{"id":174,"date":"2023-03-02T07:40:04","date_gmt":"2023-03-02T07:40:04","guid":{"rendered":"https:\/\/www.starburstpromotions.com\/?p=174"},"modified":"2023-03-02T07:43:33","modified_gmt":"2023-03-02T07:43:33","slug":"deidre-barnard-se-musiekvideo-vir-beskerm-jou-hart-is-hier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2023\/03\/02\/deidre-barnard-se-musiekvideo-vir-beskerm-jou-hart-is-hier\/","title":{"rendered":"DEIDR\u00c9 BARNARD SE MUSIEKVIDEO VIR BESKERM JOU HART IS HIER!"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Deidr\u00e9 Barnard<\/strong> het onlangs haar enkelsnit, <em><strong>BESKERM JOU HART<\/strong><\/em>, vrygestel en dit pronk reeds op trefferparades landswyd. Die musiekvideo vir die pragtige snit is nou ook beskikbaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Die video is in Pretoria geskiet, die regie is deur R\u00e9van Lu\u00fcs, Maree van den Berg en Eon van Zijl behartig en dit is deur Johan Vorster en Jacomien de Wet van Inhoud Huis Musiek vervaardig.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Ek en R\u00e9van Lu\u00fcs het met die konsep opgekom. Ons het rondgespeel met die liedjie se titel en die belangrikheid daarvan om jou identiteit te beskerm, subtiel, maar tog treffend deur die video uitgebeeld. Een voorbeeld is die gebruik van \u201cdanger tape\u201d in die video wat gewoonlik gebruik word om \u2019n stukkende area in \u2019n gebou af te skort. Ons het dit gebruik om \u2019n massiewe hart mee te bou en ek het daarin gestaan en die liedjie gesing om uit te beeld hoe tasbaar \u2019n mens se hart werklik is en dat dit beskerm moet word. Nog \u2019n voorbeeld wat gebruik word in die video is die hartjieplakkers wat geplak word op die goed wat jou in jou alledaagse lewe veilig hou, sonder dat jy dit eers agterkom, soos die verkeerslig, die spie\u00ebltjie in die parkeerarea ensovoorts,\u201d<\/em> verduidelik Deidr\u00e9.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Dis vir my regtig spesiaal, want die boodskap agter die liedjie en die video l\u00ea my baie na aan die hart en ek voel my persoonlikheid en wie ek beoog om te wees word baie mooi in die video uitgebeeld,\u201d<\/em> voeg sy by.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kyk die video hier:<\/strong> <a href=\"https:\/\/youtu.be\/7SjdpuBblCA\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/youtu.be\/7SjdpuBblCA<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Deidr\u00e9 het naam gemaak in die musiekbedryf onder die leiding van Dewald Wasserfall tydens die eerste seisoen van die gewilde realiteitsreeks, <em>Die Kontrak<\/em>, waarin sy derde ge\u00ebindig het.<\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>BESKERM JOU HART<\/strong><\/em> is \u2019n pragtige popsnit met \u2019n moderne aanslag, wat gaan oor die belangrikheid daarvan om nie jouself te verloor in die seerkry van die lewe nie en is ge\u00efnspireer deur Spreuke 4:23.<\/p>\n\n\n\n<p>Om betekenisvolle musiek, met \u2019n sterk boodskap, te skryf en sing is vir haar baie belangrik. Daarom vind sy aanklank by musikante soos Taylor Swift, Bernice West, Refentse, Riana Nell, Elandr\u00e9 en Chris Stapleton saam met wie sy nog almal sal wil werk in die toekoms.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy verklap dat graag \u2019n blommeplaas sou wou h\u00ea, met \u2019n restaurant op die perseel waar mense kan eet en die natuurskoon geniet, en dat sy ook eendag graag \u2019n boek sou wou skryf.<\/p>\n\n\n\n<p>Haar planne vir 2023 sluit in om \u2019n kortspeelplaat uit te bring en haar musiekskool te vestig. Sy is ook betrokke by die musiekblyspel, <em>Die Kaplyn<\/em>, en hoop om soveel as moontlik vertonings te doen.<\/p>\n\n\n\n<p><a><\/a> <em><strong>BESKERM JOU HART<\/strong><\/em> is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier: <a href=\"https:\/\/deidrebarnard.lnk.to\/BeskermJouHart\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><u>https:\/\/deidrebarnard.lnk.to\/BeskermJouHart<\/u><\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>SOSIALEMEDIAKSKALES:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Facebook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/deidrebarnarddd\">https:\/\/www.facebook.com\/deidrebarnarddd<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Instagram:<\/strong> @deidrebarnarddd<\/p>\n\n\n\n<p><strong>PUBLISITEIT &amp; BEMARKING:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>STARBURST PROMOSIES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Gizela Sharim<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sel:<\/strong> 083&nbsp;399 6869<\/p>\n\n\n\n<p><strong>E-pos:<\/strong> <a href=\"mailto:gizela@starburstmusic.co.za\">gizela@starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Webwerf:<\/strong> <a href=\"http:\/\/www.starburstmusic.co.za\/\">www.starburstmusic.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deidr\u00e9 Barnard het onlangs haar enkelsnit, BESKERM JOU HART, vrygestel en dit pronk reeds op trefferparades landswyd. Die musiekvideo vir die pragtige snit is nou ook beskikbaar. Die video is in Pretoria geskiet, die regie is deur R\u00e9van Lu\u00fcs, Maree van den Berg en Eon van Zijl behartig en dit is deur Johan Vorster en &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/2023\/03\/02\/deidre-barnard-se-musiekvideo-vir-beskerm-jou-hart-is-hier\/\" class=\"more-link\">Read more<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;DEIDR\u00c9 BARNARD SE MUSIEKVIDEO VIR BESKERM JOU HART IS HIER!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":175,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-174","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-music"],"translation":{"provider":"WPGlobus","version":"3.0.2","language":"de","enabled_languages":["en","es","de","fr","ru"],"languages":{"en":{"title":true,"content":true,"excerpt":false},"es":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"de":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"fr":{"title":false,"content":false,"excerpt":false},"ru":{"title":false,"content":false,"excerpt":false}}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/174","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=174"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/174\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":177,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/174\/revisions\/177"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media\/175"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=174"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=174"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.starburstpromotions.co.za\/de\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=174"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}