{"id":307,"date":"2023-05-10T06:44:48","date_gmt":"2023-05-10T06:44:48","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=307"},"modified":"2023-05-10T06:44:48","modified_gmt":"2023-05-10T06:44:48","slug":"este-gross-deel-haar-hart-met-bewonderaars-in-nuwe-enkelsnit-en-bundel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2023\/05\/10\/este-gross-deel-haar-hart-met-bewonderaars-in-nuwe-enkelsnit-en-bundel\/","title":{"rendered":"EST\u00c9 GROSS DEEL HAAR HART MET BEWONDERAARS IN NUWE ENKELSNIT EN BUNDEL"},"content":{"rendered":"\n<p>Wanneer jy bewus raak van God se genade in jou lewe, kan jy nie anders as om jou potensiaal ten volle uit te leef nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die sangeres en liedjieskrywer, <strong>Est\u00e9 Gross<\/strong>, is juis \u2019n vrou van vele talente en is op haar gelukkigste wanneer sy besig is.<\/p>\n\n\n\n<p>Nie net is sy \u2019n bekende omroeper en nuusleser nie, maar ook \u2019n suksesvolle programsamesteller en rubriekskrywer.<\/p>\n\n\n\n<p>Nou kan sy ook spog met \u2019n splinternuwe liedjie wat pas vrygestel is \u00e9n \u2019n bundel van haar beste rubrieke op die rak.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens di\u00e9 veelsydige Gautenger is haar vierde enkelsnit, <em><strong>WEERKLINK<\/strong><\/em>, ge\u00efnspireer deur die skrifgedeelte in Mattheus 22:37 waar Jesus s\u00ea: \u201cJy moet die Here jou God liefh\u00ea met jou hele hart, jou hele siel en met jou hele verstand\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Toe ek die liedjie geskryf het, het ek soveel vrede ervaar en baie bewus geraak van die Here se genade wat genoeg is, en deur die begeerte om tyd in die Here se teenwoordigheid te spandeer,\u201d<\/em> deel sy oor di\u00e9 geestelike popsnit wat deur Gideon Botes vervaardig is.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>WEERKLINK<\/strong><\/em> is ook \u2019n gebed dat God naby aan ons moet bly en sy hoop regtig dat dit elkeen wat daarna luister sal versterk en bemoedig.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Die boodskap wat ek graag hiermee wil oordra, is dat ons die Here se teenwoordigheid moet opsoek en Hom weerklink en weerkaats in ons lewe. Hy is die een wat vrede gee en ons kan rus en wees in sy teenwoordigheid.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Video van di\u00e9 praglied is ook nou aanlyn en op die kassie beskikbaar. Dit is verfilm by Campagne Living deur die span van Common Ground Collective, Dylan en Marike du Plessis.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Net soos die lied, gaan die video oor die mens se begeerte om die Here se teenwoordigheid in jou lewe te ervaar. Die video beeld ook uit dat ons ons kinderlike spontaniteit en soeke na die mooi in die alledaagse moet behou om steeds te glo soos \u2019n kind,\u201d<\/em> vertel sy oor die konsep wat gebruik is. <em>\u201cDie natuurskoon en die uitsonderlike ruimte van die venue en veral oop vensters sorg vir baie lig en oopte in die video. \u2019n Videotegniek (\u201cdouble exposure\u201d) is aangewend. Met di\u00e9 tegniek speel die toneel van \u2019n dogtertjie, gespeel deur die fantastiese aktrise Xer\u00e9sh Swart, oor die profiel van my gesig af. Dit beeld die verband tussen die soeke as volwasse na suiwer geloof en die onthou van kinderlike geloof uit.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kyk die video hier:<\/strong> <a href=\"https:\/\/youtu.be\/eAn9d9OUkVc\">https:\/\/youtu.be\/eAn9d9OUkVc<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>WEERKLINK<\/strong><\/em> volg in die voetspore van vorige treffers soos <em>Deur die Storm<\/em> (saam met Hemelbesem, die ATKV en UP Youth Choir) en <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=ql80RPpcxHI\"><em>Hemelruim<\/em><\/a>(met Len Muller as gaskunstenaar) wat in 2022 vereer is met \u2019n Aitsa-toekenning vir beste geestelike liedjie van die jaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Gross is ook opgewonde om <em><strong>WEERKAATS<\/strong><\/em> bekend te stel. Dis \u2019n bundel wat saamgestel is uit rubrieke wat sy tussen 2017 en 2023 vir <em>Beeld<\/em> en <em>Netwerk24<\/em> geskryf het, en is nou beskikbaar op die rak.<\/p>\n\n\n\n<p>Oor die titel van die bundel, verklap sy: <em>\u201cAlles wat ons elke dag beleef weerkaats iets van ons werklikheid waarin ons ons bevind. Wat weerkaats ons van binne af na buite, wat word van buite af op ons innerlike weerkaats? Die bundel is \u2019n keur van rubrieke van my belewenisse en gewaarwordings van menswees.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Omdat haar eerste rubrieke vir lank in die laai gel\u00ea het voordat sy die moed gehad het om dit aan te stuur vir moontlike publikasie, beteken di\u00e9 bundel vir haar persoonlik baie en dra sy dit op aan elkeen wat in haar geglo en haar ondersteun het om haar passie vir skryf uit te leef.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Die rubrieke is ge\u00efnspireer deur my daaglikse belewenisse van die realiteit as nuusleser, joernalis, sangeres en liedjieskrywer, en bloot as mens met my eie daaglikse uitdagings, ervarings en vraagstukke. Ek glo dat dit my belewenisse en vraagstukke \u2019n gedeelde realiteit is en hoop dat lesers saam met my op die reis sal gaan,\u201d<\/em> verduidelik sy.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>WEERKAATS<\/strong><\/em> word deur Naledi uitgegee en is nou beskikbaar in uitgesoekte boekwinkel of by <a href=\"http:\/\/www.naledi.co.za\/\">www.naledi.co.za<\/a>.<\/p>\n\n\n\n<p>Est\u00e9 was nog altyd passievol oor haar loopbaan in die mediabedryf en haar musiek.<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer sy nie op die verhoog is nie, werk sy by Pretoria FM as omroeper en samesteller van verskeie musiekprogramme, soos <em>Wat\u2019s Nuut? Dis klassiek!<\/em>, wat op Sondae uitgesaai word. Sy is ook die anker en nuusleser van die aktualiteitsprogram, <em>Klankkoerant-Laatmiddag<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> Oor die jare, het sy heelwat loopbaanhoogtepunte behaal, aan talle musiekreekse en verhoogproduksies gewerk en inspirerende Suid-Afrikaanse kunstenaars ontmoet. Sy is ook vir verskeie ATKV-mediaveertjies genomineer<em>. <\/em>In 2022 is sy ook benoem vir twee toekennings as beste nuusleser by die nasionale Radio Awards en \u2019n #GoeieGons-toekenning deur die Solidariteit Gilde vir Kommunikasie en Bemarking.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy voel bevoorreg om elke dag te kan doen waarvoor sy lief is en het nog baie planne en drome vir die toekoms. Maar vir nou fokus sy eers op die opwindende projekte waarmee sy tans besig is en maak sy tyd vir die mense wat haar na aan die hart l\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Musiek en skryf gee vir my die voorreg om mense hopelik aan te raak, al is dit net op \u2019n klein manier, terwyl ek besig is om te doen waaroor ek passievol is en my die gelukkigste maak,\u201d<\/em> sluit sy af.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>WEERKLINK<\/strong><\/em> is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier: <a href=\"https:\/\/songwhip.com\/estegross\/weerklink\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/songwhip.com\/estegross\/weerklink<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> <strong>SOSIALEMEDIASKAKELS:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook<\/strong>: https:\/\/www.facebook.com\/EsteGrossPublic<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram<\/strong>: @EsteGross1<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Twitter<\/strong>: @EsteGross<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> <strong>YouTube:<\/strong> EsteGross<\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Gizela Sharim<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\">gizela@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wanneer jy bewus raak van God se genade in jou lewe, kan jy nie anders as om jou potensiaal ten volle uit te leef nie. Die sangeres en liedjieskrywer, Est\u00e9 Gross, is juis \u2019n vrou van vele talente en is op haar gelukkigste wanneer sy besig is. Nie net is sy \u2019n bekende omroeper en &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2023\/05\/10\/este-gross-deel-haar-hart-met-bewonderaars-in-nuwe-enkelsnit-en-bundel\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;EST\u00c9 GROSS DEEL HAAR HART MET BEWONDERAARS IN NUWE ENKELSNIT EN BUNDEL&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":308,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-307","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"de","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/307","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=307"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/307\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":309,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/307\/revisions\/309"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media\/308"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=307"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=307"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=307"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}