{"id":243,"date":"2023-03-28T07:41:19","date_gmt":"2023-03-28T07:41:19","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=243"},"modified":"2023-03-28T07:41:19","modified_gmt":"2023-03-28T07:41:19","slug":"simone-roets-se-debuut-album-tref-diep","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2023\/03\/28\/simone-roets-se-debuut-album-tref-diep\/","title":{"rendered":"<strong>SIMON\u00c9 ROETS SE DEBUUT-ALBUM TREF DIEP<\/strong>"},"content":{"rendered":"\n<p>Sedert die talentvolle sanger en liedjieskrywer, <strong>Simon\u00e9 Roets<\/strong>, in 2021 besluit het om die Afrikaanse musiekmark te betree, het sy nog net be\u00efndruk met haar unieke outentieke styl en sielvolle aanslag.<\/p>\n\n\n\n<p>Nie net het haar arsenaal van oorspronklike musiek skielik bo-aan verskeie radio-stasies se treffersparades gepryk nie, maar sy is ook in 2022 benoem vir \u2019n Aitsa-toekenning (Nuweling van die Jaar) en het tydens di\u00e9 geleentheid opgetree saam met kunstenaars soos Elandr\u00e9, Refentse en Demi Lee Moore.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy is vanjaar ook benoem vir vier Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings, waarvan die wenners in April aangekondig word.<\/p>\n\n\n\n<p>N\u00f3\u00fa het sy die volgende opwindende fase van haar loopbaan amptelik betree met die vrystelling van haar langverwagte debuut-album, en die eindresultaat is hoendervleismooi.<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer jy haar uitvra oor <em><strong>HERINNER MY<\/strong><\/em>, verklap sy dat die titelsnit die eerste liedjie was wat sy in Afrikaans geskryf het toe sy nog in Australi\u00eb gewoon het. Omdat dit is wat haar album-droom laat vlam vat het, het sy besluit dat di\u00e9 titel baie gepas sou wees.<\/p>\n\n\n\n<p>Die album is deur Jattie de Beer van Artistry Productions vervaardig en bestaan uit elf liedjies, wat wissel tussen akoestiese en pop-verwerkings en sorgvuldig uitgesoek is om met luisteraars se harte te praat.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>My teikenmark is mense wat lief is vir ons taal en stories,\u201d<\/em> verduidelik sy. <em>\u201cEk het van die liedjies self geskryf, ander saam met Jattie en my ma was ook betrokke by die skep van \u2018Sondag P.M.\u2019 en \u2018Om Elke Hoek en Draai\u2019.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Wat sy die meeste geniet het van die drie jaar wat dit geneem het om die album saam te stel, was om iets te skep uit niks. <em>\u201cElke noot, instrument, oomblik, liriek en melodie is 100% oorspronklik \u2013 dit het lank gevat, maar ek en Jattie (en almal betrokke) is trots op die finale produk. Die vriendskappe wat \u2019n mens bou deur hierdie kreatiewe proses staan ook vir my uit.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Haar gunsteling-snit op die album verander gereeld. Op die oomblik is dit <em>Hou Vas<\/em>, wat gaan oor die gedagte dat vrees (as emosie) \u2019n realiteit is. Sy deel: <em>\u201cDie liedjie is geskryf met die hoop om te bemoedig \u2013 ek dink ons kan vrede ervaar, selfs in oomblikke wat ons oorweldig voel met angs en vrees. Dis nie altyd een \u00f3f die ander nie.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Om dinge nog meer opwindend te maak, het sy ook pas \u2019n nuwe enkelsnit en musiekvideo uitgereik. Die enkelsnit, <em><strong>Skete<\/strong><\/em>, ondersoek ons vermo\u00eb (of onvermo\u00eb) om in die oomblik te leef. Die inspirasie vir die liedjie is gebore uit die vraag of ons die som van ons \u2018skete\u2019 is en of dat ons werklik in die hede kan leef.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy voeg by: <em>\u201cOns moet leer om regtig net vinniger oor goed te kom, anders mis ons \u2019n klomp mooi dinge langs die pad.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>Herinner My<\/strong><\/em>, die titelsnit, se musiekvideo deel die kunstenaar se musiekreis, vanaf haar woonstel in Brisbane \u2013 waar alles begin het \u2013 tot in die ateljee waar die album opgeneem is.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Dit wys so \u2019n bietjie hoe ons gewerk het in die ateljee aan die hele album. \u2018Herinner My wie ek is\u2019 is ook van toepassing op my storie en die feit dat ek nou musiek meer doelgerig najaag,\u201d<\/em> s\u00ea sy oor die video wat by Odyssey Studio in Lynwood Bridge en Artistry Productions se ateljee verfilm is, met Adi van der Walt as vervaardiger.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kyk die video hier:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=i7x_etTEzP8\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=i7x_etTEzP8<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Simon\u00e9 het in Nelspruit groot geword en het eers op universiteit haar passie vir musiek ontdek. Sedertdien het sy \u2019n kortspeelplaat en verskeie ander Engelse liedjies uitgereik en was sy ook betrokke by die Hillsong City Campus in Brisbane, Australi\u00eb, waar sy vir lank gewoon het.<\/p>\n\n\n\n<p>Alhoewel sy al vir \u2019n geruime tyd terug is in haar geboorteland en intussen ook ma geword het van \u2019n pragtige dogtertjie, het sy nog geensins begin afskaal nie en geniet sy dit om met baie verskillende dinge besig te bly.<\/p>\n\n\n\n<p>Buiten vir sing en liedjies skryf, help sy ook \u2019n kerk op kontrakbasis met hulle musiek, doen sy prokureurswerk en is sy \u2019n F45-fiksheidsafrigter \u2013 iets wat sy baie geniet, omdat sy daarin glo om aktief te bly.<\/p>\n\n\n\n<p>Haar planne vir 2023 sluit in om soveel optredes as moontlik te doen, genoeg tyd saam met haar gesin en familie te spandeer en haarself te vestig as liedjieskrywer wat vir ander kunstenaars skryf. <em>\u201cDie musiekbedryf het my geleer om in my baan te bly en nie te veel rond of om te kyk nie,\u201d<\/em> s\u00ea sy.<\/p>\n\n\n\n<p>Simon\u00e9 is baie opgewonde om <em><strong>HERINNER MY <\/strong><\/em>met die w\u00eareld te deel en hoop dat dit elkeen se hart sal raak wat daarna luister. Sy moedig ook almal wat dit hoor aan om haar te laat weet wat hulle dink.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Dis vir my ongelooflik spesiaal om te hoor hoe my musiek iemand anders geraak het, so laat weet asseblief watter liedjie met jou praat,\u201d<\/em> sluit sy af.<\/p>\n\n\n\n<p>Die album is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. <strong>Laai dit hier af:<\/strong> <a href=\"https:\/\/linktr.ee\/simoneroets\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/linktr.ee\/simoneroets<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>LYS VAN SNITTE:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><em>1. Herinner My<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>2. Skete<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>3. Ongerep <\/em>(saam met Joshua na die Re\u00ebn)<\/p>\n\n\n\n<p><em>4. Hou Vas<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>5. Sondag P.M.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>6. Wees <\/em>(saam met Douvoordag)<\/p>\n\n\n\n<p><em>7. Uit die Stof<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>8. Dans in Die Donker<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>9. Om Elke Hoek en Draai<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>10. Kleef<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>11. Dans In Die Donker <\/em>(Akoesties)<\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIASKAKELS:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram<\/strong>:&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/simone_roets_\/?hl=en\">@simone_roets_<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook<\/strong>: <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/simoneroets.music\/\">https:\/\/www.facebook.com\/simoneroets.music\/<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>YouTube<\/strong>:&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UC2_Nq9GLhF-RdnWAhGLQoFQ\">https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UC2_Nq9GLhF-RdnWAhGLQoFQ<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Gizela Sharim<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\">gizela@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webblad:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sedert die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Simon\u00e9 Roets, in 2021 besluit het om die Afrikaanse musiekmark te betree, het sy nog net be\u00efndruk met haar unieke outentieke styl en sielvolle aanslag. Nie net het haar arsenaal van oorspronklike musiek skielik bo-aan verskeie radio-stasies se treffersparades gepryk nie, maar sy is ook in 2022 benoem vir &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2023\/03\/28\/simone-roets-se-debuut-album-tref-diep\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;<strong>SIMON\u00c9 ROETS SE DEBUUT-ALBUM TREF DIEP<\/strong>&#8220;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":244,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-243","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"de","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/243","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=243"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/243\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":245,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/243\/revisions\/245"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media\/244"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=243"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=243"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=243"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}