{"id":484,"date":"2023-07-31T10:08:06","date_gmt":"2023-07-31T10:08:06","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=484"},"modified":"2023-07-31T10:08:07","modified_gmt":"2023-07-31T10:08:07","slug":"deidre-barnard-moedig-luisteraars-aan-om-net-hulle-self-te-wees-met-nuwe-enkelsnit-en-video","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2023\/07\/31\/deidre-barnard-moedig-luisteraars-aan-om-net-hulle-self-te-wees-met-nuwe-enkelsnit-en-video\/","title":{"rendered":"DEIDR\u00c9 BARNARD MOEDIG LUISTERAARS AAN OM NET HULLE SELF TE WEES MET NUWE ENKELSNIT EN VIDEO"},"content":{"rendered":"\n<p>Buiten vir die baie grappies wat gereeld oor blondines gemaak word, is die mensdom ook al vir jare gefassineer deur die sogenaamde betowerende skoonheid wat met hierdie haarkleur gepaard gaan, en enige man se aandag kan hou.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is juis \u2019n gesprek oor die stereoptipes wat aan verskillende haarkleure toegeken word wat <strong>Deidr\u00e9 Barnard<\/strong> se nuutste enkelsnit, <em><strong>BLOND IS<\/strong><\/em>, ge\u00efnspireer het.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Gedurende \u2019n opvoering van \u2018Die Gelofte\u2019, het ons een aand agter die verhoog gesit en gesels oor die stereotipes rondom verskillende haarkleure, veral blond, en het ons tot die slotsom gekom dat wanneer \u2019n man met \u2019n blondine gesels sy aandag nie sommer verdeel word nie,\u201d<\/em> vertel die sanger en liedjieskrywer. <em>\u201cDaardie aand het ek huis toe gegaan en met \u2019n paar idees rondgespeel en so is <\/em><em><strong>BLOND IS<\/strong><\/em><em> gebore!\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie lekkerluister pop-liedjie, wat elemente van rock bevat en deur Robin Kielly vervaardig is, ondersoek die universele emosies wat gekoppel word daaraan om deur iemand anders vervang te word.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Op die oppervlak gaan die liedjie oor iemand wie se ander helfte met \u2019n blondine vervang word en dus die indruk skep dat dit oor uiterlike skoonheid en die impak daarvan op \u2019n verhouding gaan. Maar eintlik is dit geskryf om die gevoelens vas te vang wat iemand ervaar wanneer hulle opsy geskuif word deur iemand anders,\u201d<\/em> verduidelik sy. <em>\u201cWanneer so iets gebeur, duik vrae op oor hoekom jy verruil word vir iemand anders en nie goed genoeg is nie. Alhoewel die haarkleur as metafoor gebruik word, kom dit op dieselfde ding neer en beklemtoon dit daardie gevoel van verlies, verraad en die behoefte aan selfondersoek.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Johan Vorster was die meesterbrein en vervaardiger van <em><strong>BLOND IS<\/strong><\/em> se musiekvideo wat die tema van die snit perfek vasvang en ook nou op die kassie te sien is.<\/p>\n\n\n\n<p>Die video, wat deur Daniel Rademeyer verfilm is by Orionstraat 165, is lig en humoristies en bou op die eeue oue stereotipes wat rondom blondines bestaan.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit volg die verhaal van \u2019n blondine, donkerkop en rooikop wat saam spa toe gaan. Soos wat die storie ontvou en hulle in verskillende situasies beland, word die blondine onbepland bevoordeel, terwyl die donkerkop aan die korste end trek&#8230; totdat sy besluit om haar eie persoonlike eksperiment te doen.<\/p>\n\n\n\n<p>Deidr\u00e9, wat bekendheid verwerf het vir haar deelname aan die realiteitsreeks, <em>Die Kontrak<\/em>, in 2018 deel: <em>\u201cOns wou die krag van stereotipes en selfbeeld uitwys, en uitbeeld hoe broos en be\u00efnvloedbaar ons as mens kan wees wanneer ons onseker is oor wie ons is. Ek hoop dat mense die vars en humoristiese benadering van die video sal geniet en dat dit \u2019n boodskap van selfaanvaarding, selfvertroue en verdraagsaamheid sal oordra.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Omdat dit gedurende <em>Die Kaplyn<\/em>-musiekblyspel opgeneem is, is baie van die akteurs in die video te sien, waaronder Deidr\u00e9 (as storieverteller), JJ Roberts, R\u00e9van Lu\u00fcs, Abel Knobel, Il\u00e1n van Staden en Dihan Kheun. Aimee de Villiers speel die blondine, terwyl die donkerkop deur Jackie Lulu en die rooikop deur Carmen Basson vertolk word.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek dink dis uniek omdat die storielyn werklik eie is aan ons as mense. Die einde van die musiekvideo het ook \u2019n \u201cdraaipunt\u201d, wat jy glad nie verwag nie,\u201d<\/em> voeg sy by.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kyk die video hier:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=TXy58ap8h0k\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=TXy58ap8h0k<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>BLOND IS<\/strong><\/em>, is die kunstenaar se tweede enkelsnitvrystelling en volg in die voetspore van <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=ML0gBfnVAtw\"><em>Beskerm jou Hart<\/em><\/a>, wat baie goed ontvang is, steeds oor die radio gehoor kan word en op verskeie treffersparades \u2013 hier en oorsee \u2013 verskyn het.<\/p>\n\n\n\n<p>Deidr\u00e9 is gebore en geto\u00eb in die Strand en sing al vandat sy kan onthou.<\/p>\n\n\n\n<p>Sedert sy die musiekmark betree het, het sy \u2019n platekontrak gesluit met Inhoud Huis Musiek en het sy rolle gehad in die gewilde musiekblyspele: <em>Die Gelofte<\/em> en <em>Die Kaplyn<\/em>, wat sy alles as groot hoogtepunte van haar loopbaan beskou.<\/p>\n\n\n\n<p>Tans is sy besig om aan haar kortspeelplaat te finaliseer wat later vanjaar uitgereik word. Sy is ook \u2019n musiekonderwyser, wat vir laerskoolkinders en volwassenes leer sing en kitaar, ukelele en klavier speel.<\/p>\n\n\n\n<p>Die sangeres het opwindende planne vir die res van die jaar, wat \u2019n <em>Beskerm jou hart<\/em>-skooltoer insluit. Die doel van hierdie sessies is om dogters, by die skole wat sy besoek, te bemagtig. Gedurende hierdie sessies, wat ge\u00efnspireer is deur haar debuut-enkelsnit, deel sy haar eie storie en gee sy raad oor hoe om jou hart te beskerm. Deelnemers leer ook om haar liedjie te sing en sekere danspassies uit te voer, wat dan op video vasgevang word.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>BLOND IS<\/strong><\/em> is \u2019n opgewekte liedjie, met \u2019n diep boodskap, wat jou uitnooi om saam te sing en aanklank sal vind by oud en jonk.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Die maak nie saak wie jy is nie; as jy lus is om jouself te geniet en lekker te dans, is hierdie die perfekte liedjie daarvoor! My hoop is dat dit blondines se nuwe temalied sal word en dat dit mense sal aanmoedig om niemand anders as net hulleself te wees nie,\u201d<\/em> sluit sy af.<\/p>\n\n\n\n<p>Kry dit nou op alle digitale stromingsplatforms: <a href=\"https:\/\/deidrebarnard.lnk.to\/GenoegGewees\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/DeidreBarnard.lnk.to\/GenoegGewees<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIAKSKALES:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/deidrebarnarddd\">https:\/\/www.facebook.com\/deidrebarnarddd<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong> @deidrebarnarddd<\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Gizela Sharim<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\">gizela@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Buiten vir die baie grappies wat gereeld oor blondines gemaak word, is die mensdom ook al vir jare gefassineer deur die sogenaamde betowerende skoonheid wat met hierdie haarkleur gepaard gaan, en enige man se aandag kan hou. Dit is juis \u2019n gesprek oor die stereoptipes wat aan verskillende haarkleure toegeken word wat Deidr\u00e9 Barnard se &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2023\/07\/31\/deidre-barnard-moedig-luisteraars-aan-om-net-hulle-self-te-wees-met-nuwe-enkelsnit-en-video\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;DEIDR\u00c9 BARNARD MOEDIG LUISTERAARS AAN OM NET HULLE SELF TE WEES MET NUWE ENKELSNIT EN VIDEO&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":485,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-484","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"de","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/484","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=484"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/484\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":486,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/484\/revisions\/486"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media\/485"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=484"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=484"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=484"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}