{"id":567,"date":"2023-09-13T06:19:30","date_gmt":"2023-09-13T06:19:30","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=567"},"modified":"2023-09-13T06:19:30","modified_gmt":"2023-09-13T06:19:30","slug":"arnold-de-wet-reik-langverwagte-lofprysingsalbum-en-nuwe-enkelsnit-uit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2023\/09\/13\/arnold-de-wet-reik-langverwagte-lofprysingsalbum-en-nuwe-enkelsnit-uit\/","title":{"rendered":"ARNOLD DE WET REIK LANGVERWAGTE LOFPRYSINGSALBUM EN NUWE ENKELSNIT UIT"},"content":{"rendered":"\n<p>Die oomblik waarna <strong>Arnold de Wet<\/strong>-ondersteuners al so lank uitsien, het uiteindelik aangebreek. Sy splinternuwe lofprysings- en aanbiddingsalbum, <em><strong>EIGHT28<\/strong><\/em>, is nou beskikbaar en beloof om elkeen wat daarna luister diep te raak.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>EIGHT28<\/strong><\/em>, wat verwys na Romeine 8:28, word uitgegee onder die vaandel van Inhoud Huis Musiek se aanbiddingsplatform, <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/theshelterlabel\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">The Shelter<\/a>, en is die gesamentlike handewerk van Arnold, Johan Vorster en Jacomien de Wet.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Die titelsnit gaan oor die deel in Romeine wat s\u00ea dat God alles ten goede laat meewerk vir diegene wat Hom liefhet. In die bruggedeelte van di\u00e9 lied s\u00ea ons: \u2018If it\u2019s not good, it\u2019s not over\u2019, want dis die belofte wat die Here vir sy kinders gegee het,\u201d<\/em> verduidelik De Wet. <em>\u201cDit was baie prominent op ons harte gewees en het \u2019n deurlopende tema van die album geword.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Luisteraars kan uitsien na agt oorspronklike snitte op die album, waaronder sy vorige vrystellings, <em>Praising Jesus<\/em> en <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=Nye4sorE8Bo\"><em>El Shaddai<\/em><\/a>, wat reeds goed ontvang is in geestelike musiekkringe.<\/p>\n\n\n\n<p>Alhoewel hy sukkel om \u2019n gunsteling te kies, meen hy dat <em>Rock of Ages<\/em> vir hom \u2019n besonderse snit is en dat dit beslis gaan aanklank vind by oud en jonk.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ons wou hierdie liedjie \u2019n rock-aanslag gee en dit klink soos geen anders lofprysingsmusiek wat ek gehoor het nie. Dit gaan daaroor om die Here te verheerlik as die kampioen en ek is baie opgewonde daaroor,\u201d<\/em> deel hy.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens hom, was die lekkerste deel daarvan om die album te maak om saam met kitaarspeler, Raymond Green, in die ateljee te sit en lewe te gee aan die visie wat hulle vir die projek gehad het.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>EIGHT28<\/strong><\/em> is ook die tweede amptelike enkelsnit wat vanaf die album vrygestel word en kom uit die musikant se eie pen.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Romeine 8:28 is al vir jare my gunsteling Bybelvers. Dis \u2019n belofte wat die Here al jare terug vir my gegee het en ek wou \u2019n liedjie daarvan maak, wat soos \u2019n kreet is wat jy kan uitskree en dis hoe die lied ontstaan het,\u201d<\/em> verklap hy oor die inspirasie agter die snit. <em>\u201cBaie keer is ons angstig oor ons lewens en wat gaan gebeur en dis asof hierdie belofte \u2019n mens help om kalm te bly en te laat besef dat dit nie saak maak wat m\u00f4re gebeur nie, want die Here sal selfs die negatiewe goed laat meewerk in ons guns.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die musiekvideo is net soos sy vorige video vir <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=p-o69wyjpEg\"><em>Praising Jesus<\/em><\/a>, \u2019n opname van \u2019n lewendige lofprysingsgeleentheid by die AfriForum-teater. Dit is deur Gerhard van Rooyen vervaardig. <em>\u201cWat dit uniek maak, is dat ons dit lewendig opgeneem het, sonder \u2019n gehoor, wat die teater basies in \u2019n groot ateljee omskep het waarin ons hierdie groot produksie kon opneem. Agt liedjies is op die dag verfilm.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Kyk die video hier<em>: <\/em><a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=uGfzjyrwB6Q\"><em>https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=uGfzjyrwB6Q<\/em><\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Arnold het in Hartbeespoortdam grootgeword en is die seun van die bekend sanger, Jan de Wet. As kind, was hy altyd omring deur musikante wat ook sy passie vir musiek laat vlam vat het. Hy het meer as twee dekades gelede die musiekmark betree met die vrystelling van \u2019n album, waarna hy vir sewentien jaar sy musiekdroom opsy geskuif het. Dit het eers onlangs weer vlam gevat en na die opname van sy vorige enkelsnit, <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=gvBbBPha0Xo\"><em>Run<\/em><\/a>, het sy paaie met die van Inhoud Huis Musiek gekruis.<\/p>\n\n\n\n<p>Buiten vir die beplanning vir die albumbekendstelling, wat tydens \u2019n groot aanbiddingsgeleentheid later vanjaar gaan plaasvind, probeer hy soveel as moontlik optredes doen om sy musiek te bemark.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek is opgewonde oor hoe die musiekbedryf besig is om op te tel en hoe mense weer na Covid wil bymekaar uitkom en saam kuier. Ons was almal senuweeagtig oor hoe die w\u00eareld gaan wees na die pandemie, maar wat ons geleer het van die menslike natuur, is dat mense altyd bymekaar wil kom en luister na musiek en dis \u2019n wonderlike ding.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Di\u00e9 veelsydige sanger en liedjieskrywer is passievol oor die projekte en werk waarmee hy besig is en wil die publiek aanmoedig om The Shelter te ondersteun.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ons is besig om iets op te rig in Afrika en Suid-Afrika wat ons vertrou die Here gaan laat versprei na ander dele van die w\u00eareld, want Hy het vir ons die gereedskap gegee om dit te kan doen. Ons wil graag h\u00ea mense moet dit ondersteun en deel word van die span deur ons musiek te luister en deel. Kom ons wys die w\u00eareld wat ons kan doen,\u201d<\/em> sluit hy af.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>EIGHT28 <\/strong><\/em>is nou beskikbaar op alle stromingsplatforms. Kry dit hier: : <a href=\"https:\/\/ArnoldDeWet.lnk.to\/eight28\">https:\/\/ArnoldDeWet.lnk.to\/eight28<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>LYS VAN SNITTE<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><em>Praising Jesus<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Eight28<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Rock of Ages<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>The great I am<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Let the church rejoice<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Thank you<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Champion<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Bonus: El Shaddai-thank-you-medley<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>ARNOLD DE WET<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook<\/strong>: <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/Arnolddewetmusic\">https:\/\/www.facebook.com\/Arnolddewetmusic<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram<\/strong>: @arnolddewetmusic<\/p>\n\n\n\n<p><strong>YouTube<\/strong>: <a href=\"https:\/\/l.facebook.com\/l.php?u=https%3A%2F%2Fwww.youtube.com%2Fchannel%2FUCIH3t_e4rNoRbOaeMywpw2w%3Ffbclid%3DIwAR2Y2xLc-FzeJat3pSyNc73uJBG3TaY4Noi6sSzEL8GWn0_rUxIH7gzvSyM&amp;h=AT0z1ddaZziQFrxXp_xwgdkxHIOJZTka1FnyKX12aXjZ1KbK2YpKF71k8gXCcoSnY5d5jk3FVttQzgoqRgFizlBbBHr4nSwBhZhgDSoUiSU9Fd8TxLZNehciP-9KXOblco8\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCIH3t_e4rNoRbOaeMywpw2w<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>THE SHELTER<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook: <\/strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/theshelterlabel\">https:\/\/www.facebook.com\/theshelterlabel<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram: <\/strong>@theshelterlabel_<\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT EN BEMARKING<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Starburst Promosies<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Alani Coetsee<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 072 442 6918<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-mail:<\/strong> <a href=\"mailto:alani@starburstmusic.co.za\">alani@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die oomblik waarna Arnold de Wet-ondersteuners al so lank uitsien, het uiteindelik aangebreek. Sy splinternuwe lofprysings- en aanbiddingsalbum, EIGHT28, is nou beskikbaar en beloof om elkeen wat daarna luister diep te raak. EIGHT28, wat verwys na Romeine 8:28, word uitgegee onder die vaandel van Inhoud Huis Musiek se aanbiddingsplatform, The Shelter, en is die gesamentlike &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2023\/09\/13\/arnold-de-wet-reik-langverwagte-lofprysingsalbum-en-nuwe-enkelsnit-uit\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ARNOLD DE WET REIK LANGVERWAGTE LOFPRYSINGSALBUM EN NUWE ENKELSNIT UIT&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":568,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[8],"tags":[],"class_list":["post-567","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-english-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"de","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/567","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=567"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/567\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":569,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/567\/revisions\/569"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media\/568"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=567"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=567"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=567"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}