{"id":595,"date":"2023-10-13T11:41:16","date_gmt":"2023-10-13T11:41:16","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=595"},"modified":"2023-10-13T11:41:17","modified_gmt":"2023-10-13T11:41:17","slug":"deidre-barnard-reik-nuwe-kortspeelplaat-en-enkelsnit-uit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2023\/10\/13\/deidre-barnard-reik-nuwe-kortspeelplaat-en-enkelsnit-uit\/","title":{"rendered":"DEIDR\u00c9 BARNARD REIK NUWE KORTSPEELPLAAT EN ENKELSNIT UIT"},"content":{"rendered":"\n<p><em>Dis exciting, dis scary&#8230; dis lank voor gewag. Dis my woorde, my hart, my verlede- en toekomspad.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Dis gedigte, dis stories, dis feite, dis fiksie, dis lag, dis huil, dis te min en te veel. Ek het soveel om te gee, soveel om te deel,\u201d<\/em> s\u00ea die sanger en liedjieskrywer <strong>Deidr\u00e9 Barnard<\/strong> oor haar eerste kortspeelplaat, <em><strong>GENOEG GEWEES<\/strong><\/em>, wat nou aanlyn beskikbaar is.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie vrystelling, wat bestaan uit vier liedjies uit haar eie pen, is vernoem na haar gunsteling-snit op die album en beklemtoon die boodskap en tema, dat elkeen van ons van die begin af goed genoeg gemaak is en mense het wat ons liefhet en waardeer vir wie ons is.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens di\u00e9 Kapenaar het sy reeds in 2020 begin droom en bou aan die inhoud van die kortspeelplaat en gaan dit aanklank vind by \u2019n wye gehoor, maar veral by die jongklomp.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Hoewel die oorhoofse genre pop is, is dit nie pop soos jy dit ken nie,\u201d<\/em> verduidelik sy. <em>\u201cOmdat ek elkeen van die liedjies self geskryf het, dink ek luisteraars kan \u2019n meer persoonlike ervaring te wagte wees.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Oor <em><strong>BO AAN MY LYS<\/strong><\/em>, die nuwe enkelsnitvrystelling waarmee sy haar kortspeelplaat vier en wat deur Robin Kielly vervaardig is, s\u00ea sy: <em>\u201cHierdie lied speel met die idee dat iets \u2019n prioriteit is vir jou of die heel eerste ding is waaraan jy in die oggend dink. Dit vertel \u2019n storie oor \u2019n vakansieromanse wat tydens \u2019n Desember in Hartenbos\/ Mosselbaai afspeel. \u2019n Plek waar baie van ons al liefde gevind en verloor het en wat jou elke keer as jy teruggaan soontoe herinner aan \u2019n spesifieke persoon en hoe spyt jy is dat dinge nie uitgewerk het nie.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Deidr\u00e9 is gebore en geto\u00eb in die Strand en sing al vandat sy kan onthou.<\/p>\n\n\n\n<p>In die kort tyd sedert sy die musiekmark in 2018 betree het, het sy al \u2013 buiten vir die vrystelling van haar oorspronklike musiek \u2013 talle hoogtepunte beleef, wat insluit \u2019n platekontrak met Inhoud Huis Musiek en rolle in die gewilde musiekblyspele: <em>Die Gelofte<\/em> en <em>Die Kaplyn<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy erken dat haar betrokkenheid by laasgenoemde haar baie na aan haar eie pa laat voel het.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek kon tydens en na die produksie so lekker met hom gesels oor sy ervaring op die grens. Ek voel ook op \u2019n manier baie nader aan my pa en dat ek hom beter ken, want hy was omtrent so oud soos wat ek was terwyl ons die produksie aangepak het, toe hy op die grens was.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Verder is sy ook \u2019n musiekonderwyser, wat vir laerskoolkinders en volwassenes leer sing en kitaar, ukelele en klavier speel.<\/p>\n\n\n\n<p>Buiten vir \u2019n hele rits nuwe liedjies, het die sangeres nog baie opwindende planne vir 2024, maar sy kan nog nie op die stadium te veel hieroor verklap nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die musiekbedryf het haar die afgelope paar jaar geleer om geduldig te wees, omdat alles op die regte tyd gebeur en sy is baie dankbaar vir elke geleentheid wat sy het om haar musiekdroom uit te leef.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Moenie jou tyd Sy tyd probeer maak nie. Plaas die Here in beheer van alles. Hy sal jou optel waar jy weggeneem moet word, neersit waar jy moet gaan en jou bystaan elke tree van die pad,\u201d<\/em> sluit sy af.<\/p>\n\n\n\n<p>Kry <em><strong>GENOEG GEWEES<\/strong><\/em> nou op alle digitale stromingsplatforms: <a href=\"https:\/\/deidrebarnard.lnk.to\/GenoegGewees\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/DeidreBarnard.lnk.to\/GenoegGewees<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>LYS VAN SNITTE<\/strong>:<\/p>\n\n\n\n<p><em>Beskerm Jou Hart<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Blond Is<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Bo Aan My lys<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Genoeg Gewees<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIAKSKALES:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/deidrebarnarddd\">https:\/\/www.facebook.com\/deidrebarnarddd<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong> @deidrebarnarddd<\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Gizela Sharim<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\">gizela@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis exciting, dis scary&#8230; dis lank voor gewag. Dis my woorde, my hart, my verlede- en toekomspad. Dis gedigte, dis stories, dis feite, dis fiksie, dis lag, dis huil, dis te min en te veel. Ek het soveel om te gee, soveel om te deel,\u201d s\u00ea die sanger en liedjieskrywer Deidr\u00e9 Barnard oor haar eerste &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2023\/10\/13\/deidre-barnard-reik-nuwe-kortspeelplaat-en-enkelsnit-uit\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;DEIDR\u00c9 BARNARD REIK NUWE KORTSPEELPLAAT EN ENKELSNIT UIT&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":596,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-595","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"de","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/595","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=595"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/595\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":597,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/595\/revisions\/597"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media\/596"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=595"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=595"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=595"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}