>MAG JY<\/strong><\/em>, einde 2023, is die musiekw\u00eareld behoorlik aan die gons.<\/p>\n\n\n\n<p>Nie net is di\u00e9 alternatiewe skepping uit Helena Marais se pen gewild onder Afrikaanse musiekliefhebbers nie, maar dit word ook gereeld gespeel deur groot radiostasies reg oor die land, waaronder Bok Radio en Pretoria FM.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is duidelik dat hierdie verwerking deur Schalk Maas en David Cruickshank, wat Baard beskryf as \u2019n se\u00ebnwens en herinnering aan liefde, die verbeelding behoorlik aangegryp het.<\/p>\n\n\n\n<p>So \u2019n spesiale lied, met so \u2019n kragtige boodskap, verdien natuurlik ook om verder gevier te word en daarom het die paar besluit dat die tyd reg is om die musiekvideo met aanhangers te deel.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie besonderse video, wat beslis sal aanklank vind by oud en jonk, is verfilm deur Efpe Senekal en speel af op verskeie uitsoekplekke in Kleinbrakrivier in die Mosselbaai omgewing.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Efpe is regtig \u2019n goeie storieverteller met films, veral ook musiekvideo\u2019s wat in \u2019n kort tydjie \u2019n liedjie se boodskap visueel moet oordra,\u201d<\/em> s\u00ea Petronel.<\/p>\n\n\n\n<p>Die tema van die lied is ge\u00efnspireer deur die geboorte van Helena se vriendin se dogter en hoe spesiaal dit vir haar was om te aanskou hoe \u2019n nuwe lewe die w\u00eareld inkom; met al die moontlikhede en uitdagings wat nog voorl\u00ea. Hierdie konsep is ook vir die video gebruik.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Twee seuntjies, regtig maats in die regte lewe, baljaar rof en lekker in die modder en see, kamp en help mekaar op waar hul klouter op \u2019n treinbrug,&nbsp;braai malvalekkers om die vuur en baljaar ordentlik soos net kinders kan. Dit word gekombineer met my en Johan, wat in \u2019n mooi ateljee-omgewing sing,\u201d<\/em> verklap sy. <em>\u201cDie boodskap word onderskraag dat die lewe, gebore uit kinderherinneringe van vriendskap, ondersteuning en samesyn, nooit weggaan nie en dat \u2019n mens aanhou goeie wense wens vir diegene vir jy omgee.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kyk die video hier:<\/strong> <a href=\"https:\/\/youtu.be\/Vr3tSSZ2M9w?si=0WnA6IEXcuMXd1ig\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/youtu.be\/Vr3tSSZ2M9w?si=0WnA6IEXcuMXd1ig<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Petronel Baard<\/strong>, \u2019n passievolle kabaretster met \u2019n strelende storievertellerstem, het oor die afgelope vyf-en-twintig-jaar reeds diep spore in die musiekbedryf kom trap en is al met talle toekennings vereer. Wanneer sy nie sing nie, werk di\u00e9 veelsydige vrou ook as mentor vir ATKV-Crecsendo en vervaardig haar eie verhoogproduksies, wat by groot kunstefeeste opgevoer word. <em>Tweeluik<\/em>, \u2019n lieflike woordkuns- en musiekreis saam met die skrywers Chanette Paul en Jan van Tonder asook die sangeres Alzanley, sal op 23 en 26 Maart by KKNK te sien wees.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Johan Liebenberg<\/strong> het in 2004 sy buiging op die Barnyard-verhoog gemaak as kitaarspeler, maar sy sangtalent is gou ontdek waarna hy in 2009 genader is om Niel Diamond- en C\u00e9line Dion-huldeblykvertonings te doen. Oor die jare, het hy nie net saam met verskeie musikante gewerk op hulle en sy eie albums nie, maar ook die verhoog gedeel met talle bekendes. Vanjaar sal hy ook deel wees van die vermaak op die gewilde Bokboot.<\/p>\n\n\n\n<p>Op aanvraag en aanmoediging van die publiek, span Petronel en Johan op 16 April 2024 kragte saam vir hulle heel eerste lewendige vertoning saam, getitel <em>Nana &amp; Friends<\/em>. Tydens hierdie opwindende konsert, sal hulle musiekinvloede, in \u2019n intieme teater-omgewing, met kitaar en klavier besing word. Musiek van Nana Mouskouri, Piaf, Keith Urban, Leonard Cohen, asook heelwat oorspronklike werke sal opgevoer word, waaronder \u2019n akoestiese weergawe van <em>MAG JY<\/em>. Saam met Schalk Maas op die mondfluitjie, beloof dit om \u2019n baie besonderse aand te wees.<\/p>\n\n\n\n<p>Kaartjies is beskikbaar op Die Boer se webwerf by <a href=\"https:\/\/www.dieboer.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">www.dieboer.com<\/a>.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>MAG JY<\/strong><\/em> is nou op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar. Kry dit hier: <a href=\"https:\/\/petronelbaard.hearnow.com\/mag-jy\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/petronelbaard.hearnow.com\/mag-jy<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PETRONEL<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/petronelbaardmusic\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">https:\/\/www.facebook.com\/petronelbaardmusic<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong> @petronelbaardmusic<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.petronelbaard.com\/\">www.petronelbaard.com<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>YouTube:<\/strong> <a href=\"https:\/\/youtube.com\/@petronelbaard\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">https:\/\/youtube.com\/@petronelbaard<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>JOHAN<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook: <\/strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/johan.e.liebenberg\">https:\/\/www.facebook.com\/johan.e.liebenberg<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram: <\/strong>@johanliebenmila<\/p>\n\n\n\n<p><strong>YouTube:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCNX8nZM67Xj1xsBIfnfaGyA\">https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCNX8nZM67Xj1xsBIfnfaGyA<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Starburst Promosies<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Gizela Sharim<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel<\/strong>: 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos<\/strong>: <a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\">gizela@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf<\/strong>: <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sedert die vrystelling van die twee merkwaardige musikante, Petronel Baard en Johan Liebenberg, se sielvolle duet, MAG JY, einde 2023, is die musiekw\u00eareld behoorlik aan die gons. Nie net is di\u00e9 alternatiewe skepping uit Helena Marais se pen gewild onder Afrikaanse musiekliefhebbers nie, maar dit word ook gereeld gespeel deur groot radiostasies reg oor die &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2024\/03\/22\/musiekvideo-van-petronel-baard-en-johan-liebenberg-se-treffer-duet-nou-beskikbaar\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;MUSIEKVIDEO VAN PETRONEL BAARD EN JOHAN LIEBENBERG SE TREFFER-DUET NOU BESKIKBAAR!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":796,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-795","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"de","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/795","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=795"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/795\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":797,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/795\/revisions\/797"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media\/796"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=795"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=795"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=795"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}