{"id":422,"date":"2023-06-21T08:11:50","date_gmt":"2023-06-21T08:11:50","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=422"},"modified":"2023-06-21T08:11:51","modified_gmt":"2023-06-21T08:11:51","slug":"oppiekitaar-n-jannie-du-toit-produksie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2023\/06\/21\/oppiekitaar-n-jannie-du-toit-produksie\/","title":{"rendered":"OPPIEKITAAR \u2013 \u2018N JANNIE DU TOIT PRODUKSIE"},"content":{"rendered":"\n<p>Jannie du Toit beplan om sy nuwe produksie getiteld OPPIEKITAAR op 25 Junie 2023 in die Atterbury Teater in Pretoria bekend te stel. Hy bied die program aan in die formaat waarin die luisterpubliek hom in die laat sewentigerjare vir die eerste keer as solo-sanger leer ken het \u2013 <strong>net<\/strong> met sy kitaar en beplan om die program oor die volgende jaar of twee landswyd aan te bied. Gedurende die vroe\u00eb sewentigs was hy lid van die Afrikaanse&nbsp;<em>folk<\/em>-groep TRILOGIE, maar later in di\u00e9 dekade was hy meestal alleen met net sy kitaar op die verhoog \u2013 en hy het uitsluitlik sy eie liedjies gesing. So was&nbsp;dit ook in die Laager van die Markteater in Pretoria sedert die heel eerste MUSIEK EN LIRIEK-konsert in April 1979 en ook by sy &#8220;Liedjie-aande&#8221; in Margaretastraat in Pretoria.<\/p>\n\n\n\n<p>Intussen het hy hom met uiteenlopende musiek besig gehou \u2013 benewens sy eie werk het hy liedjies van sy helde en sy vriende gesing: Koos Doep, Brel, Lucas Maree en talle andere. Hy het verwerkings vir \u2018n groot orkes as begeleiding vir sy musiekblyspele in die 80\u2019s geskryf, jare lank saam met Christa Steyn by die klavier musiek gemaak in kabaret en ander genres en selfs koorverwerkings vir liedjies soos GEE ONS VREDE geskryf. Oor die afgelope dekade werk hy saam met instrumentaliste en sangers van die hoogste orde in \u2018n verskeidenheid produksies wat steeds landswyd aangebied word.<\/p>\n\n\n\n<p>In sy program OPPIEKITAAR speel hy weer soos in die sewentigs net die kitaar as begeleiding en sing net sy eie liedjies. Di\u00e9 program is &#8216;n keur uit die talle liedjies wat hy oor die afgelope halfeeu geskryf het &#8211; &#8216;n verrassend wye verskeidenheid van meer en minder bekende liedjies waarin vrolikheid en nostalgie afgewissel word. Sy liedkuns word deur die jare gekenmerk deur keurige tekste, vindingryke akkoordgebruik en, nou meer as ooit tevore, deur sy bedrewenheid op die kitaar. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos &#8216;N LIEDJIE VIR JOU van 1978 reeds bewys het, l\u00ea sy woorde en akkoorde lekker op die &#8220;gewone&#8221; oor.<\/p>\n\n\n\n<p>Oppiekitaar word met trots aangebied in samewerking met Pretoria FM.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Besprekings kan by die volgende skakel gedoen word<\/strong><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-wp-embed is-provider-seatme wp-block-embed-seatme\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"wp-embedded-content\" data-secret=\"kGQvMLLsZD\"><a href=\"https:\/\/www.seatme.co.za\/tc-events\/jannie-du-toit-oppiekitaar\/\">Jannie du Toit &#8211; Oppiekitaar in samewerking met Pretoria FM<\/a><\/blockquote><iframe loading=\"lazy\" class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" style=\"position: absolute; clip: rect(1px, 1px, 1px, 1px);\" title=\"&#8220;Jannie du Toit &#8211; Oppiekitaar in samewerking met Pretoria FM&#8221; &#8212; Seatme\" src=\"https:\/\/www.seatme.co.za\/tc-events\/jannie-du-toit-oppiekitaar\/embed\/#?secret=5GA0v6WPsY#?secret=kGQvMLLsZD\" data-secret=\"kGQvMLLsZD\" width=\"600\" height=\"338\" frameborder=\"0\" marginwidth=\"0\" marginheight=\"0\" scrolling=\"no\"><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p><em>Alternatiewelik, bel Stefanie gedurende kantoorure \u2013 09h00 tot 16h00 op weeksdae by 012-942-5951. Sy sal vir kaartbesonderhede vra en dan met die bespreking help. Atterbury Teater gee die versekering dat jou kaartbesonderhede veilig sal wees.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Danelle El Far Liebenberg<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 071&nbsp;534 7796<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:danelle@starburstmusic.co.za\">danelle@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jannie du Toit beplan om sy nuwe produksie getiteld OPPIEKITAAR op 25 Junie 2023 in die Atterbury Teater in Pretoria bekend te stel. Hy bied die program aan in die formaat waarin die luisterpubliek hom in die laat sewentigerjare vir die eerste keer as solo-sanger leer ken het \u2013 net met sy kitaar en beplan &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2023\/06\/21\/oppiekitaar-n-jannie-du-toit-produksie\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;OPPIEKITAAR \u2013 \u2018N JANNIE DU TOIT PRODUKSIE&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":423,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1,14],"tags":[],"class_list":["post-422","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music","category-events"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"de","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/422","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=422"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/422\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":424,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/422\/revisions\/424"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media\/423"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=422"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=422"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=422"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}